{"id":6480,"date":"2015-04-06T07:39:29","date_gmt":"2015-04-06T07:39:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kaapse-spanne-bult-spiere-oor-paasnaweek\/"},"modified":"2015-04-06T07:39:29","modified_gmt":"2015-04-06T07:39:29","slug":"kaapse-spanne-bult-spiere-oor-paasnaweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6480","title":{"rendered":"Kaapse spanne bult spiere oor Paasnaweek"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die krag van Suid-Afrikaanse skolerugby l\u00ea vanjaar duidelik in die Wes-Kaap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kaapse spanne het op veral St. John\u2019s College in Johannesburg en Kearsney College in Durban se onderskeie Paastoernooie hul stemme behoorlik dik gemaak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos-Gimnasium van Stellenbosch en die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl sal albei m\u00f4re se laaste dag in die Goudstad onoorwonne betree.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos het in \u2019n kragmeting in moeilike omstandighede met Jeppe Boys\u2019 High (14-5) afgereken. Toe die twee spanne op die veld draf, het re\u00ebn begin uitsak asof die wedstryd in die winter in Stellenbosch gespeel word.&nbsp;Paul Roos het Viadana, die besoekers uit Itali\u00eb, op die eerste dag met 94-0 afgeransel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span se heelagter Joshua Vermeulen het 39 van sy span se punte met drie drie\u00eb en 12 doelskoppe aangeteken.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die sterk senter Nico Leonard het vier keer agter die Italianers se doellyn gaan draai. Paul Roos kom m\u00f4re teen Monument in sy laaste wedstryd van die toernooi te staan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het Monument van Krugersdorp in die eerste helfte van sy tweede wedstryd van die veld af gespeel. Die span van die Paarl het rustyd \u2019n stewige voorsprong van 25-3 geniet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy slot Ruben de Villiers het in die los gewoel en ook in die lynstane vir Monnas probleme besorg. Die span van Krugersdorp het op die eerste dag teen St. Benedict\u2019s College ook in die eerste helfte kleigetrap voordat hy die wedstryd met 38-15 gewen het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het in die tweede helfte sterk teruggeveg om met net 20-25 teen Boishaai die aftog te blaas. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Paarl het op die eerste dag St. John\u2019s College met 52-0 oorrompel. In albei die span se kragmetings het sy heelagter Jean-Luc Cilliers met sy spel be\u00efndruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai sal teen Garsfontein probeer om die toernooi onoorwonne af te sluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die herontmoeting van verlede jaar se Beeldtrofee-eindstryd het Nelspruit se Rhinos weer daarin geslaag om Garsfontein met 28-16 te troef. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein se twee SA Skole-spelers, die agtsteman PJ Toerien en skrumskakel Embrose Papier, het goeie spel vir die verloorspan gelewer. Papier het egter ook tien minute in die koelkas deurgebring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rhinos se haastige vleuel Eduan Engelbrecht het vanjaar witlynkoors. Hy het twee drie\u00eb in drie minute gaan druk om Garsies se doppie finaal te klink.