{"id":6414,"date":"2015-03-15T17:41:07","date_gmt":"2015-03-15T17:41:07","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/christian-aan-spits-van-louis-botha-sege\/"},"modified":"2015-03-15T17:41:07","modified_gmt":"2015-03-15T17:41:07","slug":"christian-aan-spits-van-louis-botha-sege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6414","title":{"rendered":"Christian aan spits van Louis Botha sege"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha se jaarlikse sportdag het aan sy Cravenweek-losskakel, Jeandr\u00e9 Christian, behoort. Hy het 35 punte in sy span se klinkende sege van 50-0 oor HTS Welkom opgestapel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Christian het \u2018n driekuns aan drie\u00eb behaal, vier van sy span se ses drie\u00eb verdoel en ook vier strafdoele tussen deur die pale gejaag. Die span van die Rosestad se binnesenter, Rallston Dreyer, het self ook twee keer deur gedraf. Louis Botha bied die sportdag al sedert 1983 aan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Fichardtpark moes sweet om Wilgerivier van Frankfort in die vernaamste voorwedstryd met 14-7 te klop. Fichies se pak voorspelers het goed vertoon en veral met hulle dryfmaal-bewegings ver ente veld gewen. Die span se loskopstut, Wandre Nortj\u00e9, was sy span se beste speler. Hy het ook albei sy span se drie\u00eb gedruk. Die slot, Adriaan Grabe, en flank, Eckhardt Kuhn, kan ook maar vandag bre\u00ebbors na hulle vertonings rondloop. Agterlangs was die senter, Myburgh van Zyl, soos gewoontlik \u2018n staatmaker. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Wilgerivier se senter, GJ Janse van Rensburg, was uitmuntend op die verdediging. Hy het goed gedoen om Van Zyl en sy sentermaat, Luhan Zeelie, hok te slaan. Die span van Frankfort se heelagter, Stean Marais, het goed aansluiting by sy agterlyn gevind. Die flank, Clifford Davel, is maar klein, maar het nie \u2018n tree voorlangs vir Fichies se agttal terug gestaan nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Sand du Plessis het met 22-17 oor President Steyn koning gekraai. Die Steyners se haker Melvin Marais, vaskopstut, Raymond Kruger en slot Janco Nel het voorlangs goeie spel gelewer. In die agterhoede het die senter Kobus van Tonder en en vleuel Ryno Nyce goed vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Kroonstad het vir Brandfort met 31-19 getroef. Blouskool se pak voorspelers het die grondslag vir die sege gel\u00ea, terwyl die agterlyn ook gevaarlik gelyk het wanneer hy aan die gang gekom het. Vir die verloorspan het sy stut Hanno Terblanche, slot Kamu Kgale en skrumskakel, Francois Fourie moedig probeer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Ficksburg het vir Sehunelo met 29-17 in hulle kragmeting op di\u00e9 sportdag uitoorl\u00ea. Vandr\u00e9 Rolls het twee keer vir Jim Fouch\u00e9 teen Goudveld agter die doellyn in sy oorwinning van 24-0 gaan kuier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Hentie Cilliers het \u2018n merkwaardige sege van 27-26 oor Maritzburg-kollege van Pietermaritzburg op sy tuisveld in Virginia behaal. Die span se skitterende losskakel, Domenic Smit, het die sege met \u2018n skepdoel laat in die kragmeting beklink. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Noord-Kaap se Cameron Hufke was die ster in sy span se sege van 28-22 oor Marlow Landbou op laasgenoemde se tuisveld net buite Cradock. Die vleuel van Northerns het twee keer gaan druk en al vier sy span se drie\u00eb verdoel om \u2018n seldsame sege oor die Wolramme in Cradock te beklink. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die span se Cravenweek-agtsteman, Gerhard Holtzhausen, het die span van Kimberley se ander twee drie\u00eb afgerond.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p><strong>Louis Botha 50 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jeandr\u00e9 Christian (3), Rallston Dreyer (2), Azakhiwe Afrika. Doelskoppe: Christian (4). Strafdoele: Christian (4). <strong>HTS Welkom 0<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark 14 (0) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Wandre Nortj\u00e9 (2). Doelskoppe: Pieter Snyman (2). <strong>Wilgerivier 7 (0) \u2013<\/strong> Drie: Andries Burgers. Doelskop: Schalk Wilkinson.<\/p>\n<p>Sand du Plessis 22. <strong>President Steyn 17 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Kobus van Tonder (2), Ryno Nyce. Doelskop: Van Tonder.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kroonstad 31 (19) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Anton Steyn, Stian Wessels, Tinus van Schalkwyk, Henro de Vos, Stefan du Plessis. Doelskoppe: De Vos (2), Wessels. <strong>Brandfort 7 (0) \u2013<\/strong> Drie: Hanno Terblanch\u00e9. Doelskop: Henco de Wet.<\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9 24 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Vandr\u00e9 Rolls (2), Victor Botes, Wian Meyer. Doelskoppe: Tiaan Schutte (2).<strong> Goudveld-Ho\u00ebrskool 0<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Hentie Cilliers 27 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Domenic Smit, Jovanian du Preez, Michael Kitching, Rico le Roux. Doelskoppe: Smit (2). Skepdoel: Smit. <strong>Maritzburg-kollege 26<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Noord-Kaap 28 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Cameron Hufke (2), Gerhard Holtzhausen (2). Doelskoppe: Hufke (4). <strong>Marlow Landbou 22<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof 48 (22) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Chergin Fillies (3), Stedman Gans (3), Runan Venter, Eduard Pretorius. Doelskoppe: Quintin Bayards (4).<strong> Sentraal 5 (0) \u2013<\/strong> Drie: Strafdrie.<\/p>\n<p><strong>Riebeeckstad 41 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Solly Seeta (2), Morn\u00e9 Botha (2), Collin Cromhoudt (2), Mpho Matsepe. Doelskoppe: Cromhoudt (2), Wanga Shumi. <strong>Ho\u00ebrskool Bloemfontein 7<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Theunissen 12 (5) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Innocent Rakotsoane, Wian Jordaan. Doelskop: Rakotsoane. <strong>Winburg 5 (0)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Kalahari 15 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Erlu Jonck (2), Kaylyn Griqua. <strong>HLNK Jan Kempdorp 9<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Reitz 36 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Driaan Scheepers (2), JD Muller, Johan van der Westhuizen, Paul van Deventer, Adriaan Davel. Doelskoppe: Neil van der Merwe (3). <strong>Vanderbijlpark 0<\/strong>.<\/p>\n<p><\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Louis Botha se jaarlikse sportdag het aan sy Cravenweek-losskakel, Jeandr\u00e9 Christian, behoort. Hy het 35 punte in sy span se klinkende sege van 50-0 oor HTS Welkom opgestapel. Christian het \u2018n driekuns aan drie\u00eb behaal, vier van sy span se ses drie\u00eb verdoel en ook vier strafdoele tussen deur die pale gejaag. Die span van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6414","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6414","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6414"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6414\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6414"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6414"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6414"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}