{"id":63377,"date":"2025-01-27T15:31:10","date_gmt":"2025-01-27T13:31:10","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=63377"},"modified":"2025-01-27T15:31:10","modified_gmt":"2025-01-27T13:31:10","slug":"bornman-met-sewe-uit-10-knak-wessies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=63377","title":{"rendered":"Bornman, met sewe uit 10, knak Wessies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_63384\" aria-describedby=\"caption-attachment-63384\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-63384 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/Bornman-Merensky-400x342.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"342\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-63384\" class=\"wp-caption-text\">Rinaldo Bornman in aksie met sy venuinige draaiboul werk. FOTO: Ankia Botha.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Rinaldo Bornman<\/strong> was vir die tweede keer vanjaar <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> se moses.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die veelsydige Bornman, wat vroe\u00ebr vanjaar die Wessies met die kolf by die Kovsie Smash T20-toernooi laat les ops\u00ea het, het di\u00e9 slag die bal die praatwerk laat doen vir <strong>Merensky Landbou Akademie<\/strong> in die E-afdeling van die <strong>Finsbury-reeks<\/strong>.<\/p>\n<p>Die Plasies het die loot gewen en besluit om die besoekers van Klerksdorp eerste in te stuur om te kolf.<\/p>\n<p>Di\u00e9 besluit het onmiddelik vrugte afgewerp met die hotklou-draaier, <strong>Timothy Baker<\/strong> (2\/28), wat vroeg toegeslaan het met sy twee paaltjies. Dit het vir kaptein, <strong>Luka Heinlein<\/strong>, op Bornman se draaiboulwerk van die oorkantse kant af laat besluit en laasgenoemde het die geleentheid met albei hande aangegryp.<\/p>\n<p>In net 6.2 beurte het die draaier 31 le\u00eb balle afgestuur en net 20 lopies afgestaan. Dit was egter die paaltjie-kolom wat die aandag getrek het. Bornman was feitlik op eie houtjie verantwoordelik vir die besoekers se ineenstorting met nie minder nie as sewe van die opposisie se 10 paaltjies. Dit het die Wessies tot &#8216;n skamele 54 beperk.<\/p>\n<p>Die Plasies het daarna egter dit self nie maklik gevind met die kolf nie. <strong>Zaindre Stopford<\/strong> hul toporde heelwat hoofbrekens besorg, met drie paaltjies vir net 15 lopies, maar dit was op die einde van die dag nie genoeg om die tuisspan van &#8216;n oorwinning met vier paaltjies te weerhou nie.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> se <strong>Umar Badat<\/strong> het op tuisbodem sy span tot &#8216;n gemaklike ses-paaltjie sege oor <strong>Ho\u00ebrskool Klerskdorp<\/strong> gedryf met &#8216;n onoorwonne 54, wat, tesame\u00a0 <strong>Nijan Swart<\/strong> se 38, die span van Mpumalanga in staat gestel het om die nodige lopies reeds in die 26ste bymekaar te maak.<\/p>\n<p>Die grondslag vir die sege is welliswaar deur <strong>Jean Loock<\/strong> (3\/30) en <strong>Jayden Scholtz<\/strong> (3\/31) se venynige boulaanval gel\u00ea. <strong>Jordan van der Schyff<\/strong> het dapper gestaan vir sy 57 lopies, wat ook die hoogste individuele telling op die dag was, maar dit was nie genoeg om die kastaiings uit die vuur te krap vir Klerksdorp nie.<\/p>\n<p><strong>Jayden van Wyk<\/strong> was <strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong> se uitblinker teen <strong>Ho\u00ebrskool Linden<\/strong> in Boksburg, met &#8216;n boulskof van ses beurte wat vier paaltjies ogelewer het vir net ses lopies. <strong>Luke Pretorius<\/strong> (2\/10) en <strong>Brenton Francis<\/strong> (2\/12) het verdere skade aangerig, met die gevolg dat EG Jansen se kolwers slegs 127 moes jaag vir hul oorwinning met vier paaltjies.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia 54<\/strong> (M Kinnear 15; Rinaldo Bornman 7\/20, Timothy Baker 2\/28); <strong>Merensky Landbou Akademie 56\/6<\/strong> (Rinaldo Bornman 15; Z Stopford 3\/15, J Greyling 2\/12). <strong>Merensky Landbou Akademie wen met vier paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 193<\/strong> (Jordan van der Schyff 57, Ekstras 46, Gerrit Koen 36, Luken Maritz 20; Jean Loock 3\/30, Jayden Scholtz 3\/31, Nathan Erasmus 2\/31); <strong>Ho\u00ebrskool Secunda 194\/4<\/strong> (Umar Badat 54*, Nijan Swart 38, Adries Coetzer 27; Gerrit Koen 2\/33). <strong>Ho\u00ebrskool Secunda wen met ses paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Linden 126<\/strong> (N Dunn 48, C de Lange 21; Jayden van Wyk 4\/6, Luke Pretorius 2\/10, Brento Francis 2\/12); <strong>Dr. EG Jansen 129\/6<\/strong> (Henri Coetzee 27, Ekstras 22, Juan Ungerer 20*; M Steyn 2\/15, T Muller 2\/31). <strong>Dr. EG Jansen wen met vier paaltjies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rinaldo Bornman was vir die tweede keer vanjaar Ho\u00ebrskool Wesvalia se moses. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die veelsydige Bornman, wat vroe\u00ebr vanjaar die Wessies met die kolf by die Kovsie Smash T20-toernooi laat les ops\u00ea het, het di\u00e9 slag die bal die praatwerk laat doen vir Merensky Landbou Akademie in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":63384,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-63377","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63377","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=63377"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63377\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/63384"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=63377"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=63377"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=63377"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}