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die hotklou-losskakel Wessel Muller het ook met sy skopskoen seker gemaak sy span bly op die voorvoet. Die span het op die eerste dag hard gewerk om Hilton College met 22-9 te verslaan. Hilton se vleuel Darren McGhee het in sy span se tweede kragmeting met St. John&#8217;s College (25-7) die doellyn drie keer oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit kan m\u00f4re \u2019n fisieke stryd teen Jeppe Boys\u2019 High verwag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Maritzburg College se heelagter Ruben van Blerk was tot dusver sy span se ster op die oudste van die Paastoernooie \u2013 di\u00e9 van St. Stithian\u2019s College. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van Blerk het met sy korrelwerk pale toe teen Grey PE sy span gehelp om met 20-16 te wen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Pietermaritzburg was gister met 34-16 teen St. Alban\u2019s College van Pretoria baas. Michaelhouse, nog \u2019n span van KwaZulu-Natal, het ook twee indrukwekkende vertonings op Saints se toernooi opgedis. Michaelhouse het Helpmekaar (52-19) en St. Stithian\u2019s College (51-3) goeie drag slae gegee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey PE was terug op die wenpad teen Helpmekaar (31-13). Di\u00e9 span se twee sleutelspelers, die losskakel Curwin Bosch en senter Keanu Vers, was nog nie op hul stukke in die toernooi nie.&nbsp;Hulle kom m\u00f4re teen Pretoria Boys\u2019 High te staan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Rondebosch Boys\u2019 High het reeds gewys dat hy vanjaar tussen die voorste spanne in Suid-Afrika gaan tel. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span van Kaapstad het in gister se hoofwedstryd van King Edward VII (KES) se toernooi in die re\u00ebn met 10-10 gelykop teen die gasheer gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rondebosch het op die eerste dag Durban High School met 20-8 geklop. KES het Ben Vorster van Tzaneen op die eerste dag met 54-12 verniel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hudson Park van Oos-Londen het \u2019n verrassing gelewer toe hy Hentie Cilliers van Virginia op die eerste dag met 53-10 verslaan het.&nbsp;Die span van Virginia het vroe\u00ebr vanjaar Maritzburg College met 6-0 uitgestof.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Henties het gister ook teen Kingswood College met 26-28 vasgeval. Die span van Grahams\u00adtown se heelagter, Athenkosi Halom, het twee keer gaan druk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne van Pretoria beleef ook \u2019n goeie toernooi met twee goeie seges oor HTS Dani\u00ebl Pienaar (25-6) en Ben Vorster (10-7).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/p>\n<\/p>\n<p><p><span style=\"color: #000000;\">KEARSNEY COLLEGE-PAASTOERNOOI<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Een<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Grey-kollege 22 (19) \u2013 Drie\u00eb: Gerrie Koegelenberg, Dawid Snyman, Jandr\u00e9 de Beer. Doelskoppe: Mario Vieira (2). Strafdoel: Vieira. HTS Middelburg 19 (7) \u2013 Drie\u00eb: JC Preto-<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">rius (2), JP Mans. Doelskoppe: Brandon Par-Bailey, Francois de Villiers. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Affies 41 (20) \u2013\u2002Drie\u00eb: Louritz van der Schyff (2), Jacobus van Staden (2), Pieter Coetzer, Henco Jordaan. Doelskoppe: Eddie Fouch\u00e9 (3), Jordaan. Strafdoel: Jordaan. EG Jansen 5 (5).<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Menlopark 25 (15) \u2013 Drie\u00eb: Stean Pienaar, Wayne van der Bank, Andell Loubser. Doelskoppe: Loubser (2). Strafdoel: Loubser. Skepdoel: Brian Bouwer. Westville Boys High 27 (17) \u2013 Drie\u00eb: Shane Ball (2), Tony Mahlangu, James Wheeler. Doelskoppe: Craig Schlemmer (2). Strafdoel: Schlemmer. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Twee<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009EG Jansen 31 (10) \u2013 Drie\u00eb: Franklin Wagner (2), Hendr\u00e9 Stassen, Dylan van der Walt, David Mostert. Doelskoppe: Henry Pike (3). