{"id":64453,"date":"2025-02-11T17:30:19","date_gmt":"2025-02-11T15:30:19","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=64453"},"modified":"2025-02-11T17:30:19","modified_gmt":"2025-02-11T15:30:19","slug":"verdedigende-kampioen-se-diepte-sal-die-naweek-getoets-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=64453","title":{"rendered":"Verdedigende kampioen se diepte sal die naweek getoets word"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_64471\" aria-describedby=\"caption-attachment-64471\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-64471 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/HS-Rustenburg-Krieket-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-64471\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Ho\u00ebrskool Rustenburg op Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die verdedigende kampioen in die A-afdeling van die <strong>Finsbury-reeks<\/strong>, <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong>, kom hierdie week voor &#8216;n taamlike toets te staan in sy laaste rondomtaliewedstryd.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die Klofies, huidiglik steeds eerste op di\u00e9 afdeling se puntelys, se diepte sal behoorlik getoets word wanneer hulle Saterdag teen <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong>, op hul tuisveld, die<strong> Andr\u00e9 van der Walt-ovaal<\/strong> in Pretoria, te staan kom.<\/p>\n<p>Die span van Pretoria moet sonder van sy groot staatmakers klaarkom aangesien hy ook &#8216;n span na die <strong>Clifton T20-toernooi<\/strong> in die Middeland van KwaZulu-Natal stuur. Dit is egter welbekend dat die Klofies oor &#8216;n gesonde pyplyn van kriekettalent beskik.<\/p>\n<p>Die Rusties, met nog slegs een oorwinning in die reeks agter hul naam, sal dus met heelwat hoop en ywer die tog na Pretoria onderneem en taamlik staatmaak op &#8216;n uitblinker soos <strong>Callie Fryer<\/strong>. Fryer, blitsig met die bal en aanvallend met die kolf, spog reeds met internasionale ervaring nadat hy deel uitgemaak het van Krieket Suid-Afrika se o. 19-groep wat vroe\u00ebr vanjaar teen Engeland meegeding het.<\/p>\n<p>Verdere verantwoordelikheid rus op die skouers van die Rusties se aanvangskolwers, <strong>Thian Labuschagne<\/strong> en <strong>Hendr\u00e9 Robinson<\/strong>. Albei is netjies op dreef en het gedreig om behoorlik los te trek in die span van Noordwes se vorige wedstryde.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong>, met die vooruitsig van &#8216;n plek in die reeks se eindstryd, sal <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> versigtig benader wanneer die span van die Laeveld in Centurion kom besoek afl\u00ea. Die Nellies het verlede naweek verras met &#8216;n spogsege oor Ho\u00ebrskool Menlopark, wat grotendeels te danke was aan die heldedade van <strong>Vaugh van Zyl<\/strong>.<\/p>\n<p>Sy honderdtal, asook die vier paaltjies wat hy laat kantel, sou beslis deur <strong>Abr\u00e9 Volgraaff<\/strong> en die res van die Eldos se afrigtingspan ontleed geword het. Van Zyl sal nietemin op topvorm moet wees indien hy die intimiderende toporde van die Eldos se kolflys wil stuit.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> het steeds &#8216;n wiskundige buitekans om om die einstryd te haal. Die Pretorianers het, n\u00e1 hul nederlaag in Nelspruit, van tweede tot derde op die puntelys afgeskuif.<\/p>\n<p>Hulle sal egter hoop dat die Nellies hul &#8216;n guns bewys deur die Eldos te troef, en dan self met &#8216;n bonuspunt teen &#8216;n onvoorspelbare <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> moet wen. Dit sal voorop staan vir die Parkies se kaptein en lopievraat, <strong>Dian van Zyl<\/strong>, en as nodige motivering dien vir n\u00f3g een groot kolfbeurt.<\/p>\n<p><strong>Bepalings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Week 5:<\/strong><br \/>\nWaterkloof t. Ho\u00ebrskool Rustenburg<br \/>\nEldoraigne t. Ho\u00ebrskool Nelspruit<br \/>\nMenlopark t. Potchefstroom Volkskool<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verdedigende kampioen in die A-afdeling van die Finsbury-reeks, Ho\u00ebrskool Waterkloof, kom hierdie week voor &#8216;n taamlike toets te staan in sy laaste rondomtaliewedstryd. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Klofies, huidiglik steeds eerste op di\u00e9 afdeling se puntelys, se diepte sal behoorlik getoets word wanneer hulle Saterdag teen Ho\u00ebrskool [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":64471,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-64453","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64453","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=64453"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64453\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/64471"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=64453"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=64453"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=64453"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}