{"id":6431,"date":"2015-03-22T13:10:33","date_gmt":"2015-03-22T13:10:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/rooiskool-behou-vlekkelose-rekord-teen-louis-botha\/"},"modified":"2015-03-22T13:10:33","modified_gmt":"2015-03-22T13:10:33","slug":"rooiskool-behou-vlekkelose-rekord-teen-louis-botha","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6431","title":{"rendered":"Rooiskool behou vlekkelose rekord teen Louis Botha"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad se eerste rugbyspan het \u2018n haas uit die hoed gepluk deur Louis Botha naelskraaps met 13-12 in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Kroonstad te klop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool het nog nooit in sy geskiedenis teen Louis Botha verloor nie. \u2018n Eerste nederlaag was wel op die kaarte met die span van Bloemfontein wat nog onoorwonne vanjaar is en die afgelope paar jaar hom as een van die voorste skolespanne in die sentrale streek gevestig het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool was in 2000 met 32-3 oortuigend in hulle vorige kragmeting baas. In die vorige twee wedstryde tussen die twee spanne in 1993 en 1994 was Rooiskool onderskeidelik met 9-0 en 18-12 die wenners. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die grondslag vir die sege is deur Rooies se agttal gel\u00ea wat elk \u2018n klop op die skouer verdien. Die skrumskakel, Duncan Horak, het met die goeie gehalte balbesit baljaar en ook aan die agterlyn suiwer diens verskaf. Die heelagter, Marinus Aucamp, verdien ook vermelding vir \u2018n stewige vertoning. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha se losskakel, Jeandr\u00e9 Christian, het al sy span se punte via vier strafdoele aangeteken. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium het vir Ho\u00ebrskool Sasolburg met 55-3 in slegs 40 minute verniel. Albei helftes van die kragmeting was slegs 20 minute lank. Gimmies se Cravenweek-heelagter, Ezrick Alexander, het twee keer die doellyn oorgeteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Harrismith het vanjaar al \u2018n paar goeie seges behaal, maar die oorwinning van 31-7 oor Ho\u00ebrskool Kroonstad is die soetste nog. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Blouskool het sy agtsteman Jan-Louis du Plessis en sy twee slotte, Johan le Grange en Jaco van Oudtshoorn, moedig probeer. HTS Welkom het Vryheid met 42-17 op di\u00e9 sportdag die loef afgesteek, terwyl Ho\u00ebrskool Kalahari van Kuruman ondanks die nederlaag van 18-12 teen Louis Botha se naasbestes tevrede met sy vertoning sal voel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Na Wilgerivier van Frankfort en Ho\u00ebrskool Reitz se sportdae Saterdag kan daar afgelei word dat die Oos-Vrystaatse liga vanjaar interresant behoort te wees. Reitz het vroe\u00ebr in die week tydens \u2018n kragmeting in die Aandreeks met 14-12 met HTS Sasolburg afgereken. Wilgerivier het op sy sportdag met dieselfde telling vir HTS Sasolburg verslaan. Reitz het op sy sportdag hard gewerk om Belvedere met 19-5 te troef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Riebeeckstad het het op Frankfort vir Balfour met 22-3 verslaan. Vir Riebies het sy agtsteman Morn\u00e9 Botha, slot Justin Buys, heelagter Wanga Shumi en losskakel Collin Cromhoudt die vernaamste rolle in die sege vertolk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bothaville het vir Parys met 17- 5 op laasgenoemde se tuisveld verslaan. Die span se agtsteman, Drikus Klopper, was uitmuntend. Na \u2018n goeie eerste helfte deur die besoekers het \u2018n wolkbreek tydens die tweede helfte die wedstryd in \u2018n slordige affere laat ontaard. Die wenspan se slot Wian Nell het heelwat losballe opgeraap, die flank Norman&nbsp;Payn het voor in die lynstane baie van Parys se besit afgeneem. Agterlangs verdien die verdediging van die senter, Duncan Halliday, vermelding.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Upington het op Porterville se jaarlikse sportdag vir Ho\u00ebrskool Punt met 12-3 die loef afgesteek.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AHS Kroonstad 13 (10) \u2013<\/strong> Drie: Harold Hills. Doelskop: Corn\u00e9 Cooper. Strafdoele: Cooper. <strong>Louis Botha 12 (9) \u2013<\/strong> Strafdoele: Jeandr\u00e9 Christian (4).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Welkom-Gimnasium 55 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ezrick Alexander (2), Jason Olivier, Zander Wasserman, Duke Jantjies, Byron Ferreira, Danie Hendricks, Jerome Lottering, Tristan Rothman. Doelskoppe: Luan James (5). <strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg 3<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Kroonstad 7 (0) \u2013<\/strong> Drie: Jan-Louis du Plessis. Doelskop: Henro de Vos. <strong>Harrismith 31 (17)<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Hennenman 35 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Angelo Pienaar (3), Albie Venter (2), Richard Badenhorst, Xolani Gongo. <strong>Marquard 0<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wilgerivier 14 (6) \u2013<\/strong> Drie: JJ Dekker. Strafdoele: Cobus Erasmus. <strong>HTS Sasolburg 12 (5)<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Bothaville 17 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Thato Mojaki, Drikus Klopper. Doelskoppe: Carlo Kleynhans (2). Strafdoel: Kleynhans. <strong>Parys 5 (5)<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Riebeeckstad 22 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Wanga Shumi (2), Temba Malindi. Doelskoppe: Collin Cromhoudt (2). Strafdoel: Cromhoudt. <strong>Balfour 3<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Reitz 19 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Gideon van Zyl, Jannes van Coller, Driaan Scheepers. Doelskoppe: Neil van der Merwe (2). <strong>Belvedere 5<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Reitz 14 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Neil van der Merwe, JD Muller. Doelskoppe: Van der Merwe (2).<strong> HTS Sasolburg 12<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Upington 12 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Benna Nieuwoudt, Willrich Delie. Doelskop: Nieuwoudt. <strong>Ho\u00ebrskool Punt 3 \u2013<\/strong> Strafdoel: Walter Baartman.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad se eerste rugbyspan het \u2018n haas uit die hoed gepluk deur Louis Botha naelskraaps met 13-12 in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Kroonstad te klop. Rooiskool het nog nooit in sy geskiedenis teen Louis Botha verloor nie. \u2018n Eerste nederlaag was wel op die kaarte met die span van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6431","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6431","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6431"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6431\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6431"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6431"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6431"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}