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Framesby 6 (6) &#8211; Strafdoele: Wayne Moss (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009HTS Middelburg 22 (10) \u2013 Drie\u00eb: Eric Basson, Lewin Bronkhorst, Brandon Par-Bailey. Doelskoppe: Par-Bailey, Ryan Cloete. Strafdoel: Basson. Glenwood 11 (8) \u2013 Drie: Marco Palvie. Strafdoele: Jerome Bossr (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Sacs 13 (3) \u2013 Drie: Ciaran Dayaram. Doelskop: Jordan Chait. Strafdoele: Chait (2). Affies 10 (7) \u2013 Drie: Christian Strydom. Doelskop: Ruan de Swardt. Strafdoel: De Swardt. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Selborne College 28 (6) \u2013 Drie\u00eb: Tristian Coetzer, Andile Koyana, Darren Lemmer. Doelskoppe: Joshua Allderman (2). Strafdoele: Allderman (3). Menlopark 20 (13) \u2013 Drie\u00eb: Wayne van der Bank, Gerald Lowe. Doelskoppe: Andell Loubser (2). Strafdoele: Loubser (2).<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">ST. JOHN\u2019S COLLEGE-PAASTOERNOOI<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Een<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Jeppe Boys High 27 (20) \u2013 Drie\u00eb: Hajivah Daymani, Bradley Robins, Cameron Burg, MJ Mbobo. Doelskoppe: Wandisile Simelane (2). Strafdoel: Simelane. St. Charles College 24 (0) \u2013 Drie\u00eb: Craig van der Merwe, Jeremy Davidson, Sibusiso Mkhize. Doelskoppe: Davidson (3). Strafdoel: Davidson. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Garsfontein 61 (28) \u2013 Drie\u00eb: Armand Roets (3), Embrose Papier (2), Carling Forwood, Shakeel Fredericks, Emilio Adonis, Wickus Opperman. Doelskoppe: Duncan Naud\u00e9 (7), Papier. Goue Leeus XV-tal 10 (0) \u2013 Drie\u00eb: Si\u00adhle Ndima, Enrico Luit. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Paul Roos Gimnasium 94 (45) \u2013 Drie\u00eb: Nico Leonard (4), Joshua Vermeulen (3), Malan Basson (2), Roelf Burger, Adrian van Niekerk, Joa Swart, Lazlo Pschorn, Damian Willemse. Doelskoppe: Joshua Vermeulen (12). Viadana (Itali\u00eb) 0 (0).<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Nelspruit 22 (7) \u2013 Drie\u00eb: Hernus Pieters, Jaco Joubert, Hannes Aucamp. Doelskoppe: Francois Esselen, Wessel Muller. Strafdoel: Muller. Hilton College 9 (3) \u2013 Strafdoele: Angus Curtis (3). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Monument 38 (12) \u2013 Drie\u00eb: Desbie Joubert (2), Ivan Smit, Thomas Meyer, Odwa Nkunjane, Reinhard Nothnagel. Doelskoppe: Xander Kruger (4). St. Benedict\u2019s College 15 (15) \u2013 Drie\u00eb: Tatendaishe Mujawo, Keegan Marengo. Doelskop: Marengo. Strafdoel: Marengo.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 52 (33) \u2013 Drie\u00eb: Jandr\u00e9 Grobler (2), Elester Becker, Jean-Luc Cilliers, Jan-Louis le Grange, Andreas van Wyk, JC van Schalkwyk, Tyreeq February. Doelskoppe: Cilliers (6). St. John\u2019s College 0 (0).<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Twee<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009St. Benedict\u2019s College 24 (3) \u2013 Drie\u00eb: <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Mosolwa Mafuma, Sean Kruger, Shingirai Hlanguyo. Doelskoppe: Keegan Marengo (2). Strafdoele: Marengo. St. Charles College 14 (7) \u2013 Drie\u00eb: Mthokozisi Sokhela, Zolile Mtshatsha. Doelskoppe: Jeremy Davidson (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Nelspruit Rhinos 28 (13) \u2013 Drie\u00eb: Eduan Engelbrecht (2), Marnus van der Merwe. Doelskoppe: Wessel Muller (2). Strafdoele: Muller (3). Garsfontein 16 (10) \u2013 Drie: Ruan Henning. Doelskop: JP Wegner. Strafdoele: Wegner (3). