{"id":64141,"date":"2025-02-07T15:20:50","date_gmt":"2025-02-07T13:20:50","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=64141"},"modified":"2025-02-07T15:20:50","modified_gmt":"2025-02-07T13:20:50","slug":"moories-op-koers-vir-finsbury-promosie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=64141","title":{"rendered":"Moories op koers vir Finsbury-promosie"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_64229\" aria-describedby=\"caption-attachment-64229\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-64229 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/Potch-Gimmies-Krieket-2-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-64229\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Hans Moore<\/strong> is stewig op pad om &#8216;n plek in die promosie-relegasie-wedstryd, met die oog om op te skuif na die A-afdeling van die <strong>Finsbury-reeks<\/strong>, los te speel.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Soos die stand van sake huidiglik daar uitsien, behoort die Moories in di\u00e9 uitspeelwedstryd teen Ho\u00ebrskool Nelspruit te staan te kom. Die span van Benoni is tans voor in die B-afdeling met 10 ligapunte.<\/p>\n<p>Dis onwaarskynlik dat iemand hom vanjaar kan verbysteek. Die Moories sal nietemin steeds hul storie moet ken hierdie naweek teen <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong>, in Centurion. Die Woeries sukkel ietwat om aan die gang te kom, maar beskik steeds oor die talent van kaptein, <strong>Morn\u00e9 Prinsloo<\/strong>, wat die Moories met bal en kolf kan opdraande gee.<\/p>\n<p>Dis egter die veelsydigheid van die besoekers wat hulle s\u00f3 gevaarlik maak, met enige van die toporde-kolwers wat die verloop van &#8216;n wedstryd in &#8216;n oogwink kan swaai. Die Centurion-kolwers sal daarna uitsien om die kolfvriendelike blaaie tuis te benut ten einde hul greep op die afdeling te verstewig.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> sal versigtig wees vir die gevaar wat Saterdag uit die Noorde van Pretoria arriveer. Die Gimmies verwelkom <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> in die bekende studentedorp, met die Monties wat verlede naweek teen Hans Moore gewys het hoe gevaarlik hulle kan wees.<\/p>\n<p>Alhoewel Montana met drie paaltjies vasgeval het, het hy die topspan in die afdeling laat sweet vir &#8216;n sege. Gimmies lek self nog wonde na hulle met 11 lopies teen Marais Viljoen die spit afgebyt het. Hulle sal hierdie week op tuisveldvoordeel en voorslagbouler, <strong>Thloni Tabatha<\/strong>, staatmaak om die wa deur die drif te probeer trek.<\/p>\n<p>Tradisionele aartsvyande, <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong> en <strong>Marais Viljoen<\/strong>, s\u00ea mekaar in Kempton Park die stryd aan. Die Kempies is ook &#8216;n aanspraakmaker op &#8216;n plek in die promosie-relegasie-stryd, vernaam omdat hulle nog &#8216;n wedstryd in hand het as gevolg van hul deelname aan die Schools SA20 se streek-uitspele in Benoni verlede naweek.<\/p>\n<p>Dit sal interessant wees om te sien hoe die MV-kolwers, veral aanvangskolwer, <strong>Tiaan Hall<\/strong>, en kaptein, <strong>Jaden Govender<\/strong>, teen die spoed van die Kempies se aanvangsboulers, <strong>Kristian du Plessis<\/strong> en <strong>Stian van Breda<\/strong>, te werk gaan. &#8216;n Sege vir die Kempies sal die Moories onder taamlike druk plaas met slegs een week se aksie wat oorbly.<\/p>\n<p><strong>Bepalings:<\/strong><\/p>\n<p>Week 4:<br \/>\nHo\u00ebrskool Centurion t. Hans Moore<br \/>\nPotchefstroom Gimnasium t. Montana<br \/>\nHo\u00ebrskool Kempton Park t. Marais Viljoen<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hans Moore is stewig op pad om &#8216;n plek in die promosie-relegasie-wedstryd, met die oog om op te skuif na die A-afdeling van die Finsbury-reeks, los te speel. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Soos die stand van sake huidiglik daar uitsien, behoort die Moories in di\u00e9 uitspeelwedstryd teen Ho\u00ebrskool Nelspruit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":64229,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-64141","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64141","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=64141"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64141\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/64229"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=64141"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=64141"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=64141"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}