{"id":6647,"date":"2015-06-20T06:57:19","date_gmt":"2015-06-20T06:57:19","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-sal-sterker-teenstand-van-poubloues-kry\/"},"modified":"2015-06-20T06:57:19","modified_gmt":"2015-06-20T06:57:19","slug":"vrystaat-sal-sterker-teenstand-van-poubloues-kry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6647","title":{"rendered":"Vrystaat sal sterker teenstand van Poubloues kry"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">In die Vrystaatse Cravenweek-span is daar nie plaasvervangers nie, slegs impakspelers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is om di\u00e9 rede dat di\u00e9 span se twee breiers, Wessel du Plessis en Corn\u00e9 Erasmus, probeer om elke speler in hulle groep soveel speelkans as moontlik tydens sy drie opwarmingswedstryde te gun. Di\u00e9 kragmetings se telling maak in elk geval nie meer sin as die doel wat dit dien as voorbereiding vir die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Stellenbosch nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat kom vandag in sy tweede opwarmingstryd van die seisoen teen sy eweknie van Griekwaland-Wes in die hoofwedstryd van die jaarlikse Konica Minolta Bondedag op Grey-kollege se hoofveld te staan. Die jong Blikore kan veel sterker teenstand vandag verwag as in sy sege van 43-3 oor Griekwa-platteland Maandag in Kimberley. \u201cOns probeer elke speler in die groep soveel speelkans as moontlik in di\u00e9 wedstryde gee,\u201d het Du Plessis ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Griekwas het \u2018n lustelose vertoning in sy nederlaag van 27-10 teen die Griffons opgedis. Die span behoort egter vandag ook veel beter te vertoon. Veral die losskakel, Gerco Nortj\u00e9, sal wil wys dat hy sy span se gevaarlike agterlyn aan die gang kan kry. Griekwas se vleuel, Cameron Hufke, is een van die gevaarlikste spelers met die bal in die hand, maar hy het teen die Perses maar min geleenthede gekry.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaatse span sal graag hulle skrumwerk en lynstaanspel wil verbeter. Die span wil volgens Du Plessis ook sy intensiteit heelwat lig. Die span sal ook beter by die afbreekpunte en in die losskrums wil vaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaatse slot, George \u201cBakkies\u201d Rossouw wat die span teen Griekwa-platteland aangevoer het, sal die kragmeting teen die Poubloues weens \u2018n skouerbesering misloop. Die losskakel, Tiaan Schutte, sal soos in Maandag se kragmeting weer agterlangs die praatwerk doen. In Rossouw se plek sal die flank, Jurie Burger, die leisels voorlangs vir vandag se stryd oorneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Burger en sy agtsteman, Dian Schoonees was van hulle span se uitblinkers in die Diamantstad en sal op die vertonings wil voortbou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat se laaste opwarmingswedstryd voor die Cravenweek is op die jaarlikse Noordvaal Bondedag teen KwaZulu-Natal in die DP de Villiers-stadion in Sasolburg. Die Poubloues is ook op di\u00e9 Bondedag in aksie. Hulle draf teen die Limpopo Blou Bulle uit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bondedag se bepalings is:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">A-veld \u2013 09:00: Vrystaat Arende XV-tal t. Griffons o.19; 10:20: Vrystaat Arende t. Griekwas o.19; 11:40: Griffons Akademie t. Griekwa-Akademie; 13:00: Vrystaat-Akademie t. Griekwa-platteland Akademie; 14:20: Griekwa-platteland o.18 t. Griffons o.18; 15:40: Vrystaat o.18 t. Griekwas o.18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-ovaal \u2013 09:00: Vrystaat LSOB t. Griffons LSOB; 10:20: Griffons o.16 t. Griekwa-platteland o.16; 11:30: Vrystaat o.16 t. Griekwas o.16; 12:50: Vrystaat Kiewiete t. Sandveld; 14:10: Suid-Vrystaat t. Oos-Vrystaat.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die Vrystaatse Cravenweek-span is daar nie plaasvervangers nie, slegs impakspelers. Dit is om di\u00e9 rede dat di\u00e9 span se twee breiers, Wessel du Plessis en Corn\u00e9 Erasmus, probeer om elke speler in hulle groep soveel speelkans as moontlik tydens sy drie opwarmingswedstryde te gun. Di\u00e9 kragmetings se telling maak in elk geval nie meer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6647","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6647","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6647"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6647\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6647"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6647"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6647"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}