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Viadana (Itali\u00eb) 27 (17) \u2013 Drie\u00eb: Cosimo Michelagnoli (2), Gianpietro Ribaldi, Jacopo Abram. Doelskoppe: Allessandro Pera, Francesco Micheli. Strafdoel: Micheli. Goue Leeus XV-tal 19 (12) \u2013 Drie\u00eb: Tristan McLeod, Enrico Luit, Sazi Mtyali. Doelskoppe: Dino Gouveia (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Hilton College 27 (10) \u2013 Drie\u00eb: Darren McGhee (3), Sebastien Desvaux de Marigny, Cameron Badenhorst. Doelskop: Angus Curtis. St. John\u2019s College 5 (5) \u2013 Drie: Michael Siebert. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 25 (25) \u2013 Drie\u00eb: Salmaam Moerat, Elester Becker, Ruben de Villiers. Doelskop: Jean-Luc Cilliers. Strafdoel: Cilliers. Monument 20 (3) \u2013 Drie\u00eb: Len Massyn (2), Desbie Joubert. Doelskop: Xander Kruger. Strafdoel: Kruger. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Paul Roos Gimnasium 14 (8) \u2013 Drie: Dean van Tonder. Strafdoele: Joshua Vermeulen (3). Jeppe Boys High 5 (0) \u2013 Drie: Tyron <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Green.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">ST. STITHIANS COLLEGE-PAASTOERNOOI<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Een <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009St. Andrew\u2019s College 31 (14) \u2013 Drie\u00eb: Ross Ferguson (2), Grant Dixie, Murray Long, Matt More. Doelskoppe: Ferguson (2), Long. St. Alban\u2019s College 12 (5) \u2013 Drie\u00eb: Ruan Murison, Conrad Lamprecht. Doelskop: Luke Rosenberg. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Wynberg Boys High 24 (10) \u2013 Drie\u00eb: Chris Botha, Steve Matthew, Dominic Coetzer. Doelskoppe: Coetzer (3). Strafdoel: Coetzer. Pretoria Boys High 17 (3) \u2013 Drie\u00eb: Dean Waghorn, Duma Ngwenya. Doelskoppe: Marco Cameron (2). Strafdoel: Cameron. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Ho\u00ebrskool Windhoek 26 (21) \u2013 Drie\u00eb: Rainier Augustyn, Tristan Mouton, Armand Smit, Gerhard Stoman. Doelskoppe: Andr\u00e9 van der Berg (3). Clifton 19 (7) \u2013 Drie\u00eb: Finn Cleaver, Massimo Conversano, Bradley Herdon. Doelskoppe: Cleaver (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009St. Stithians College 36 \u2013 Drie\u00eb: Mike du Toit (2), Keegan Sullivan, Asante Nxumalo, Tristan Fichardt, Josh Nesser. Doelskoppe: Nick Duncan-Traill (3). Schoonspruit (Wes-Kaap) 5 \u2013 Drie: Jean-Claude Pietersen. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Maritzburg College 20 \u2013 Drie: Kelton Thunder. Strafdoele: Ruben van Blerk (5). Grey PE 16 \u2013 Drie: Lubabalo Dobela. Doelskop: Curwin Bosch. Strafdoele: Bosch (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Twee <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Pretoria Boys High 22 \u2013 Drie\u00eb: Reenen du Plessis, Marco Cameron, Dillon Pirie, Kyle Pratt. Doelskop: Cameron. Ho\u00ebrskool Windhoek 12 \u2013 Drie\u00eb: Rainier Augustyn, Dawid Henning. Doelskop: Andr\u00e9 van der Berg. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Maritzburg College 34 \u2013 Drie\u00eb: Kelton Thunder, Kyle Bowman, Xolisa Guma, Ruben van Blerk. Doelskop: Van Blerk. Strafdoele: Van Blerk (4). St. Alban\u2019s College 16 \u2013 Drie: Mashudu Raphunja. Doelskop: Luke Rosenburg. Strafdoele: Rosenberg (3). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Clifton 54 \u2013 Drie\u00eb: Damon de Kock (2), Dustin Torr (2), Max du Plooy, Cameron Maingard, Guy Arbuthnot. Doelskoppe: Finn Cleaver (4), Cayden Porter, Torr. Strafdoel: Cleaver. Schoonspruit 12 \u2013 Drie\u00eb: Angelo Jacobs, Ashwin van der Westhuizen. Doelskop: Kern Papier. