{"id":6325,"date":"2014-11-20T07:47:20","date_gmt":"2014-11-20T07:47:20","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sentrale-kontrakte-kan-almal-baat\/"},"modified":"2014-11-20T07:47:20","modified_gmt":"2014-11-20T07:47:20","slug":"sentrale-kontrakte-kan-almal-baat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6325","title":{"rendered":"Sentrale kontrakte kan \u00e1lmal baat"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Dit het hoogtyd geword dat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) \u2019n sentrale kontraktering-stelsel in werking stel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die land gaan n\u00e1 volgende jaar se W\u00eareldbeker-toernooi n\u00f3g meer spelers aan die buiteland afstaan. Dis dus belangrik dat stappe gedoen word om te verseker dat die Springbok-span nie verswak word nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Maar hoe kan s\u00f3 \u2019n stelsel werk?<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nasionale skolekeurders, met die hulp van die Jong Bokke se o.20-afrigter, Dawie Theron, moet by die Cravenweek kragte saamspan en jaarliks \u2019n groep van 120 talentvolle o.18-spelers identifiseer wat tot op o.21-vlak deur Saru gekontrakteer kan word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 spelers word dan deur Saru na die 14 unies ontplooi. \u2019n Speler wat byvoorbeeld nie gaan swot nie, word by die Griffons, Grens of Suidwestelike Distrikte geplaas en moet ook in di\u00e9 drie jaar \u2019n ambag voltooi. Spelers wat studeer, moet gestuur word na \u2019n unie en universiteit met die nodige fasiliteite.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Geen unie of agent mag by \u2019n speler betrokke raak voordat hy sy o.21-jaar voltooi het nie. S\u00f3 sal elkeen van Suid-Afrika se 14 unies elke jaar ongeveer agt spelers van gehalte ontvang.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die unies moet dan hul junior spanne uit eie geledere aanvul. Sodoende is daar \u2019n geleentheid vir spelers wat deur die sif val om steeds rugby as \u2019n beroep te volg en sal di\u00e9 wat laat ontwikkel, \u2019n beter kans staan om provinsiale rugby te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">S\u00f3 \u2019n stelsel sal Saru dwing om te sorg dat elke unie se junior-afrigters van gehalte is, sodat die volgende generasie in veilige hande is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As al 14 unies, deur sentrale kontraktering, kwaliteit-spelers in sy junior spanne het, sal die goeie spelers by die kleiner unies die kans kry om vir di\u00e9 unies se senior spanne uit te draf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 spelers kan n\u00e1 hul jaar as o.21-spelers deur die groot unies opgeraap word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit sal voorkom dat junior spelers wat nie die paal haal nie, sonder \u2019n kwalifikasie \u2019n loopbaan buite rugby probeer volg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Curriebeker-reeks sal vergroot moet word om al 14 unies in te sluit, wat in twee afdelings meeding.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rugbymense is dit eens dat dit nie gesond is vir die kleiner unies om deurgaans groot pakke slae by die groter unies te kry nie, maar dit is ook nie net \u2019n slegte ding nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ek glo dis belangrik vir \u2019n speler se ontwikkeling dat hy leer hoe om \u2019n span \u201cte b\u00eare\u201d wanneer di\u00e9 geleentheid hom voordoen. Hy sal ook leer hoe om taai kragmetings te wen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit sal help dat kleiner unies nie net boedel oorgee nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 voorstel sal Saru meer geld uit die sak jaag, maar dit sal ook die spanne versterk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hopelik sal Saru di\u00e9 voorstel oorweeg, want dis in belang van rugby.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het hoogtyd geword dat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) \u2019n sentrale kontraktering-stelsel in werking stel. Die land gaan n\u00e1 volgende jaar se W\u00eareldbeker-toernooi n\u00f3g meer spelers aan die buiteland afstaan. Dis dus belangrik dat stappe gedoen word om te verseker dat die Springbok-span nie verswak word nie. Maar hoe kan s\u00f3 \u2019n stelsel werk? Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6325","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6325","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6325"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6325\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6325"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6325"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6325"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}