{"id":6516,"date":"2015-04-10T06:35:39","date_gmt":"2015-04-10T06:35:39","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/skolerugby-kry-toernooi-wat-nie-kwotas-het\/"},"modified":"2015-04-10T06:35:39","modified_gmt":"2015-04-10T06:35:39","slug":"skolerugby-kry-toernooi-wat-nie-kwotas-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6516","title":{"rendered":"Skolerugby kry toernooi wat nie kwotas het"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6515\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/PrestigeJeugSport.jpg\" width=\"242\" height=\"221\" alt=\"PrestigeJeugSport\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>\u2019n Nuwe organisasie wat sport op skoolvlak wil bevorder, gaan \u2019n rugbytoernooi \u00acre\u00ebl wat nie op enige kwotastelsel berus nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Prestige Jeugsport (PJS) beoog om verskillende toernooie vir talle hoofstroom-sportsoorte te organiseer.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Volgens PJS wil hy aan die jong sportlui \u2019n \u201cgeleentheid bied om ongeag hul kleur, ras, taal of geloof aan nasionale toernooie deel te neem\u201d. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die rugbytoernooi moet veral \u2019n geleentheid aan spelers bied wat meen die Cravenweek se teiken-stelsel kom hulle te na, maar wat ook nie aan die Bokkie-week wil deelneem nie weens sy politieke konnotasies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">SA Rugby en die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) het kwotas vir die nasionale rugbyweke afgestel, maar volgens hul strategiese transformasieplan is daar teikens wat steeds gehaal moet word.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die helfte van die SA-skolespan moes verlede jaar byvoorbeeld uit spelers van kleur bestaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Dries van Heerden, voorsitter van PJS, het ges\u00ea hy het di\u00e9 idee vir \u2019n \u201cmerietetoernooi\u201d gekry nadat \u2019n swart seun hom gevra het hoekom hy nie Bokkie-week toe kan gaan nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Bokkie-week word deur Afrikaner Volkseie Sport (AVS) georganiseer en is slegs vir wit deelnemers. Verskeie spelers wat al daar in aksie was, het daarna hul unies se Cravenweek-spanne gehaal en party selfs die Suid-Afrikaanse Skole-span. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">PJS gaan toernooie vir rugby, netbal, hokkie, gholf, atletiek en krieket aanbied. Dit sal almal as Rhino-weke bekend staan en PJS sal jaarliks aan die Red die Renoster-veldtog geld skenk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die vereniging wil in samewerking met die nasionale sportliggame, veral op skoolvlak, blootstelling aan di\u00e9 sportsoorte gee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die eerste toernooi vir rugby word van 12 tot 16 Julie in Vanderbijlpark aangebied. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, het verlede jaar in \u2019n e-pos aan Van Heerden ges\u00ea sy organisasie steun die planne vir s\u00f3 \u2019n toernooi, maar sal sy volle steun tot n\u00e1 die eerste toernooi voorbehou sodat die vlak van integrasie eers beoordeel kan word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Van Heerden was van 1998 tot 2004 voorsitter van die SASRV.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die organiseerder van PJS se netbaltoernooi is Di Woolley, voorsitter van Suid-Afrikaanse Skole-netbal, en di\u00e9 van die kriekettoernooi Albert Morkel, pa van die Proteas Morn\u00e9 en Albie Morkel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Wimpie Lodewyk, wat die atletiek sal organiseer, dien in Suid-Afrikaanse Skole-atletiek se bestuur en is verantwoordelik vir die ontwikkeling van afrigters.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Nuwe organisasie wat sport op skoolvlak wil bevorder, gaan \u2019n rugbytoernooi \u00acre\u00ebl wat nie op enige kwotastelsel berus nie. Prestige Jeugsport (PJS) beoog om verskillende toernooie vir talle hoofstroom-sportsoorte te organiseer.Volgens PJS wil hy aan die jong sportlui \u2019n \u201cgeleentheid bied om ongeag hul kleur, ras, taal of geloof aan nasionale toernooie deel te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6515,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6516","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6516","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6516"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6516\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6515"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6516"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6516"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6516"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}