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Ander: Michaelhouse 51, St. Stithians Col-<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">lege 3; Grey PE 31, Helpmekaar 13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KING EDWARD VII-PAASTOERNOOI<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Een <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Rondebosch Boys High 20, Durban High School 8; King Edward VII 54, Ben Vorster 12; Eldoraigne 25, HTS Dani\u00ebl Pienaar 6; Queen\u2019s College 50, Northwood 12; Kingswood College 22, Parktown Boys High 16; St. David\u2019s Marist 19, Graeme College 15; Hudson Park 53, Hentie Cilliers 10.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Twee<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Durban High School 33 (14) \u2013 Drie\u00eb: Luyanda Ndabandaba, Matthew Noot, Gert Coetzee, Ndumiso Ngcobo, Mthokozisi Ntuli. Doelskoppe: Coetzee (4). St. David\u2019s Marist 10 (10) \u2013 Drie: Thulani Motekase. Doelskop: Liam Wrightson. Strafdoel: Wrightson. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Eldoraigne 10 (3) \u2013 Drie: Willie Otto. Doelskop: Tristan van Schalkwyk. Strafdoel: Armand de Beer. Ben Vorster 7 (0) \u2013 Drie: Ruben Ragoalane. Doelskop: Danny Mokhobaene. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Kingswood College 28 (10) \u2013 Drie\u00eb: Athenkosi Halom (2), Ezra Mager. Doelskoppe: Garrick Mattheus (2). Strafdoele: Mattheus (2). Hentie Cilliers 26 (7) \u2013 Drie\u00eb: Michael Kitching (2), Gift Dlamini, Dominic Smit. Doelskoppe: Smit (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Northwood 12 (7) \u2013 Drie\u00eb: Nthuthuko Mthembu, Jadon Stevens. Doelskop: Lars van der Meijden. HTS Dani\u00ebl Pienaar 7 (0) \u2013 Drie: Luciano Grootboom. Doelskop: Shevaan Hendriks. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Graeme College 15 (7) \u2013 Drie\u00eb: Luyolo Tshongweni, Simbulele Sizani. Doelskop: Ethan September. Strafdoel: September. Hudson Park 10 (0) \u2013 Drie\u00eb: Mbasa Magaumela (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Queen\u2019s College 26 (21) \u2013 Drie\u00eb: Pumelele Daweti (2), Raegan Oranje, Juan du Randt. Strafdoele: Albre Wagener (2). Parktown Boys High 15 (10). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">King Edward VII 10 (0) \u2013 Drie: Lwazi Monakali. Doelskop: Ryan Theron. Strafdoel: Theron. Rondebosch Boys High 10 (0) \u2013 Drie: Amani Minani. Doelskop: Nicholas Potgieter. Strafdoel: Potgieter.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KRUGERSDORP HIGH-PAASTOERNOOI<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Eerste dag: Ho\u00ebrskool Roodepoort 56, CBC Boksburg 0; Monument Kwaggas 31, Ligbron Akademie 12; St. Georges 53, Pretoria Boys High XV-tal 5; Waterkloof 34, Linden 15; <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Krugersdorp High 19, Jabulani 17. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Tweede dag: Jabulani 18, CBC Boksburg 15; Linden 24, Monument Kwaggas 14; Ligbron Akademie 22, Pretoria Boys High XV-tal 0; Waterkloof 50, St. Georges 10; Ho\u00ebrskool Roodepoort 29, Krugersdorp High 18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HO\u00cbR LANDBOUSKOOL OAKDALE-WEEK <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Een <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Potchefstroom Gimnasium 34 (15) \u2013 Drie\u00eb: Gerhard Steenekamp (3), Gideon Botha (2). Doelskoppe: Casper Dreyer (2), PC le Roux. Strafdoel: Le Roux. Langenhoven Gimnasium 10 (3) \u2013 Drie: Louis Nel. Doelskop: Winfrey Stoffels. Strafdoel: Stoffels. