{"id":6610,"date":"2015-05-25T07:17:06","date_gmt":"2015-05-25T07:17:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gimmies-en-gouties-behaal-goeie-seges\/"},"modified":"2015-05-25T07:17:06","modified_gmt":"2015-05-25T07:17:06","slug":"gimmies-en-gouties-behaal-goeie-seges","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6610","title":{"rendered":"Gimmies en Gouties behaal belangrike seges"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom-Gimnasium is die enigste onoorwonne span in die Griffon-liga oor en Goudveld-Ho\u00ebrskool het met \u2018n naelskraapse sege van 23-22 oor Witteberg van Bethlehem homself ook as een van die vroe\u00eb aanspraakmakers gevestig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het self gesweet om vir die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad met 23-22 te uitoorl\u00ea. Die wenspan het met die omdraaislag \u2018n goeie voorsprong van 17-7 geniet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool se skrumskakel, Duncan Horak, was uitmuntend. Hy het die oond seepglad skoongemaak en ook met sy breekslae vir Gimmies problem besorg. Hy is vir sy goeie spel met twee drie\u00eb beloon. Hy het ook op die verdediging \u2018n belangrike rol in sy span se vertoning vertolk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die slotpaar, Ettienne O\u2019Donovan en Michiel Bosman, saam met die agtsteman, Johan Steyn, goeie spel gelewer. Steyn het \u2018n hele paar goeie lopies met die bal onder die arm ingekry. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gouties het Witteberg sy tweede nederlaag van die liga in Bethlehem. Dit was ook die span van Bethlehem se tweede nederlaag op sy tuisveld in vanjaar se Griffon-liga. Vanjaar is gewis die Welkomse skole se sterkte aanslag op die titel as kampioen in \u2018n aantal jare. HTS Welkom was in 1998 die laaste span van Welkom wat die titel kon verower. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Hentie Cilliers se afrigter, Andries Kruger, sou \u2018n paar spanningsvolle oomblikke in sy span se sege van 33-13 oor HTS Welkom beleef het. Die Tekkies was met nog 20 minute se spel oor in die wedstryd met 13-12 voor. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boonop het HTS se Griffon Cravenweek-senter van verlede jaar, Siya Ngxesha, vanuit sy eie kwartgebied weggebreek, maar is deur Henties se flank, Gift Dlamini, net kort van die doellyn ingehaal en platgetrek. Indien Ngxesha hier gaan druk het sou die skrif aan die muur vir die span van Virginia gewees het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Henties se puik losskakel, Dominic Smit, het vier keer die doellyn oorgesteek en ook met vier doelskoppe geslaag vir \u2018n persoonlike bydrae van 28 punte. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voortrekker van Bethlehem het goeie spel in die eerste helfte gelewer om Ho\u00ebrskool Kroonstad met 26-8 te verslaan. Die wenspan het reeds met lemoentyd \u2018n voorsprong van 26-3 opgebou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se buitesenter, Donovan Bouwer, was een van sy span se sterre gewees. Hy het ook twee keer die doellyn oorgesteek. Die linkervleuel, JJ Lombaard, het ook \u2018n hele paar goeie lopies ingekry. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs kan die stut Pieter Kleynhans en haker, Tiaan van Zyl, maar vandag ook breebors rondloop. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Vir Blouskool het sy twee slotte, Jaco van Oudtshoorn en Johan la Grange, soos gewoontlik onder die staatmakers getel. Die flanke, Jan-Louis du Plessis en Hendr\u00e9 Bolton, het ook goeie spel opgedis. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs verdien die vleuel TP Kleinhans en binnesenter, Mervin Touzel, elk \u2018n klop op die skouer.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Welkom-Gimnasium 23 (17) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Danie Hendricks, Ezrick Alexander. Doelskoppe: Luan James (2). Strafdoele: James (3). <strong>AHS Kroonstad 22 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Duncan Horak (2), Louis Steyn. Doelskoppe: Corn\u00e9 Cooper (2). Strafdoel: Franco Froneman.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Witteberg 22 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Cronj\u00e9 Meiring, Dean Bubb, Jason Roux. Doelskoppe: Tiaan Schoonraad (2). Strafdoel: Schoonraad. <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool 23<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Voortrekker 26 (26) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Donovan Bouwer (2), Bertus Kleynhans, Etienne Becker. Doelskoppe: Becker (3). <strong>Ho\u00ebrskool Kroonstad 8 (3) \u2013<\/strong> Drie: Lenku Oosthuizen. Strafdoel: Henro de Vos.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Hentie Cilliers 33 (12) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Domenic Smit (4), Gift Dlamini. Doelskoppe: Smit (4). <strong>HTS Welkom 13 (8)<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Welkom-Gimnasium is die enigste onoorwonne span in die Griffon-liga oor en Goudveld-Ho\u00ebrskool het met \u2018n naelskraapse sege van 23-22 oor Witteberg van Bethlehem homself ook as een van die vroe\u00eb aanspraakmakers gevestig. Gimmies het self gesweet om vir die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad met 23-22 te uitoorl\u00ea. Die wenspan het met die omdraaislag \u2018n goeie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6610","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6610","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6610"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6610\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6610"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6610"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6610"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}