{"id":6386,"date":"2015-02-20T11:11:31","date_gmt":"2015-02-20T11:11:31","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/louis-botha-en-welkom-gim-gunstelinge-vir-jf-sewes\/"},"modified":"2015-02-20T11:11:31","modified_gmt":"2015-02-20T11:11:31","slug":"louis-botha-en-welkom-gim-gunstelinge-vir-jf-sewes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6386","title":{"rendered":"Louis Botha en Welkom-Gim gunstelinge vir JF-sewes"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die kampioen van die jaarlikse Jim Fouch\u00e9 en Kimberley Express sewesrugby-toernooi in Bloemfontein, Louis Botha, kan vanjaar sterk teenstand van Welkom-Gimnasium verwag in die stryd om di\u00e9 titel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha het verlede jaar in \u2018n opwindende eindstryd vir Hentie Cilliers met 40-33 uitoorl\u00ea. Die verdedigende kampioen sal in sy twee groepwedstryde Welkom Gimnasium se tweede span en Heatherdale pak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom-Gimnasium het verlede Saterdag die kroon as kampioen van die Wilgerivier Sewes gedra. Hy het egter sterk teenstand van HTS Sasolburg gekry, wat ook vandag in die Rosestad in aksie sal wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Welkom se sleutelspelers sal Ezrick Alexander, Jason Olivier, Richman Gora en Byron Ferreira wees. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Alexander en Olivier was verlede jaar lede van die Griffons se Cravenweek-span wat di\u00e9 toernooi onoorwonne afgesluit het. Die span wat verlede week in Frankfort koning gekraai het, sal egter sonder SJ Malherbe in die Rosestad moet klaarkom. Gimmies kom teen HTS Sasolburg en Sehunelo in sy twee groepwedstryde te staan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer behoort bo-aan Groep A te eindig deur met Fickburg en Douglas klaar te speel. Wilgerivier wat verlede jaar deur Hentie Cilliers in die halfeindronde uitgeskakel is, behoort vanjaar ook weer een van die sterker spanne op die toernooi te wees. Die span sal egter \u2018n taai groepwedstryd teen Louis Botha se naasbestes moet wen indien hy vandag tot die halfeindronde wil deurdring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Bultfontein se jaarlikse sewes-toernooi word ook vandag beslis. Bultfontein het verlede Saterdag die Koffiefontein Sewes gewen. Ho\u00ebrskool President Steyn van Bloemfontein sal egter daarin poog om vir die derde jaar agtereenvolgens as kampioen van die toernooi in Bultfontein gekroon te word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Steyners het die gasheer in verlede jaar se eindstryd met 28-10 verslaan. Die toernooi se loting vind eers vandag plaas. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die Groepe is: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep A:<\/strong> Jim Fouch\u00e9, Douglas, Ficksburg. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep B:<\/strong> Louis Botha, Welkom-Gimnasium II, Heatherdale. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep C:<\/strong> Welkom-Gimnasium, HTS Sasolburg, Sehunelo. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep D:<\/strong> Wilgerivier, Tsoseletso, Louis Botha II.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kampioen van die jaarlikse Jim Fouch\u00e9 en Kimberley Express sewesrugby-toernooi in Bloemfontein, Louis Botha, kan vanjaar sterk teenstand van Welkom-Gimnasium verwag in die stryd om di\u00e9 titel. Louis Botha het verlede jaar in \u2018n opwindende eindstryd vir Hentie Cilliers met 40-33 uitoorl\u00ea. Die verdedigende kampioen sal in sy twee groepwedstryde Welkom Gimnasium se tweede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6386","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6386","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6386"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6386\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6386"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6386"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6386"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}