{"id":6540,"date":"2015-04-26T11:00:17","date_gmt":"2015-04-26T11:00:17","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/pure-adonis\/"},"modified":"2015-04-26T11:00:17","modified_gmt":"2015-04-26T11:00:17","slug":"pure-adonis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6540","title":{"rendered":"Pure Adonis"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6539\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/NuusG_Oakdale.jpg\" width=\"448\" height=\"287\" alt=\"NuusG Oakdale\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/NuusG_Oakdale.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/NuusG_Oakdale-300x192.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 448px) 100vw, 448px\" \/>Kimberley. \u2013 Die rugbyspan van Oakdale-Landbou net buite Riversdal het vanjaar \u2019n bulspan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het in die beste wedstryd op die eerste dag van die jaarlikse Wildeklawer-toernooi die gasheer, Diamantveld, met 26-13 getroef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel dit nooit gelyk het of die besoekers die wedstryd sou verloor nie, vlei die telling hom tog ietwat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Twee verdoelde drie\u00eb deur onderskeidelik die heelagter Darren Adonis en die vleuel Nicolus van Eeden het die telling aan die einde gerek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voor Adonis deur die verdediging geglip het, het Diamonds, danksy \u2019n doelskop uit die hoekie deur sy losskakel, Gerco Nortj\u00e9, die eerste keer die voortou met 13-12 in die wedstryd geneem. Die tuisspan se agtsteman, Johan Joubert, het vanaf \u2019n lynstaan-rolmaalbeweging vir sy span se enigste drie oorgeval.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Adonis was deurgaans \u2019n doring in Diamantveld se vlees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het \u2019n hele paar keer die tuisspan se verdediging met vinnige voetwerk geklop. Die losskakel, Boeta Hamman, het ook goeie spel agterlangs gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die slot Adr\u00e9 Smith en die haker, HP van Schoor, blink vertonings opgedis. Diamonds se kaptein en kantman, Janco Cloete, was oudergewoonte woelig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Grey-kollege van Bloemfontein se heelagter, Dian Gouws, se vaart was sy span se gevaarlikste aanvalswapen teen Waterkloof. Grey-kollege het met 29-3 as oorwinnaars van die veld gestap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klofies het in die eerste helfte goeie rekenskap van hulself gegee, maar Grey het amper elke fout wat hulle begaan het uitgebuit deur punte op die telbord te plaas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se skakelpaar, Rewan Kruger en Mario Vieira, het met goeie aangeewerk toegesien dat hul span die hele tyd \u2019n ho\u00eb tempo handhaaf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl moes bietjie harder werk as wat verwag is vir sy sege van 26-7 oor Louis Botha.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Bloemfontein het nooit gaan l\u00ea nie en deurgaans opwindende rugby gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Afrikaans Ho\u00ebr van Pretoria kon sy kragmeting met die Wildeklawer XV-tal veel verder as die eindtelling van 50-0 gewen het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Jakarandastad sal egter steeds meer as tevrede met di\u00e9 oorwinning wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Elke speler in die span se agterhoede het \u2019n draai agter die doellyn gemaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wildeklawer-span bestaan uit spelers van Grey-kollege, Jim Fouch\u00e9 en Landboudal van Jacobsdal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Paarl-Gimnasium het gesukkel om deurkomkans te kry teen HTS Middelburg, maar het steeds maklik met 21-3 koning gekraai.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het die meeste gebiedsvoordeel geniet, maar kon dit nie altyd in punte omskep nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se groot-vleuel Max Thalwitzer gaan vanjaar nog aan heelparty spanne se verdediging probleme besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Benewens die feit dat hy \u2019n groot seun is, het hy ook hope vaart.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009\u2019n Drie deur die versoolde flank, MJ Pelser, kort voor die einde het aan Monument die geleentheid gegun om sy kragmeting met Boland- Landbou met 22-20 te wen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se losskakel, Xander Kruger, het di\u00e9 drie vervyf om die sege te beklink.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Meesterskuif deur die span se afrigter, Hans Coetzee \u2013 om Pelser van die kant van die skrum na die middelveld te skuif \u2013 het ook die span se probleme agterlangs opgelos om oor die voordeellyn te kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se heelagter, Ivan Smit, het met sy dartellopies be\u00efndruk. Boland-Landbou se skrumskakel, Jondr\u00e9 Williams, het vir sy span uitgeblink.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<p>EG Jansen van Boksburg het geen genade aan Glenwood van Durban betoon nie op die eerste dag van die Wildeklawer-toernooi in die Diamantstad.<\/p>\n<p>Die Boksburgers het Glenwood met 33-3 gekarnuffel. Die wenspan se kaptein en slot, Hendr\u00e9 Stassen, was soos gewoonlik aan die voorpunt van sy span se sege. Hy het twee keer die span van Durban se doellyn oorgesteek.<\/p>\n<p>As die span Maandag s\u00f3 omgekrap vir sy wedstryd teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl opdaag, beloof di\u00e9 kragmeting om een van die hoogtepunte van die toernooi te wees.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Noord-Kaap se vleuel, Cameron Hufke, het 30 punte in sy span se sege van 40-34 oor Menlopark aangeteken.<\/p>\n<p>Hy het die derde van sy drie\u00eb reeds in die eerste helfte \u2013 en sy vierde laat in die wedstryd \u2013 gedruk. Hy het ook met vyf doelskoppe geslaag.<\/p>\n<p>Menlopark se Suid-Afrikaanse skolespeler, Andell Loubser, was self warm in die skouspelagtigste wedstryd van die dag.<\/p>\n<p>Menlopark se senterpaar, Wayne van der Bank en Stean Pienaar, was ook gevaarlik op die aanval.<\/p>\n<p>Northerns se agtsteman, Gerhard Holtzhausen, het met die bal in die hand heelwat veld vir sy span gewen.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Die skopskoen van Manie Libbok het Outeniqua gehelp om Selborne College met 24-22 uit te oorl\u00ea.<\/p>\n<p>Die laaste van sy vier strafdoele het die sege vir die Kwaggas van George beklink.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Jeppe Boys\u2019 High het op sy rugbyfees ter viering van sy 125ste bestaansjaar Maritzburg College in die doodsnikke, danksy \u2019n drie deur sy agtsteman, Hacjivah Dayimani, met 21-20 uitgestof.<\/p>\n<p><\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kimberley. \u2013 Die rugbyspan van Oakdale-Landbou net buite Riversdal het vanjaar \u2019n bulspan. Hy het in die beste wedstryd op die eerste dag van die jaarlikse Wildeklawer-toernooi die gasheer, Diamantveld, met 26-13 getroef. Hoewel dit nooit gelyk het of die besoekers die wedstryd sou verloor nie, vlei die telling hom tog ietwat. Twee verdoelde drie\u00eb [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6539,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6540","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6540\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6539"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}