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Voortrekker (Bethlehem) 10 (7) \u2013 Drie: Pieter van Zyl. Doelskop: Anthony Carpentiero. Strafdoel: Carpentiero. Centurion 7 (7) \u2013 Drie: Immanuel Boshoff. Doelskop: Esje Esterhuyse. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Marlow Landbou 23 (8) \u2013 Drie\u00eb: Renier Pretorius, Herman du Plessis, NJ Oosthuizen. Doelskop: Gerhard Potgieter. Strafdoele: Potgieter (2). Kempton Park 10 (10) \u2013 Drie\u00eb: Thinus Grundlingh (2). <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dag Twee<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Potchefstroom Gimnasium 24 (14) \u2013 Drie\u00eb: Marchel Burger, Jacques Jacobs, Heinrich Siepker. Doelskoppe: Casper Dreyer (3). Strafdoel: Dreyer. Diamantveld 20 (20) \u2013 Drie\u00eb: Etdeon Greyvenstein (2), Janco Cloete. Doelskop: Gerco Nortj\u00e9. Strafdoel: Nortj\u00e9. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Kempton Park 18 (0) \u2013 Drie\u00eb: Thinus Grundlingh, Jason Pretorius. Doelskop: Francois Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2). Sentraal 12 (0) \u2013 Drie\u00eb: Timmy Robertson, Hennie Terre-Blanch\u00e9. Doelskop: EP Nel. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Brandwag (Uitenhage) 23 (8) \u2013 Drie\u00eb: Levert Pieterse (2), Henco Pieterse. Doelskop: Malan Olivier. Strafdoele: Olivier (2). Centurion 21 (8) \u2013 Drie\u00eb: Carel Wijburg, Stephan Magro, Hannes van Dyk. Strafdoele: Gavin Pienaar (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">PUKKE SKOUSPEL <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Noord-Kaap 43 (17) \u2013 Drie\u00eb: Cameron Hufke (2), Gerhard Holtzhausen (2), Howard Lottering, Gladwin Nieuwenhuysen, Zayne Farmer. Doelskoppe: Hufke (4). Transvalia 13 (6) \u2013 Drie: Pleij van der Broek. Doelskop: Wernich Human. Strafdoele: Human (2).<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Kearsney College 41 (17) \u2013 Drie\u00eb: Sebas\u00adtian Pau, James Tedder, Cian Waugh, Joshua van Vuuren, Matthew Watts. Doelskoppe: Tedder (2), Cameron Ritchie (2), Cullen Waberski. Strafdoel: Tedder, Waberski. Ho\u00ebrskool Klerksdorp 10 (0) \u2013 Drie\u00eb: PJ Ellis, Edmund Rheeder.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Potchefstroom Gimnasium 60 (29) \u2013 Drie\u00eb: Marco van den Berg (2), Damon Jaswyn (2), Otto van der Westhuizen, Gideon Botha, Gerhard Steenekamp, Casper Dreyer, Heinrich Siepker. Doelskoppe: Dreyer (6). Strafdoel: Dreyer. Florida 13 (8) \u2013 Drie\u00eb: Waldo Bochnik, Andr\u00e9 van Zyl. Strafdoel: Andr\u00e9 Bezuidenhout.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009Ho\u00ebrskool Rustenburg 43 (31) \u2013 Drie\u00eb: Danie Aucamp (2), Jandr\u00e9 Joubert (2), Christo-pher Coetzee, Gerhard Fourie, Johan van Niekerk. Doelskoppe: Johan Roos (5). Framesby 34 (22) \u2013 Drie\u00eb: Andr\u00e9 Lategan, Roelof Roodt, Jurgens Viljoen, Bernard McDonald, Dylan Olivier, Riaan van Rensburg. Doelskop: <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Wayne Moss (2).<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">)\u2009HTS Drostdy 16 (13) \u2013 Drie\u00eb: SJ Wessels. Doelskop: Earl Dowrie. Strafdoele: Dowrie (3). Waterkloof 12 (12) \u2013 Drie: Stedman Gans, Dylan Robinson. Doelskop: Quintin Bayards.