{"id":6623,"date":"2015-06-06T07:50:45","date_gmt":"2015-06-06T07:50:45","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/griffons-kies-voorlopige-span-vir-stellenbosch\/"},"modified":"2015-06-06T07:50:45","modified_gmt":"2015-06-06T07:50:45","slug":"griffons-kies-voorlopige-span-vir-stellenbosch","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6623","title":{"rendered":"Griffons kies voorlopige span vir Stellenbosch"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Meer as die helfte van die Griffons se voorlopige Cravenweek-span kom uit Welkom-Gimnasium. Gimmies het 12 lede in die groep wat op 15 Junie teen sy eweknie van Griekwaland-Wes op Ho\u00ebrskool Diamantveld in Kimberley te staan sal kom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses sal sy spanne na di\u00e9 kragmeting finaliseer. Die span van die Noord-Vrystaat kom ook op die Vrystaatse Bondedag op 20 Junie teen Griekwa-platteland te staan. Hy sal nie vanjaar soos gewoontlik teen die Vrystaat kragte voor die toernooi meet nie oor die feit dat die twee mekaar in hulle eerste wedstryd op die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Stellenbosch sal pak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons spog met \u2018n trots rekord op die toernooi en het verlede jaar se toernooi in Middelburg (Mpumalanga) onoorwonne afgesluit. Vyf lede van verlede jaar se span die stut Fanie Vermaak, losskakel Luan James, skrumskakel Jason Olivier, senter Siya Ngxesha en die plaasvervanger-stut Neo Mohapi is in die binnebaan om ook saam na Stellenbosch te reis. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaatse o.18-span sal teen Griekwa-platteland op 15 Julie in die Diamantstad te staan kom. Op sy Bondedag sal die Vrystaat die Poubloues die stryd aans\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons het op die laaste vier Cravenweke nog net een keer verloor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die enigste nederlaag was in 2012 in Port Elizabeth op die eerste dag teen die Pumas (28-48). Die span het nou agt wedstryde agtereenvolgens op die toernooi gespeel sonder om te verloor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom-Gimnasium is die enigste onoorwonne span in die Griffon-liga. Die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad se twee skitterende slotte, Michiel Bosman en Ettienne O\u2019Donovan, is twee van vier spelers van Rooiskool in die span. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat hou vandag hulle finale proewe waarna hy sy onderskeie voorlopige spanne vir die onderskeie nasionale weke sal bekend maak. Wessel du Plessis (Grey) en Corn\u00e9 Erasmus (Louis Botha) is di\u00e9 span se afrigters.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verlede jaar se hoofafrigter, Dirkie Groenewald, het di\u00e9 tuig as die span se breier neergel\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses word soos verlede jaar deur Kassie Kasselman (Wessel Maree) en Roean Bezuidenhout (Gimmies) gebrei. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die span is: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Marco Labuschagne (Voortrekker), Tristan Rothman (Welkom-Gimnasium), Siya Nxgesha (HTS Welkom), Danie Hendriks (Welkom-Gimnasium), Dylan Stiemmie (AHS Kroonstad), Luan James, Jason Olivier, SJ Malherbe, Jerome Lottering (almal Welkom-Gimnasium), Gift Dlamini (Hentie Cilliers), Michiel Bosman, Ettienne O\u2019Donovan (albei AHS Kroonstad), Lincoln Jordaan (Welkom-Gimnasium), Reinard van der Vyver (Wessel Maree), Fanie Vermaak (Welkom-Gimnasium). Plaasvervangers: Duke Jantjies, Neo Mohapi (albei Welkom-Gimnasium), Lebo Sekhobo (Wessel Maree), Johan Steyn (AHS Kroonstad), Jacques Henning, Richman Gora (albei Welkom-Gimnasium), Rudolph van Biljon (Witteberg).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meer as die helfte van die Griffons se voorlopige Cravenweek-span kom uit Welkom-Gimnasium. Gimmies het 12 lede in die groep wat op 15 Junie teen sy eweknie van Griekwaland-Wes op Ho\u00ebrskool Diamantveld in Kimberley te staan sal kom. Die Perses sal sy spanne na di\u00e9 kragmeting finaliseer. Die span van die Noord-Vrystaat kom ook op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6623","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6623","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6623"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6623\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6623"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6623"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6623"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}