{"id":64009,"date":"2025-02-05T17:12:45","date_gmt":"2025-02-05T15:12:45","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=64009"},"modified":"2025-02-05T17:12:45","modified_gmt":"2025-02-05T15:12:45","slug":"wessies-wil-vanjaar-verdere-opslae-maak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=64009","title":{"rendered":"Wessies wil vanjaar verdere opslae maak"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_43916\" aria-describedby=\"caption-attachment-43916\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-43916 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Wesvalia-rugby-3-400x337.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"337\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-43916\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>Na twee uiters suksesvolle seisoene bevind <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> homself vanjaar onder selfs groter honde wat die land se skolerugbykringe betref.<\/p>\n<p>Volg al die Wessie-aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/p>\n<p>Die Wessies wat verlede jaar as kampioen van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild-afdeling gekroon is, skuif vanjaar op na die Plaat-afdeling waar hulle met rugbykragte, soos die verdedigende kampioen, <strong>HTS Middelburg<\/strong>, moet meeding.<\/p>\n<p>Wesvalia het in 2024 met &#8216;n onoorwonne rekord in die Skild-afdeling gespog. Dit was boonop die tweede keer in twee jaar dat hy, nadat hy promosie verwerf het, as kampioen gekroon is.<\/p>\n<p>Benewens die nuwe uitdaging van die Plaat-afdeling, is die span van Klerksdorp oorgehaal om vanjaar nie slegs die eindstryd van die <strong>NWU Prestige-reeks<\/strong> te haal nie, maar dit \u00f3\u00f3k te wen. Di\u00e9 veldtog skop op 8 Maart af teen die tradisionele aartsvyand, <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong>, van Brakpan.<\/p>\n<p>Die Wessies was naaswenners in 2024, nadat hulle in die finaal naelskraaps met 6-11 teen die sterk <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> vasgeval het. Vanjaar, met die afwesigheid van sowel die Blues as <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong>, behoort hulle beslis &#8216;n oog op die trofee te h\u00ea.<\/p>\n<p>Die span van Klerksdorp, wat geen veranderinge aan sy bestuurspan aangebring het nie, se seisoen begin op 22 Februarie teen <strong>Hentie Cilliers<\/strong> . Die ervare voorspelerafrigter, <strong>Willem van der Sandt<\/strong>, wat ook verlede jaar die Luiperds se Cravenweek-pak gebrei het, behoort uit te sien na &#8216;n opwindende seisoen met &#8216;n string staatmakers steeds tot sy beskikking.<\/p>\n<p>Oopkantflank, <strong>Franco Dumond<\/strong>, se teenwoordigheid in sy tweede jaar van eerstespan-rugby bied broodnodige ervaring in die los, terwyl <strong>Quewen Fourie<\/strong>, ook &#8216;n kranige krieketspeler, en <strong>Tiaan de Kock<\/strong> hul opwagting in die senior groep maak. Albei het die Luiperds by verlede jaar se <strong>Grant Khomo-rugbyweek<\/strong> by <strong>Grey High School<\/strong> in Gqeberha verteenwoordig. Hul veelsydigheid kan die afrigtingspan, en vernaam Van der Sandt, met talle hoofbrekens laat.<\/p>\n<p>Agterlynafrigter, <strong>Donald Richter<\/strong>, behoort breed te glimlag met die terugkeer van drie gevaarlike pyle in sy aanvalskoker. <strong>Eduard Dreyer<\/strong> is gunsteling om die nr. 10-trui oor die kop te trek, terwyl die sneller op linkervleuel, <strong>Fafa Calitz<\/strong>, en buitesenter, <strong>Jeandr\u00e9 Snyman<\/strong>, saam met Dreyer, hope talent tafel toe bring.<\/p>\n<p>Die 10de Mei is &#8216;n datum wat met rooi omkring sal word deur Klerksdorpers. Dit is wanneer die Klerksdorp-derby tussen Wesvalia en <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> vanjaar, danksy die Wessies se promosie na die Plaat-afdeling, vir die eerste keer in vyf jaar plaasvind.<\/p>\n<p>Voor di\u00e9 derby, toer Wesvalia eers na George in die Suid-Kaap, met die bepalings vir die toer wat nog gefinaliseer moet word. Tesame met die strawwe NWU Prestige-reeks, bied dit vir die Klerksdorpers genoegsame voorbereiding vir die SDC Noordvaal Cup, waar hul mikpunt &#8216;n plek in die halfeindronde is. Dit sal geensins as &#8216;n verrassing te kom indien hulle dit wel vermag nie.<\/p>\n<p><strong>Bepalings vir 2025:<\/strong><\/p>\n<p>[ninja_tables id=&#8221;64063&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na twee uiters suksesvolle seisoene bevind Ho\u00ebrskool Wesvalia homself vanjaar onder selfs groter honde wat die land se skolerugbykringe betref. Volg al die Wessie-aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Wessies wat verlede jaar as kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling gekroon is, skuif vanjaar op na die Plaat-afdeling waar hulle met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":43916,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-64009","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64009","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=64009"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64009\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/43916"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=64009"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=64009"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=64009"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}