{"id":6625,"date":"2015-06-08T07:45:50","date_gmt":"2015-06-08T07:45:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kern-van-blou-bulle-se-cravenweek-span-kom-uit-affies\/"},"modified":"2015-06-08T07:45:50","modified_gmt":"2015-06-08T07:45:50","slug":"kern-van-blou-bulle-se-cravenweek-span-kom-uit-affies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6625","title":{"rendered":"Kern van Blou Bulle se Cravenweek-span kom uit Affies"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die kern van die Blou Bulle se o.18-rugbyspan wat aan die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Stellenbosch gaan deelneem kom uit die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is tien spelers van Affies in di\u00e9 span. Hulle is die senter Louritz van der Schyff, losskakel Eddie Fouch\u00e9, agtsteman Eduan Lubbe, flanke Regardt du Plessis en Phillip Krause, slotte Henk Pretorius en Ruben van Heerden, die haker Schalk Erasmus, stut Cabous Eloff en die plaasvervanger-slot, Niel Bezuidenhout. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues kom in sy eerste wedstryd van die toernooi teen die Westelike Provinsie te staan. Die Streeptruie sal in di\u00e9 kragmeting na sy 100ste sege sedert die onstaan van die Cravenweek in 1964 opsoek wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues het twee spelers in sy geledere die heelagter, Andell Loubser, en die skrumskakel, Embrose Papier, wat reeds verlede jaar vir die Suid-Afrrikaanse Skole-span uitgedraf het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee behoort vanjaar ook weer sterk aanspraakmakers op plekke in die nasionale span te wees indien hulle met sterk vertonings op die toernooi vorendag kom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fouch\u00e9, Lubbe, die senter Stedman Gans en die plaasvervanger-voorryman Luyolo Qinela was verlede jaar ook vir die span van die Jakarandastad in aksie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues se laaste opwarmingswedstryd sal op die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die DP de Villiers-stadion op Sasolburg teen die Valke wees. Die Valke het verlede week die Leeus met 14-13 verslaan. Die Leeus en die Blou Bulle het die vorige week met 14-elk gelykop gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Krause is die seun van die voormalige losvoorspeler van die Leeus, Blou Bulle en Griekwas se seniorspan, Piet Krause. Laasgenoemde het in 1991 vir die destydse Vaaldriehoek op die Cravenweek in Oos-Londen aangevoer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Schyff wat volgende jaar ook nog verkiesbaar vir die span is, het reeds vanjaar 14 keer die doellyn vir Affies oorgesteek. Affies is die enigste span Noord van die Vaalrivier wat onder die voorste vyf spanne in Suid-Afrika tot dusver volgens die nuutste ranglyste tel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die span is:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Andell Loubser (Menlopark), Abner van Reenen (Garsfontein), Stedman Gans (Waterkloof), Louritz van der Schyff (Affies), Austin Davids (Garsfontein), Eddie Fouch\u00e9 (Affies), Embrose Papier (Garsfontein), Eduan Lubbe, Regardt du Plessis, Phillip Krause, Henk Pretorius, Ruben van Heerden (almal Affies), Chergin Fiellies (Waterkloof), Schalk Erasmus, Cabous Eloff (albei Affies). Plaasvervangers: Jeandr\u00e9 Jones (Waterkloof), Luyolo Qinela (Southdowns College), Niel Bezuidenhout (Affies), PJ Steenkamp (Garsfontein), Wayne van der Bank (Menlopark), Runan Venter (Waterkloof), Snowy Zondani (Southdowns College).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kern van die Blou Bulle se o.18-rugbyspan wat aan die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Stellenbosch gaan deelneem kom uit die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria. Daar is tien spelers van Affies in di\u00e9 span. Hulle is die senter Louritz van der Schyff, losskakel Eddie Fouch\u00e9, agtsteman Eduan Lubbe, flanke Regardt du Plessis en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6625","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6625","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6625"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6625\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6625"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6625"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6625"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}