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">PAARL GIMNASIUM-WEEK (o.16) <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Eerste dag: Potch Gimnasium 35, Tygerberg 20; Michaelhouse 16, Framesby 13; Stellenberg 54, Diamantveld 5; SACS 53, Sentraal 0; Kempton Park 17, Brackenfell 15; Marlow Landbou 53, Muir College 5; Centurion 29, Porterville 19; Paarl Gimnasium 50, Transvalia 6; Monument 29, Oakdale Landbou 6; Affies 19, Outeniqua 6; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 43, Garsfontein 0; Paul Roos Gimnasium 22, Waterkloof 15; Grey College 57, EG Jansen 0; Menlopark 37, Bellville 6. Tweede dag: EG Jansen 59, Tygerberg 5; Outeniqua 21, Menlopark 3; Stellenberg 64, Potch Gimnasium 5; Kempton Park 40, Muir College 7; Brackenfell 29, Marlow Landbou 21; SACS 24, Centurion 14; Framesby 19, Porterville 10; Bellville 22, Michaelhouse 15; Diamantveld 33, Sentraal 5; Grey College 55, Garsfontein 0; Monument 20, Paul Roos Gimnasium 19; Ho\u00ebr Jongen-skool Paarl 22, Affies 3; Oakdale Landbou 31, Transvalia 7; Paarl Gimnasium 12, Waterkloof 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">o.14 \u2013 Eerste dag: Transvalia 19, Bellville 12; Stellenberg 15, Uitnodigingspan 12; Paarl Gimnasium 63, Sentraal 0; SACS 20, Framesby 12; Oakdale Landbou 19, Kempton Park 5. Tweede dag: SACS 78, Sentraal 0; Paarl Gimnasium 34, Kempton Park 0; Framesby 49, Stellenberg 0; Transvalia 36, Oakdale Landbou 17; Bellville 10, Uitnodigingspan 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">FRANCOIS SWART WEEK (o.15) <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Eerste dag: King Edward VII 21, Kempton Park 12; Linden 20, Pretoria Boys High 12; Monument 41, Zwartkop 7; Frikkie Meyer 17, Parktown Boys High 7; Jeppe Boys High 16, Nelspruit 10; Maritzburg College 19 Helpmekaar 19; Affies 55, EG Jansen 3; Ho\u00ebrskool Windhoek 25, Waterkloof 14. Tweede dag: Waterkloof 20, Zwartkop 11; Jeppe Boys High 38, EG Jansen 3; Maritzburg College 33, Parktown Boys High 12; Kempton Park 19, Helpmekaar 12; Ho\u00ebrskool Windhoek 28, King <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Edward VII 15; Monument 22, Linden 0; Frikkie Meyer 42, Pretoria Boys High 21; Affies 38, Nelspruit 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KWAGGA WEEK (OUTENIQUA, o.14)<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Eerste dag: Selborne College 67, Westville Boys High 5; Paul Roos Gimnasium 17, Menlopark 10; Grey College 45, Garsfontein 5; <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 29, Affies 15; Jeugland 43, Oudtshoorn 0; Outeniqua 59, Waterkloof 10; Boland Landbou 47, Eldoraigne 12; Brandwag (Uitenhage) 17, Diamantveld 0; Durbanville 21, Windhoek Gimnasium 17; Stellenberg 76, Centurion 3; Outeniqua XV-tal 79, Parel Vallei 0. Tweede dag: Ho\u00ebrskool Windhoek 10, Bellville 7; Menlopark 12, Brandwag (Uitenhage) 0; Paul Roos Gimna-sium 19, Affies 17; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 10, Selborne College 5; Outeniqua 50, Boland Landbou 0; Grey College 24, Stellenberg 0; Westville Boys High 51, Parel Vallei 0; Centurion 17, Oudtshoorn 3; Eldoraigne 16, Outeniqua XV-tal 10; Garsfontein 31, Diamantveld 0; Waterkloof 32, Windhoek Gimnasium 7; Durbanville 19, Jeugland 12.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die krag van Suid-Afrikaanse skolerugby l\u00ea vanjaar duidelik in die Wes-Kaap. Die Kaapse spanne het op veral St. John\u2019s College in Johannesburg en Kearsney College in Durban se onderskeie Paastoernooie hul stemme behoorlik dik gemaak. Paul Roos-Gimnasium van Stellenbosch en die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl sal albei m\u00f4re se laaste dag in die Goudstad onoorwonne betree. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6480","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6480","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6480"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6480\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6480"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6480"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6480"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}