{"id":6548,"date":"2015-05-03T05:59:48","date_gmt":"2015-05-03T05:59:48","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/boishaai-maak-geskiedenis-in-bloemfontein\/"},"modified":"2015-05-03T05:59:48","modified_gmt":"2015-05-03T05:59:48","slug":"boishaai-maak-geskiedenis-in-bloemfontein","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6548","title":{"rendered":"Boishaai maak geskiedenis in Bloemfontein"},"content":{"rendered":"<p><p>Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se eerste span het gister die eerste keer sedert die ontstaan van die interskole in 1993, Grey-kollege in Bloemfontein verslaan.<\/p>\n<p>Boishaai het met 21-19 in die Rosestad gese\u00ebvier.<\/p>\n<p>\u00c1l drie die Kapenaars se seges teen Grey sedert 1993 \u2013 met 16-9 in 1996, 17-10 (2000) en 28-18 (2012) \u2013 is op hul tuisveld behaal. Boishaai het wel in 2011 (15-15) en in 1993 (0-0) na aan \u2019n sege in die Rosestad gedraai.<\/p>\n<p>Gister se nederlaag was Grey se tweede van die week, nadat hy Maandag \u2013 op die laaste dag van die Wildeklawer-toernooi in Kimberley \u2013 met 7-17 teen Monument van Krugersdorp vasgeval het. Dit was Monnnas se eerste sege oor Grey sedert 1996.<\/p>\n<p>Dit is ook die eerste keer sedert 2006 dat Grey twee keer agtereenvolgens op die rugbyveld slae kry.<\/p>\n<p>Destyds was dit die einste afrigter van Boishaai, Sean Erasmus, wat Glenwood tot \u2019n sege van 14-10 oor die Bloemfonteiners gebrei het. Grey het in die kragmeting daarna met 16-11 op sy tuisveld teen Paul Roos vasgeval.<\/p>\n<p>Die inklimspel van die slot Salmaan Moerat en heelagter Jean-Luc Cilliers se akkurate stelskopwerk was gister die vernaamste redes vir die Paarliete se sege.<\/p>\n<p>Moerat het saam met sy slotmaat, Ruben de Villiers, in die lynstane hoofbrekens aan die tuisspan besorg. Grey het baie van sy besit in di\u00e9 faset verloor. Met die rustyd was daar nog weinig tussen die spanne te kies. Grey was toe met 9-5 voor.<\/p>\n<p>Cilliers het egter vroeg in die tweede helfte twee strafdoele behaal om sy span die eerste keer in die wedstryd \u2013 met 14-9 \u2013 te laat voorloop.<\/p>\n<p>\u2019n Drie deur die plaasvervanger-skrumskakel van Grey, Rewan Kruger, het sake weer gelyk laat trek. <br \/>Boishaai se senter Manuel Ras het daarna die wendrie gaan druk. Ras se oom is die gewese Bok-skrumskakel Ricky Januarie.<\/p>\n<p>Grey se plaasvervanger-haker, Matthew Wessels, het daarna gedruk, maar die vleuel Dawid Snyman kon nie di\u00e9 drie verdoel om sake gelykop te maak nie.<\/p>\n<p>Outeniqua se losskakel, Manie Libbok, was aan die voorpunt van sy span se sege van 30-14 oor HTS Drostdy. <br \/>Die Kwaggas van George se losskakel het 15 van sy span se punte (drie doelskoppe en drie strafdoele) aangeteken.<\/p>\n<p>Selborne College van Oos-Londen was oortuigend met 25-9 teen Queen\u2019s College baas. Brandwag van Uitenhage het Union High met 62-20 verras, terwyl St. Andrew\u2019s College van Grahamstad vir Pearson met 34-22 verslaan het.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se eerste span het gister die eerste keer sedert die ontstaan van die interskole in 1993, Grey-kollege in Bloemfontein verslaan. Boishaai het met 21-19 in die Rosestad gese\u00ebvier. \u00c1l drie die Kapenaars se seges teen Grey sedert 1993 \u2013 met 16-9 in 1996, 17-10 (2000) en 28-18 (2012) \u2013 is op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6548","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6548","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6548"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6548\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6548"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6548"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6548"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}