{"id":64011,"date":"2025-02-05T14:23:38","date_gmt":"2025-02-05T12:23:38","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=64011"},"modified":"2025-02-05T14:23:38","modified_gmt":"2025-02-05T12:23:38","slug":"helpies-mik-hoog-in-2025","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=64011","title":{"rendered":"Helpies mik hoog in 2025"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_64043\" aria-describedby=\"caption-attachment-64043\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-64043 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/PSX_20240325_162416-e1738748442140-400x276.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"276\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-64043\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>Geoordeel aan die tweede helfte van <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> se rugbyseisoen verlede jaar, asook die sukses wat die jongmanne op o.16-vlak behaal het deur die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> te wen, hou 2025 inderdaad reuse belofte in vir die Johannesburgers.<\/p>\n<p>Volg al die Helpmekaar-aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/p>\n<p>Die Helpies ontvang ook vanjaar &#8216;n beduidende hupstoot met die welbekende rugbybrein van <strong>Tjaart van der Walt<\/strong>, wat as tegniese ontleder deel van die eerste span se bestuur sal uitmaak. Die gesoute<strong> RJ Liebenberg<\/strong> vat die leisels as hoofafrigter, met <strong>Hannri\u00ebl\u00a0Coetzee<\/strong> wat die voorspelers sal touwys maak en <strong>Shaun Jackson<\/strong> wat beheer neem oor &#8216;n giftige agterlyn.<\/p>\n<p>Die span van Johannesburg skop op 8 Maart teen <strong>Michaelhouse<\/strong> op di\u00e9 se tuisveld af, waarna hy teen die Witbulle van Pretoria, <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool (Affies)<\/strong>, &#8216;n week later, op 15 Maart, in die Jakarandastad te staan sal kom.<\/p>\n<p>Coetzee beskik oor &#8216;n ervare pak voorspelers, met die haker en een van Helpies se uitblinkers in 2024, <strong>Gustav Grotius<\/strong>, wat vir n\u00f3g &#8216;n seisoen beskikbaar is, terwyl loskopstut, <strong>Liam &#8220;Varkie&#8221; Devenier<\/strong>, saam met Grotius, teenstanders se voorrye kan laat les ops\u00ea.<\/p>\n<p>Oopkantflank, <strong>Ziaden Krige,<\/strong> en slot, <strong>Eugene de Lange<\/strong>, is ook weer terug in die tuig, terwyl die jongelinge,<strong> Jeandr\u00e9 van der Merwe<\/strong> (haker) en <strong>Diandro Botha<\/strong> (loskopstut), wat &#8216;n groot aandeel in die sukses van die o.16-kampioenspan gehad het, ook deur Coetzee ingespan kan word om die voorry meer oemf te gee.<\/p>\n<p>Agterlangs kan Helpies-ondersteuners uitsien na n\u00f3g &#8216;n aksiebelaaide seisoen met vernaam die senterpaar, <strong>Clinton Cloete<\/strong> en <strong>Ty Ax<\/strong>, wat heelwat gevaar inhou op die aanval. Ax, uiters ervare na &#8216;n beseringsvrye 2024 waartydens hy die Akademieweek by Jeppe High School for Boys op horings geneem het, sal ongetwyfeld &#8216;n sleutelrol in die agterlyn vervul.<\/p>\n<p><strong>Shayne<\/strong> en <strong>Ethan Lourens<\/strong> behoort hard aan die eerste span se deur klop as skakelpaar. Albei het die Goue Leeus by verlede jaar se <strong>Grant Khomo-rugbyweek<\/strong>\u00a0by Grey High School in Gqerberha vertoonwoordig.<\/p>\n<p>Soos enige span wat met die groot honde in Suid-Afrika wil saamblaf, verwag die Helpies geen maklike wedstryde nie. Bloot die feit dat daar s\u00f3 min te kies was tussen die spanne in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling in 2024, is &#8216;n aanduiding van hoe taai die kompetisie kan wees.<\/p>\n<p>Boonop wag <strong>Oakdale Landbou<\/strong>, by die jaarlikse Noord\/Suid-toernooi, en <strong>Grey College<\/strong>, by die Wildeklawer, op die Johannesburgers, \u00e9n\u00a0is die derby teen <strong>King Edward VII School<\/strong> ook weer vanjaar\u00a0 &#8216;n instelling wat die vonke in Johannesburg sal laat spat.<\/p>\n<p>Die Helpies se doelwit is eenvoudig, maar t\u00f3g, wat die groter prentjie betref, taamlik ingewikkeld, naamlik om goed te vertoon by die land se top-rugbyfeeste \u00e9n om die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling te verower, iets wat die skool van Johannesburg beslis kan vermag.<\/p>\n<p>Bepalings vir 2025:<\/p>\n<p>[ninja_tables id=&#8221;64057&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geoordeel aan die tweede helfte van Helpmekaar Kollege se rugbyseisoen verlede jaar, asook die sukses wat die jongmanne op o.16-vlak behaal het deur die SDC Noordvaal Cup te wen, hou 2025 inderdaad reuse belofte in vir die Johannesburgers. Volg al die Helpmekaar-aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Helpies ontvang ook vanjaar &#8216;n beduidende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":64043,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-64011","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64011","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=64011"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64011\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/64043"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=64011"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=64011"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=64011"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}