{"id":6435,"date":"2015-03-24T09:37:17","date_gmt":"2015-03-24T09:37:17","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/paul-roos-sonder-twyfel-een-van-sa-se-rugbyfabrieke\/"},"modified":"2015-03-24T09:37:17","modified_gmt":"2015-03-24T09:37:17","slug":"paul-roos-sonder-twyfel-een-van-sa-se-rugbyfabrieke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6435","title":{"rendered":"Paul Roos sonder twyfel een van SA se Rugbyfabrieke"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6433\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/PRG_150.png\" width=\"284\" height=\"256\" alt=\"PRG 150\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is sonder twyfel een van die grootste rolspelers in Suid-Afrikaanse rugby sedert sy ontstaan in 1866. Di\u00e9 skool dra die naam van die Suid-Afrikaanse kaptein, Paul Roos, wat die naam van die Springbokke op die Britse toer van 1906 aan die nasionale span toegeken het. Roos was boonop die rektor (skoolhoof) van di\u00e9 skool van 1910 tot 1940 met sy uittrede.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Roos was self &#8216;n oud-leerling van die Stellenbosch College. Buiten Roos het PK Albertyn en Phil Mostert ook in hulle internasionale loopbane die Springbokke op die veld gelei. Die haastige vleuel, Attie van Heerden, het die eerste drie ooit tussen die Springbokke en die All Blacks tydens die eerste toets van 1921 gedruk. Van Heerden het Suid-Afrika ook op die Olimpiese Spele van 1920 as &#8216;n naelloper verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albertyn was in 1914 die Stellenbosch Gimnasium se eerstespan se kaptein geweees. Op die spanfoto van daardie jaar sit hy tussen Paul Roos en nog &#8216;n oud Bok-kaptein, Theo Pienaar, wat &#8216;n onderwyser by die skool was. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 1879 het die Stellenbosch College en Stellenbosch Gimnasium van mekaar geskei. Die College sou later in 1887 na die Victoria College verander voordat dit in 1918 as die Universiteit van Stellenbosch herdoop is.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 1974 is daar &#8216;n Bok-span gekies uit oud-Paul Roosers.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die span wat destyds gekies is:<\/strong> Nico Bosman (1924), Bob Loubser (1903-10), Japie Krige (1903-07), PK Albertyn (1924), Attie van Heerden (1921), Jackie Tindell (1921-32), Daunce Devine (1924-28), Paul Roos (1903-07), Theuns Kruger (1921-28), Phil Mostert (1921-32), Nic du Plessis (1921-28), George van Reenen (1937), Ferdie Bergh (1931-38), Gideon Roos (1910), George Daneel (1928-32).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die &#8220;keurders&#8221; kon destyds nie plek vir Springbokke soos Jannie Engelbrecht, Gert Brynard, Tjol Lategan, PK Morkel, Manus de Jong en Mannetjies Michau in die span kry nie. Baie van die name sal dalk nie &#8216;n klokkie by vandag se leerlinge lui nie, maar om te benadruk die gehalte van di\u00e9 span moet die volgende in ag geneem word. Een van die mees legendariese breiers van Suid-Afrika, Oubaas Markotter, het vir die boek oor sy lewe sy beste Bok-span van alle tye gekies. Sewe van die spelers is ook in di\u00e9 Paul Roos-span.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6434\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Agie_Koch_PRG.jpg\" width=\"202\" height=\"294\" alt=\"Agie Koch PRG\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" onmouseout=\"this.src='images\/News_Photos\/Agie_Koch_PRG.jpg';\" onmouseover=\"this.src='Agie Koch, Springbok-vleuel van Paul Roos, is hier in aksie teen Hottentots-Holland tydens 'n interskolewedstryd waarin hy drie keer aan die bal gevat het en drie keer afgerond het.';\" \/>Dit behoort interresant te raak indien Bokke soos Justin Swart, Willie le Roux, Francois Hougaard, Juandr\u00e9 Kruger, Andries Bekker, Schalk Brits, Cobus Visagie en Hempies du Toit.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Een van Paul Roos se legendariese breiers, Attie Slabbert, het rekord gehou van elke punt wat deur die eerstespan in sy tydperk aangeteken is. Jannie Engelbrecht het in 1957 nie minder as 16 drie\u00eb vir die span van die Eikestad se eerstespan gedruk nie. Frans van Niekerk wat die eerstespan van 1992 tot en met 2007 afgerig het, is ook een van die groot geeste van Paul Roos.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saterdag bied Paul Roos heel gepas &#8216;n rugbydag aan ter viering van sy 150ste bestaansjaar. Die span van die Eikestad takel die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria in die hoofwedstryd van die dag. Die twee skole is van Suid-Afrika se voorste rugbyfabrieke. Die twee skole pak mekaar egter nie gereeld op die rugbyveld nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste kragmeting tussen die twee spanne het in 1946 plaasgevind met Affies wat met 6-3 as oorwinnaars van die veld gestap het. Saterdag sal die 18de keer wees wat die twee spanne mekaar pak. Affies was nege keer baas, terwyl Paul Roos sewe keer aan die wenkant was. Een kragmeting in 2008 het 17-elk gelykop ge\u00ebindig. &nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is sonder twyfel een van die grootste rolspelers in Suid-Afrikaanse rugby sedert sy ontstaan in 1866. Di\u00e9 skool dra die naam van die Suid-Afrikaanse kaptein, Paul Roos, wat die naam van die Springbokke op die Britse toer van 1906 aan die nasionale span toegeken het. Roos was boonop die rektor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6433,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6435","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6435","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6435"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6435\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6433"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6435"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6435"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6435"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}