{"id":64799,"date":"2025-02-16T12:00:56","date_gmt":"2025-02-16T10:00:56","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=64799"},"modified":"2025-02-16T12:00:56","modified_gmt":"2025-02-16T10:00:56","slug":"rusties-sorg-vir-drama-op-die-andre-van-der-walt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=64799","title":{"rendered":"Rusties sorg vir drama op die Andr\u00e9 van der Walt"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_64832\" aria-describedby=\"caption-attachment-64832\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-64832\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/Callie-Fryer-1-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-64832\" class=\"wp-caption-text\">CALLIE FRYER, Ho\u00ebrskool Rustenburg se staatmaker-snelbouler, in aksie teen Eldoraigne. FOTO: Ho\u00ebrskool Rustenburg op Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Senuagtige glimlagte, hande voor die gesig en dan&#8230; ekstase!<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Dit is hoe die laaste oomblike van <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> se dramatiese sege oor <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> op sy tuisveld, die <strong>Andr\u00e9 van der Walt-ovaal<\/strong> in Pretoria, vir jare onthou sal word.<\/p>\n<p>Die besoekers het in &#8216;n verkorte wedstryd, waar die seile &#8216;n hele paar keer moes op en af, met die laaste bal van die wedstryd, met vyf paaltjies koning gekraai. Die oorwinning verseker voorts dat die Rusties in die A-afdeling van die <strong>Finsbury-reeks<\/strong> bly.<\/p>\n<p>&#8220;Die aanvallende spel van ons aanvangskolwers het ons &#8216;n kans gegee om te wen, nadat die hersiende teiken, volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode, 201 in slegs 30 beurte was,&#8221; meen die Rusties-afrigter, <strong>Jan van Staden<\/strong>.<\/p>\n<p>&#8220;Die feit dat die aanvangsvennootskap van 54 in net 6.5 beurte gekom het was &#8216;n hoogtepunt in ons kolfbeurt.&#8221;<\/p>\n<p>In di\u00e9 vennootskap het <strong>Henr\u00e9 Robinson<\/strong> die leiding geneem, met vyf grenshoue vir &#8216;n totaal van 42, terwyl <strong>Thian Labuschagne<\/strong> teen &#8216;n treftempo van 129 gekolf het vir sy 31, van slegs 24 aflewerings. <strong>Tristan van der Linde<\/strong> (21) het Robinson netjies bygestaan na Labuschagne terug pawiljoen toe is, en die twee het vasgebyt vir n\u00f3g &#8216;n vennootskap van meer as 50 lopies.<\/p>\n<p>Die Klofies se kaptein, <strong>Jaydon Blom<\/strong>, het sy kapteinsbeurt van 55 nie uit nie goed opgevolg deur uiteindelik altwee di\u00e9 venootskappe te verbreek en het sy dag met syfers van 2\/16 afgesluit.<\/p>\n<p>In die Rusties se boulbeurt, het <strong>Callie Fryer<\/strong> die aanslag gelei. Fryer se ses beurte het slegs 21 lopies gekos, terwyl hy drie Klofie-kolwers uitgehaal het om die grondslag vir &#8216;n geskiedkundige sege te l\u00ea.<\/p>\n<p>Daar moet wel genoem word dat groot name soos kaptein, <strong>Riley Miller<\/strong>, wat vroe\u00ebr die dag &#8216;n reuse 123 van slegs 40 balle gemoker het, en paaltjiewagter en voorslagkolwer, <strong>Rico van der Walt<\/strong>, afwesig was, aangesien hulle met die Klofies se ander senior span aan die Clifton T20-toernooi in KwaZulu-Natal deelgeneem het.<\/p>\n<p>Dit neem egter niks weg van die Rusties se prestasie nie, aangesien hulle welverdiend met die verdedigende kampioen op sy tuisveld afgereken het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> se wedstryd teen <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> in Centurion is afgelas weens gure weer en volgens die Finsbury-re\u00ebls deel die spanne ligapunte in die geval van &#8216;n wedstryd wat nie voltooi word voor die minimum toegelate 10 beurte nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 uitslag, tesame met die Klofies se nederlaag, beteken dus dat die Eldos na nommer een op die puntelys skuif en op hul tuisveld vir die titel van die A-afdeling teen die Klofies sal meeding.<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> het sy suksesvolle veldtog in vanjaar se reeks met &#8216;n oortuigende sege oor <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> afgesluit. Die Parkies was tot laat in die groepwedstryde steeds &#8216;n sterk aanspraakmaker om in die eindstryd te speel, ver\u00e1l na hul uitstaande vertoning om die Klofies te troef.<\/p>\n<p>Die talentvolle <strong>Jan-Willem Pienaar<\/strong> se wilgerlat was weer aan die brand en hy het uitstekend gekolf vir sy onoorwonne 52 lopies. <strong>Matt van der Westhuizen<\/strong> (30) en <strong>Monr\u00e9 Koekemoer<\/strong> (26) het hom, onder moeilike omstandighede, goed bygestaan om &#8216;n totaal van 175 te verseker.<\/p>\n<p>Van der Westhuizen (2\/17) en Koekemoer (2\/20) het daarna ook gewoeker met die bal, terwyl <strong>Heinrich Claassen<\/strong> (2\/14) die Volkies help knak en tot net 123 lopies, almal uit, beperk het.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof 200\/5<\/strong> (Ekstras 60, Jaydon Blom 55*, Vorster de Villiers 31; Wynand Gouws 22*; Callie Fryer 3\/21); <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 138\/5<\/strong> (Hendr\u00e9 Robinson 42, Thian Labuschagne 31, Ekstras 30, Tristan van der Linde 21; Jaydon Blom 2\/16). <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg wen met vyf paaltjies, volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Menlopark 175\/8<\/strong> (Jan-Willem Pienaar 52*, Matt van der Westhuizen 30, Monr\u00e9 Koekemoer 26; Handr\u00e9 de Beer 3\/18); <strong>Potchefstroom Volkskool 123<\/strong> (Ekstras 20, Schalk Pienaar 16; Heinrich Claassen 2\/14, Matt van der Westhuizen 2\/17, Monre Koekemoer 2\/20). <strong>Menlopark wen met 52 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Eldoraigne 84\/5<\/strong> (Ryno Mulder 23; Juan Maritz 2\/11); <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> (Het nie gekolf nie). <strong>Wedstryd afgelas weens gure weer<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Senuagtige glimlagte, hande voor die gesig en dan&#8230; ekstase! Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Dit is hoe die laaste oomblike van Ho\u00ebrskool Rustenburg se dramatiese sege oor Ho\u00ebrskool Waterkloof op sy tuisveld, die Andr\u00e9 van der Walt-ovaal in Pretoria, vir jare onthou sal word. Die besoekers het in &#8216;n verkorte wedstryd, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":64832,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-64799","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64799","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=64799"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/64799\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/64832"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=64799"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=64799"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=64799"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}