{"id":63420,"date":"2025-01-29T17:03:37","date_gmt":"2025-01-29T15:03:37","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=63420"},"modified":"2025-01-29T17:03:37","modified_gmt":"2025-01-29T15:03:37","slug":"kan-eldos-volkies-se-twee-vans-tem-op-tuisbodem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=63420","title":{"rendered":"Kan Eldos Volkies se twee \u2018Vans\u2019 tem op tuisbodem?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_63443\" aria-describedby=\"caption-attachment-63443\" style=\"width: 298px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-63443 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/Eduan-van-der-Merwe-Potch-Volkies-298x500.jpg\" alt=\"\" width=\"298\" height=\"500\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-63443\" class=\"wp-caption-text\">Potchefstroom Volksool se Eduan van der Merwe met sy kolf omhoog na &#8216;n uitstaande hondertal teen Ho\u00ebrskool Nelspruit. FOTO: Potchefstroom Volkskool op Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Verlede week se aksie in Afdeling A van die <strong>Finsbury-reeks<\/strong> het &#8216;n paar kragtige vertonings opgelewer, vernaam di\u00e9 van <strong>Eduan van der Merwe<\/strong> en <strong>Louis van Wyk<\/strong> in <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> se oorwinning met 163 lopies oor Ho\u00ebrskool Nelspruit.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die duo se uithalerspel met die kolf het reeds die waarskuwingskote afgevuur in die aanloop tot die Potchefstromers se kragmeting met <strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> hierdie naweek.<\/p>\n<p>Van der Merwe se spogbeurt van 107 was uit die boonste rakke. Benewens die aantreklike houe wat hy gespeel het, het hy boonop teen &#8216;n gesonde treftempo gekolf. Van Wyk was ewe indrukwekkend en behoort oorgehaal te wees om weer die wilgerlat te laat praat. Die feit dat hulle boonop tuisveldvoordeel geniet, sal verseker dat die motiveringsvlakke hemelhoog is.<\/p>\n<p><strong>Herman Hesse<\/strong>, die Volkies se aanvangsbouler het sedert die begin van die jaar egter taamlik opspraak gemaak met sy knaende lyn en lengte en sal deeglike beplanning verg van die Eldo&#8217;s.<\/p>\n<p>Die besoekers kan inderdaad nie onderskat word nie. In die eerste jaar wat hulle deel uitmaak van die A-afdeling, het die Eldos reeds met <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> afgereken, en, die daaropvolgende week vir die verdedigende kampioen, Ho\u00ebrskool Waterkloof, kwaai opdraande gegee. <strong>Abr\u00e9 Volgraaf<\/strong> en die res van sy afrigtingspan doen beslis iets reg in die kolfdepartement.<\/p>\n<p>In die Eldos se laaste twee uitstappies was daar reeds vier vyftigtalle deur verskillende kolwers in die toporde, met die onlangste <strong>Ruan Steyn<\/strong> se 55 lopies teen die Klofies, wat hom behoort aan te vuur vir n\u00f3g meer van dieselfde op die pad vorentoe. Met altwee spanne se kolwers wat tans goeie spelpeil handhaaf, kan hierdie naweek beslis &#8216;n fees op Potchefstroom se kolfvriendelike blaaie oplewer.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> is reeds Dinsdag en Woensdag\u00a0besig om sake op die <strong>Andr\u00e9 van der Walt-ovaal<\/strong> uit te spook. Di\u00e9 skuif in die program kom weens die Klofies se tog na Bloemfontein, waar hulle Vrydagmiddag teen <strong>Grey College<\/strong> en Saterdag teen <strong>St Andrew&#8217;s School<\/strong> te staan kom.<\/p>\n<p>Die grootste nuus vanaf die Andr\u00e9 van der Walt tot dusver is dat die Parkies &#8216;n reuse totaal van 366 in hul toegelate 50 beurte opgestapel het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> geniet albei &#8216;n loslootjie. Die twee spanne het reeds verlede Vrydag hul rondomtalie-wedstryd afgehandel, met die Rusties wat met vier paaltjies koning gekraai het.<\/p>\n<p><strong>Week 3:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Bepalings:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Potchefstroom Volkskool t. Eldoraigne<br \/>\nWaterkloof t. Menlopark<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verlede week se aksie in Afdeling A van die Finsbury-reeks het &#8216;n paar kragtige vertonings opgelewer, vernaam di\u00e9 van Eduan van der Merwe en Louis van Wyk in Potchefstroom Volkskool se oorwinning met 163 lopies oor Ho\u00ebrskool Nelspruit. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die duo se uithalerspel met die kolf [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":63443,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-63420","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=63420"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63420\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/63443"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=63420"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=63420"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=63420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}