{"id":6399,"date":"2015-03-09T07:31:47","date_gmt":"2015-03-09T07:31:47","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/fichies-en-henties-deel-louere-op-clover-sportdag\/"},"modified":"2015-03-09T07:31:47","modified_gmt":"2015-03-09T07:31:47","slug":"fichies-en-henties-deel-louere-op-clover-sportdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6399","title":{"rendered":"Fichies en Henties deel louere op Clover Sportdag"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark en Hentie Cilliers van Virginia se eerste rugbyspanne het 24-elk gelykop in die hoofwedstryd van Fichies se jaarlikse sportdag in \u2018n wipplankstryd gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei spanne het met rukke se stote gespeel, maar die kere wat hulle aan die gang gekom het, het albei gevaarlik op die aanval gelyk. Die gasheer se buitesenter, Myburgh van Zyl, was sy span se beste speler op die dag. Hy het boonop twee indrukwekkende drie\u00eb afgerond. Sy sentermaat, Lohan Zeelie, het self twee keer gaan druk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Henties se losskakel, Domenic Smit, was egter die beste speler op die veld. Hy het telke male verby verdedigers met sy vinnige voetwerk gedans. Smit het self twee keer gaan druk en sy taktiese skopwerk het Fichies ook op hulle tone gehou. Die span van Virginia se kantman, Gift Leremi, was alomteenwoordig en is vir sy goeie opvolgwerk met \u2018n drie beloon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sentraal se Jeremy Koen het met speeltyd reeds verstreke vanaf \u2018n tikskoppie vyf tree van die doellyn af oorgeval om aan sy span die kans te gee om uiteindelik vir Diamantveld met 24-22 te troef. Die doelskop van die losskakel, Timmy Robertson, het aan Tralies die sege besorg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamonds se agtsteman, Vannas Herhold, het vier keer vir die verloorspan oorgeval vanaf dryfmaalbewegings van lynstane af. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha moes hard werk om Landboudal van Jacobsdal met 14-3 tot oorgawe ted wing. Die held in die oorwinning was gewis die buitesenter, Luciano Jones, wat \u2018n hele paar sterk lopies ingekry het. Die kantman, Siya Luwaca, het ook met sy spel be\u00efndruk. Lanties se agttal het in die skrums oorheers met hulle skrumskakel, CD Wilke, wat met di\u00e9 gehalte balbesit baljaar het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noord-Kaap was in \u2018n verwoestende bui teen Welkom Gimnasium en het uiteindelik met die telling op 38-28 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van die Diamantstad het in die laaste vyf minute twee drie\u00eb afgestaan. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Northerns se Cravenweek-heelagter, Wilfred Bowers, het \u2018n hele paar gevaarlike aanvalle vanuit die laaste vesting geloots. Die span se agtsteman, Gerhard Holtzhausen, het ook \u2018n paar goeie lopies ingekry en leiding voorlangs gegee. Die losskakel, Cleo Adams, en vleuel Cameron Hufke, kan ook meer as tevrede met hulle vertonings voel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies se senter, Richmon Gora, het Northerns se verdediging deurgans beproef, maar dit was dalk sy rotsvaste verdediging wat die meeste uitgestaan het. Die span se heelagter, Ezrick Alexander, het in die tweede helfte ook \u2018n paar gevaarlike lopies ingekry.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Fichardtpark 24 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Myburgh van Zyl (2), Lohan Zeelie (2). Doelskoppe: Janco Pretorius (2). <strong>Hentie Cilliers 24 (5) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Domenic Smit (2), Gift Leremi, Thebe Letsholo. Doelskoppe: Smit (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Sentraal 24 (12) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Roan van der Westhuizen, Stephano Ekkard, Hennie Terblanch\u00e9, Jeremy Koen. Doelskoppe: Timmy Robertson (2). <strong>Diamantveld 22 (5) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Vannas Herhold (4). Doelskop: Sergio Casper.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Louis Botha 14 (0) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Azakhiwe Afrika, Siya Luwaca. Doelskoppe: Jeandr\u00e9 Christian (2).<strong> Landboudal 3 (0) \u2013<\/strong> Strafdoel: Tiaan van Wyk.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Noord-Kaap 38 (19) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Cameron Hufke (2), Zayne Farmer (2), Gladwin Nieuwenhuysen, Schalk Smit. Doelskoppe: Hufke (4). <strong>Welkom Gimnasium 28 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Richmon Gora, Danie Hendriks, Karabo Rantacko, Triston Rothman. Doelskoppe: Jason Olivier (4).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark en Hentie Cilliers van Virginia se eerste rugbyspanne het 24-elk gelykop in die hoofwedstryd van Fichies se jaarlikse sportdag in \u2018n wipplankstryd gespeel. Albei spanne het met rukke se stote gespeel, maar die kere wat hulle aan die gang gekom het, het albei gevaarlik op die aanval gelyk. Die gasheer se buitesenter, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6399","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6399","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6399"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6399\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6399"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6399"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6399"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}