{"id":6556,"date":"2015-05-09T05:56:21","date_gmt":"2015-05-09T05:56:21","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jf-wil-wendroogte-teen-marlow-landbou-verbreek\/"},"modified":"2015-05-09T05:56:21","modified_gmt":"2015-05-09T05:56:21","slug":"jf-wil-wendroogte-teen-marlow-landbou-verbreek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6556","title":{"rendered":"JF wil wendroogte teen Marlow Landbou verbreek"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9 sal vandag vir so bietjie Shimla-magic hoop wanneer hy Marlow Landbou in hul jaarlikse interskole in Bloemfontein pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Rosestad word deur die Shimlas se kaptein en heelagter, AJ Coertzen, en di\u00e9 span se tegniese raadgewer, Andr\u00e9 Tredoux, gebrei. Die Shimlas is vroe\u00ebr vanjaar die eerste keer as Varsitybeker-kampioen gekroon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wolramme van net buite Cradock sal in die 16de interskole tussen di\u00e9 twee skole probeer om die derde agtereenvolgende jaar met die louere weg te stap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Marlow het in 2013 vir slegs die tweede keer in die geskiedenis daarin geslaag om JF op sy tuisveld te troef toe hy naelskraap met 22-21 baas was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verlede jaar was die Wolramme met 27-23 in Cradock bo.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Bloemfontein sal dus die wendroogte teen die besoekers wil verbreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sentraal het vroe\u00ebr die seisoen teen Marlow met 14-12 die knie gebuig. Die Tralies het met hul sege van 41-34 oor Louis Botha hulself as die vroe\u00eb gunstelinge in die Vrystaatse A1-liga gevestig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bloktruie sal vandag teen Fichardtpark egter nie te oorgerus op die veld kan draf nie. Fichies sal Sentraal se heelagter, SJ Fourie, en agtsteman, Kobus Lombaard, fyn moet dophou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Vrystaatse B1-liga sal Sand du Plessis die moeilike taak h\u00ea om na Zastron te reis. Sannies is een van die vroe\u00eb gunstelinge, maar dit is nooit maklik om \u2019n sege in Zastron teen die tuisspan te gaan behaal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandfort kom in nog \u2019n belangrike stryd van di\u00e9 liga teen President Steyn op die Ho\u00ebr Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg se sportdag te staan.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9 sal vandag vir so bietjie Shimla-magic hoop wanneer hy Marlow Landbou in hul jaarlikse interskole in Bloemfontein pak. Die span van die Rosestad word deur die Shimlas se kaptein en heelagter, AJ Coertzen, en di\u00e9 span se tegniese raadgewer, Andr\u00e9 Tredoux, gebrei. Die Shimlas is vroe\u00ebr vanjaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6556","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6556","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6556"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6556\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6556"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6556"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6556"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}