{"id":65496,"date":"2025-02-25T15:31:02","date_gmt":"2025-02-25T13:31:02","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=65496"},"modified":"2025-02-25T15:31:02","modified_gmt":"2025-02-25T13:31:02","slug":"kempies-terug-in-a-afdeling-vir-eerste-keer-in-25-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=65496","title":{"rendered":"Kempies terug in A-afdeling vir eerste keer in 25 jaar"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_65613\" aria-describedby=\"caption-attachment-65613\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-65613 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/Kempies-Promosie--400x300.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"300\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-65613\" class=\"wp-caption-text\">Ho\u00ebrskool Kempton Park se eerste span na sy sege met ses paaltjies oor Ho\u00ebrskool Nelspruit in die promosie-relegasie-stryd vir die Finsbury-reeks se A-afdeling. FOTO: Verskaf deur Ho\u00ebrskool Kempton Park.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit het 25 jaar geneem, maar die Kempies is uiteindelik terug in die A-afdeling van die <strong>Finsbury-reeks<\/strong>.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong> moes Saterdag, 22 Februarie, na Nelspruit reis waar hy in vanjaar se promosie-relegasie-wedstryd teen <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> te staan gekom het.<\/p>\n<p>Dit was &#8216;n groot dag vir die besoekers aangesien dit &#8216;n kans bied om vir die eerste keer in &#8216;n kwarteeu weer in di\u00e9 afdeling, saam met groot honde soos Ho\u00ebrskool Waterkloof, Die Ho\u00ebrskool Menlopark en Potchefstroom Volkskool, te blaf.<\/p>\n<p><strong>Sheldon Kruger<\/strong> en die res van die Kempie-kolwers het inderdaad di\u00e9 mylpaal vir hul span behaal. Kruger, voorbok met die wilgerlat, het eenvoudig verseg om sy paaltjie af te staan, \u00e1l het die Nellies se boulers hoe hard probeer.<\/p>\n<p>Die tuisspan het eerste gekolf en vir die besoekers &#8216;n teiken van 188 gestel.<\/p>\n<p><strong>Luan Siebrits<\/strong> was die Nellies se beste kolwer, met 36 lopies, en is ywerig bygestaan deur <strong>Waldemaar Graham<\/strong> (27) en <strong>John Duncan<\/strong> (25), maar nie een van die drietal het &#8216;n antwoord gehad op die vernietigende boulwerk van <strong>Kristian du Plessis<\/strong> (4\/23) en <strong>Francois Maree<\/strong> (4\/33) nie.<\/p>\n<p>Kruger het op sy beurt dit na &#8216;n totaal ander kolfblad laat lyk. Die toporde-kolwer van Kempton het sy beurt tydsaam gestruktureer, teen net minder as &#8216;n lopie per bal gekolf en was sy span se anker met &#8216;n onoorwonne 77 lopies.<strong> Henr\u00e9 van Deventer<\/strong> (40) en kaptein, <strong>Marko Richter<\/strong> (21), het verder bygedra om die besoekers tot &#8216;n gemaklike oorwinning met ses paaltjies te lei.<\/p>\n<p>&#8220;Dit was regtig nie maklik gewees nie, omdat die eerste span en o. 15&#8217;s se punte saam tel, maar ek is ongelooflik trots op albei groepe vanjaar,&#8221; het Kempies se hoofafrigter, <strong>Johan Fourie<\/strong>, ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Nou begin die harde werk om daar te bly en moontlik die A-afdeling te wen.&#8221;<\/p>\n<p>Die Kempies behoort &#8216;n groot gros van hul spelers uit vanjaar se groep vir die 2026-seisoen te behou. Nie minder nie as ses, insluitende die blitsige Kristian du Plessis en indrukwekkende Wian Pieters, sal volgende jaar weer hul spykerskoene vir die span van Kempton Park aantrek.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaart:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 187<\/strong> (Luan Siebrits 36, Waldemar Graham 27, John Duncan 25; Kristian du Plessis 4\/23, Francois Maree 4\/33); <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park 188\/4<\/strong> (Sheldon Kruger 77*, Henr\u00e9 van Deventer 40, Marko Richter 21, Safwaan Miller 2\/46). <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park wen met ses paaltjies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het 25 jaar geneem, maar die Kempies is uiteindelik terug in die A-afdeling van die Finsbury-reeks. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Ho\u00ebrskool Kempton Park moes Saterdag, 22 Februarie, na Nelspruit reis waar hy in vanjaar se promosie-relegasie-wedstryd teen Ho\u00ebrskool Nelspruit te staan gekom het. Dit was &#8216;n groot dag vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":65613,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-65496","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/65496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=65496"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/65496\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/65613"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=65496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=65496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=65496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}