{"id":63356,"date":"2025-01-27T11:19:27","date_gmt":"2025-01-27T09:19:27","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=63356"},"modified":"2025-01-27T11:19:27","modified_gmt":"2025-01-27T09:19:27","slug":"van-deventer-pieters-le-die-wilgerlat-in-teen-gimmies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=63356","title":{"rendered":"Van Deventer, Pieters l\u00ea die wilgerlat in teen Gimmies"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-63204\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/cricket-ball-bat-generic-250125-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Hanr\u00e9 van Deventer<\/strong> en <strong>Wian Pieters<\/strong> het elk &#8216;n honderdtal aangeteken in <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong> se sege met 70 lopies oor <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong>.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Van Deventer en Pieters, die Kempies se aanvangskolwers, het die Gimmie-boulers behoorlik laat les ops\u00ea. Die tuisspan kon eers, met die besoekers se telling reeds op 197, daarin slaag om die eerste paaltjie plat trek.<\/p>\n<p>Pieters was eerste om te loop toe hy, net nadat hy sy honderdtal behaal het, deur die Gimmies se enigste suksesvolle bouler, <strong>Jhandr\u00e9 Coetzee<\/strong> (3\/74) vir 101 terug pawiljoen toe gestuur is. Van Deventer het die teenstanders aanhou terroriseer totdat hy, ook kort na die ekstase van sy honderdtal, vir 103 sy paaltjie verloor het.<\/p>\n<p>Coetzee, alhoewel ietwat aan die duur kant, se harde werk is met &#8216;n derde paaltjie beloon toe hy vir <strong>Sheldon Kruger<\/strong> (24) laat uitvang het. Dit was egter nie genoeg om te voorkom dat die besoekers &#8216;n reuse totaal van 312\/3 in hul toegelate 50 beurte aanteken nie.<\/p>\n<p>Die Gimmie-kolwers, op hul beurt, het hardnekkige teenstand gebied. Ongeag hul moe\u00eb lywe na 50 beurte in die veld, het <strong>Lukas Kotze<\/strong> en <strong>Christivan Coetzer<\/strong> van voor gelei. Kotze het sy span se hoogste telling van 70 behaal, terwyl Coetzer net ses lopies kort van &#8216;n welverdiende vyftigtal uitgehaal is vir 44.<\/p>\n<p><strong>Ulrich Botha<\/strong> het ook be\u00efndruk met 31, maar die Kempie-boulers, gelei deur <strong>Kristian du Plessis<\/strong> (2\/21), het genoeg gedoen om die tuisspan in die 46ste tot 242 te beperk vir &#8216;n oorwinning met 70 lopies.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong> het &#8216;n verbete terugvegpoging geloods, maar <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> het vasgebyt om die span uit Centurion met vier paaltjies te klop. Die Woeries &#8216;n totaal van 115 behaal, danksy kaptein, <strong>Morn\u00e9 Prinsloo<\/strong>, se beurt van 43. Die Monties se <strong>Juan Theunnissen<\/strong> het uitgeblink as aanvangsbouler met syfers van 3\/6 in ses beurte.<\/p>\n<p>Monties se kolfbeurt was ook effens wankelrig en hulle was in &#8216;n stadium ietwat in die knyp met die telling op 57\/4. <strong>Luka Bairos<\/strong> het egter tot sy span se redding gekom &#8216;n kapteinsbeurt van 40 lopies, wat net-net genoeg was om die span van Pretoria deur te sien in die 33ste beurt.<\/p>\n<p><strong>Kenan Shaw<\/strong> en Kie het <strong>Marais Viljoen<\/strong> geroer in <strong>Hans Moore<\/strong> se 10-paaltjie oorwinning. Ten spyte van &#8216;n vermaaklike 67 deur die span van Alberton se <strong>Jaden Govender<\/strong>, was daar geen wegkruipplek vir die res van die kolflys nie. Shaw het dit uitgebuit om vyf paaltjies vir slegs 23 lopies in agt beurte laat spat.<\/p>\n<p>Aanvangskolwers, <strong>Zander Swart<\/strong> en <strong>Stephan Vermaak<\/strong>, het verder sout in Marais Viljoen se wonde gesmeer. Swart het die grootste skade met sy bydrae van 62* aangerig, terwyl Vermaak goed vertoon het vir sy onoorwonne 44 lopies om die span van Benoni tot &#8216;n oortuigende sege te lei.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park 312\/3<\/strong> (Hanre van Deventer 103, Wian Pieters 101, Marko Richter 33*, Sheldon Kruger 24, Stian de Villiers 21*;Jhandre Coetzee 3\/74); <strong>Potchefstroom Gimnasium 242<\/strong> (Lukas Kotze 70, Christivan Coetzer 44, Ulrich Botha 31; Kristian du Plessis 2\/21, Garth van Deventer 2\/29, Ethan Kotze 2\/52). <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park wen met 70 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Centurion 115<\/strong> (Morne Prinsloo 43, Ekstras 24; Juan Theunnissen 3\/6, Leejan van Jaarsveld 2\/13, Frank van der Westhuizen 2\/22); <strong>Montana 117\/6<\/strong> (Luka Bairos 40, Ekstras 24; Kyle Fourie 2\/25). <strong>Montana wen met vier paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen 115<\/strong>\u00a0(Jaden Govender 67; Kenan Shaw 5\/23); <strong>Hans Moore 117\/0<\/strong> (Zander Swart 62*, Stephan Vermaak 44*). <strong>Hans Moore wen met tien paaltjies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hanr\u00e9 van Deventer en Wian Pieters het elk &#8216;n honderdtal aangeteken in Ho\u00ebrskool Kempton Park se sege met 70 lopies oor Potchefstroom Gimnasium. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Van Deventer en Pieters, die Kempies se aanvangskolwers, het die Gimmie-boulers behoorlik laat les ops\u00ea. Die tuisspan kon eers, met die besoekers se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":63204,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-63356","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63356","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=63356"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63356\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/63204"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=63356"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=63356"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=63356"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}