{"id":6445,"date":"2015-03-25T09:18:53","date_gmt":"2015-03-25T09:18:53","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/affies-klop-helpmekaar-met-24-0\/"},"modified":"2015-03-25T09:18:53","modified_gmt":"2015-03-25T09:18:53","slug":"affies-klop-helpmekaar-met-24-0","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6445","title":{"rendered":"Affies skop seisoen met sege teen Helpies af"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6444\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/NuusG_Affies.jpg\" width=\"408\" height=\"274\" alt=\"NuusG Affies\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/NuusG_Affies.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/NuusG_Affies-300x202.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 408px) 100vw, 408px\" \/><span style=\"color: #000000;\"><span><span style=\"background-color: transparent;\">Dis Affies se 34ste wen oor die Johannesburgers sedert die twee spanne die eerste keer in 1927 kragte gemeet het. Helpmekaar kon in die verlede 18 keer as oorwinnars uittree. In 2014 het di\u00e9 twee skole die eerste keer sedert 1998 teen mekaar gespeel en vanjaar was die 57ste kragmeting.<\/span>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool (Affies) het sy rugbyseisoen op \u2019n positiewe noot afgeskop met \u2019n oortuigende sege oor Helpmekaar Kollege. Die Pretorianers het 24-0 in Johannesburg gewen.<\/span><\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het vier drie\u00eb gedruk terwyl die Wit Bulle se rotsvaste verdediging gekeer het dat Helpmekaar enige punte aanteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies het \u2019n duidelike taktiek ge\u00efmplimenteer om die wedstryd stadig te maak. Affies moes 10 minute op die veld rondstaan terwyl Helpmekaar se span n\u00earens te sien was nie. Die wedstryd het byna 15 minute laat afgeskop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar het eerste geleentheid gekry om punte aan te teken deur twee strafdoelpogings, maar die losskakel, Justin Taylor, se radar was onakkuraat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die manne van oorkant Loftus het met tipiese Affie-en Blou Bul-rugby Helpies ore aan gesit. Die Affie-skrum lyk na \u2019n gedugte eenheid met lof wat aan Jano Espag, die stut en Eduan Lubbe, die kaptein en vlank, moet gaan. Agterlanks het Affies se skrumskakel, Jack Hart sy agterlyn van goeie bal voorsien met veral Louritz van der Schyff, die buitesenter, wat gevaarlik gelyk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies se eerste drie het het vanaf \u2019n dryfmaal gekom toe Phillip Krause oorgeduik het. DIe telling was 5-0 na die doelskop mis was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Kort voor rustyd het Affies se agterlyn Helpies bont laat staan en Christiaan Strydom, die linkervleuel het in die hoek oorgeduik om aan sy span \u2019n halftyd voorsprong van 10-0 te gee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar se heelagter, Chuinier van Rooyen, het met sy vaart en systappe gereeld die verdediging bedreig, maar is tog in toom gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Schyff het na \u2019n aanskoulike agterlynbeweging oorgeduik.&nbsp;Ruan de Swardt, Affie-losskakel het verdoel om Affies se voorsprong 17-0 te maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die frustrasie het op Helpmekaar se gesigte gewys en swak dissipline was \u2019n deurlopende kenmerk van di\u00e9 span. Die skeidregter moes gereeld met Helpies oor hul humeur praat. Die praatwerk was egter laat in die tweede helfde iets van die verlede en, Helpies se plaasvervanger stut, is koelkas toe gestuur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het die voordeel onmiddelik uitgebuit en die bieliestut, Neill Bezuidenhout het onder die pale gaan kuier om Affies \u2019n 24-0 voorsprong te geen nadat De Swardt verdoel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ten spyte van die groot oorwinning kon die telling waarskynlik nog groter gewees het indien Affies se hanteerwerk beter was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die ander wedstryde was dit egter nie \u2019n eensydige aff\u00eare nie met Helpmekaar wat die 0\/14A (12-5) en o\/16A (20-17) kragmetings gewen het. Affies se o\/15A span het 66-0 gewen met die tweede span wat 47-5 gewen het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies reis die naweek na Stellenbosch toe waar hulle die eer toegedoen is om \u2019n gedugte span van Paul Roos Gimnasium in die hoofwedstryd van di\u00e9 se 150ste bestaansjaarvieringe aan te durf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar speel 2 April teen Michaelhouse.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Affies 24 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Phillip Krause, Christiaan Strydom, Louritz van der Schyff, Neill Bezuidenhout. Doelskoppe: Ruan de Swardt (2).&nbsp;<strong>Helpmekaar 0 (0)<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis Affies se 34ste wen oor die Johannesburgers sedert die twee spanne die eerste keer in 1927 kragte gemeet het. Helpmekaar kon in die verlede 18 keer as oorwinnars uittree. In 2014 het di\u00e9 twee skole die eerste keer sedert 1998 teen mekaar gespeel en vanjaar was die 57ste kragmeting.Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool (Affies) het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6444,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6445","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6445","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6445"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6445\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6444"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6445"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6445"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6445"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}