{"id":6637,"date":"2015-06-15T08:41:32","date_gmt":"2015-06-15T08:41:32","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kempies-maklik-baas-teen-florida\/"},"modified":"2015-06-15T08:41:32","modified_gmt":"2015-06-15T08:41:32","slug":"kempies-maklik-baas-teen-florida","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6637","title":{"rendered":"Kempies maklik baas teen Florida"},"content":{"rendered":"<p><p>Die Ho\u00ebrskool Kempton Park is \u2019n gunsteling om die uitspeelronde van die Beeldtrofee as die derde beste makroskolespan in die Noordvaal-streek te haal.<\/p>\n<p>Kempies het Florida Vrydag in sy agterplaas met 47-15 verslaan \u2013 met die tuisspan se losskopstut, Joe Meyer, en losskakel, Francois Erasmus, aan die spits.<\/p>\n<p>Meyer het hom \u2019n hele paar keer uit die greep van verdedigers losgewoel en s\u00f3 etlike meter veld gewen.<\/p>\n<p>Op sy beurt het Erasmus, heelagter van die Valke se Cravenweekspan, een van sy span se sewe drie\u00eb gedruk en ook met ses doelskoppe geslaag.<\/p>\n<p>Sou Kempies, soos verwag, die uitklopronde haal, sal hy met Eldoraigne swaarde kruis.<\/p>\n<p>Di\u00e9 Pretoriase span het vroe\u00ebr sy plek as die Blou Bulle se vierde kwalifiseerder bespreek deur Wonderboom met 23-13 te klop.<\/p>\n<p>Die wenner van di\u00e9 kragmeting sal straks in die kwarteindronde van die reeks teen Monument van Krugersdorp te staan kom.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Monnas het sy jaarlikse kragmeting met King Edward\u2009VII maklik met 52-22 gewen en veral die Wit Bulle se kantman Bakkies Potgieter was op sy stukke.<\/p>\n<p>Hy het twee keer gaan druk, terwyl die heelagter, Ivan Smit, oudergewoonte met sy teenaanvalle skade aangerig het.<\/p>\n<p>Smit het ook twee keer afgerond.<\/p>\n<p>EG Jansen min moeite met die Ho\u00ebrskool Rustenburg ondervind.<\/p>\n<p>Die Oos-Randers was met 73-12 baas. Die binnesenter, Erich Cronj\u00e9, en vleuel Bran\u00addon Swartz het albei twee keer agter die doellyn gekuier het.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Potchefstroom Gimnasium het die Luiperds se grootskole-liga onoorwonne afgesluit, danksy \u2019n sege van 44-28 oor Lichtenburg.<\/p>\n<p>Di\u00e9 spanne sal weer in die halfeindronde slaags wees \u2013 met Potchefstroom Volkskool en die Ho\u00ebrskool Klerksdorp wat mekaar in die ander wedstryd pak.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009In Grahamstad het Kingswood College \u2019n naelskraapse sege van 20-19 oor St. Andrew\u2019s College behaal in di\u00e9 twee skole se jaarlikse derby.<\/p>\n<p>Die verloorspan het met die omdraaislag \u2019n voorsprong van 7-3 geniet.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Danksy \u2019n strafdoel deur losskakel Manie Libbok kon die Suidwestelike Distrikte se Cravenweekspan die Westelike Provinsie op die eerste dag van die Suidelike Bondedag in Oudtshoorn met 24-23 troef.<\/p>\n<p>Die Volstruisboere pak die Boland m\u00f4re, terwyl die hoofwedstryd van die laaste dag van die toernooi tussen die Westelike Provinsie en Oostelike Provinsie beslis sal word.<\/p>\n<p>Die nie-amptelike kampioen van verlede jaar se Cravenweek, die Oostelike Provinsie, se twee Suid-Afrikaanse skole-spelers \u2013 losskakel Curwin Bosh en senter Hein Bezuidenhout \u2013 het blink vertonings in di\u00e9 span se oorwinning van 34-21 oor die Boland gelewer.<\/p>\n<p><p>\u25a0 \u200bBlou Bulle: Ho\u00ebrskool Tuine 23, Pretoria-Noord 10; HTS Tuine 24, Gerrit Maritz 0; Eldoraigne 23, Wonderboom 13.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Leeus: Monument 52, King Edward\u2009VII 22; Jeppe Boys\u2019 High 39, St. John\u2019s College 24; Randburg 38, Riebeeckrand 19; St. Benedict\u2019s College 61, St. Stithian\u2019s College 0; Bastion 31, Ho\u00ebrskool Alberton 12; Marais Viljoen 52, Noordheuwel 22.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Luiperds: Potchefstroom Volkskool 28, Wesvalia 7; Potchefstroom Gimnasium 44, Lichtenburg 28; Christiana 24, Koster 22.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Pumas: Ligbron 35, Generaal Hertzog 13; Secunda 32, Standerton 24; Piet Retief 21 Ermelo 19.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Valke: Kempton Park 47, Florida 15; EG Jansen 73, Ho\u00ebrskool Rustenburg 12; Oosterlig 41, Hans Moore 19; Hugenote (Springs) 39, Dr. Malan 5; Transvalia 26, Driehoek 26; Heidelberg Volkskool 52, Benoni High 13; Parys 43, Kempton Panorama 0; Brandwag (Benoni) 43, Suiderlig 0.<\/p>\n<p>OOS-KAAP<br \/>\u200bKingswood College 20, St. Andrew\u2019s College 19; Woodridge College 14, Cillie 13; Dale College 38, Cambridge 15.<\/p>\n<p>BONDEDAG<br \/>\u200bSuidwestelike Distrikte\u2009o.18 24, Westelike Provinsie\u2009o.18 23; Oostelike Provinsie\u2009o.18 34, Boland o.18 21.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Kempton Park is \u2019n gunsteling om die uitspeelronde van die Beeldtrofee as die derde beste makroskolespan in die Noordvaal-streek te haal. Kempies het Florida Vrydag in sy agterplaas met 47-15 verslaan \u2013 met die tuisspan se losskopstut, Joe Meyer, en losskakel, Francois Erasmus, aan die spits. Meyer het hom \u2019n hele paar keer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6637","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6637","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6637"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6637\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6637"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6637"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6637"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}