{"id":6631,"date":"2015-06-09T06:13:59","date_gmt":"2015-06-09T06:13:59","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-het-weer-n-nr-10-van-jf\/"},"modified":"2015-06-09T06:13:59","modified_gmt":"2015-06-09T06:13:59","slug":"vrystaat-het-weer-n-nr-10-van-jf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6631","title":{"rendered":"Vrystaat het weer \u2019n nr. 10 van JF"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaatse o.18-rugbyspan sal vanjaar op slegs vier spelers met vorige ervaring in die Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole staatmaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Slegs die twee stutte, IG Prinsloo en Khanya Gela, die slot Kian Skippers en die flank Jurie Burger was ook verlede jaar vir die span in Middelburg (Mpumalanga) in aksie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Prinsloo het verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal. Hy moet egter soos verlede jaar weer sy plek in die nasionale skolespan van die plaasvervangerbank oopspeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span wat bekend gemaak is, is \u2019n voorlopige span vir die 52ste Cravenweek wat van 13 tot 18 Julie in Stellenbosch aangebied word. Min veranderinge word egter aan die span verwag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Burger behoort weens \u2019n besering die Vrystaters se eerste opwarmingswedstryd teen Griekwaland-Wes Platteland Maandag op Ho\u00ebrskool Diamantveld se hoofveld in Kimberley mis te loop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die keurders kon ook nie Louwtjie Steenkamp en Sentle Lehoko oorweeg nie, wat steeds op die krukkelys is. Albei was verlede jaar in die Cravenweek in aksie, maar sal nie betyds vir die toernooi herstel nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die eerste keer sedert 2005 sal die Vrystaatse nommer 10-trui deur \u2019n speler van Jim Fouch\u00e9 gedra word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">JF se losskakel, Tiaan Schutte, het vanjaar met sy spel be\u00efndruk en veral sy vertoning vir die Wildeklawer-span in Kimberley teen Louis Botha was van hoogstaande gehalte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 2005 was Bernd Theisinger van JF die Vrystaters se losskakel vir die Cravenweek in Bloemfontein. Die gasheer kon nie een van sy wedstryde daardie jaar wen nie. Theisinger het later die Cheetahs, Luiperds en Griffons se seniorspanne verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het soos gewoonlik die grootste verteenwoor- diging in die span met 13 spelers wat uit die land se voorste rugbyskool kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agt spelers van die span is afkomstig van Louis Botha, terwyl Schutte die enigste verteenwoordiger van \u2019n ander skool is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die keurders het ook besluit om Niel Durow wat meestal die oond vanjaar vir Grey skoongemaak het, in die laaste vesting te kies. Durow het ook \u2019n hele paar keer in wedstryde van sy skoolspan vleuel gespeel wanneer Rewan Kruger hom op skrumskakel vervang het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wessel du Plessis van Grey rig saam met Louis Botha se Corn\u00e9 Erasmus die span af.Du Plessis het self in 2002 die Vrystaat in die Cravenweek-toernooi in Pietermaritzburg verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span is:&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Niel Durow, Godfrey Simelane, Francois Aggenbach, PR Serfontein (almal Grey), Luciano Jones (Louis Botha), Tiaan Schutte (Jim Fouch\u00e9), Rewan Kruger, Diaan Schoonees, Jurie Burger (almal Grey), Jabulani Mtshatsheni, Kian Skippers (albei Louis Botha), George Rossouw, Gideo Beukes, Daniel Rust (almal Grey), Kanya Gela (Louis Botha). Plaasvervangers: Steph Brits, IG Prinsloo (albei Grey), Kagiso Marumo, Siya Luwaca (albei Louis Botha), Hardus Nel (Grey), Kyle Kermis, Tyrell Heyns (Louis Botha).<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vrystaatse o.18-rugbyspan sal vanjaar op slegs vier spelers met vorige ervaring in die Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole staatmaak. Slegs die twee stutte, IG Prinsloo en Khanya Gela, die slot Kian Skippers en die flank Jurie Burger was ook verlede jaar vir die span in Middelburg (Mpumalanga) in aksie. Prinsloo het verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6631","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6631","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6631"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6631\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6631"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6631"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6631"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}