{"id":6648,"date":"2015-06-20T06:58:02","date_gmt":"2015-06-20T06:58:02","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vryburg-ben-viljoen-in-binnebaan\/"},"modified":"2015-06-20T06:58:02","modified_gmt":"2015-06-20T06:58:02","slug":"vryburg-ben-viljoen-in-binnebaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6648","title":{"rendered":"Vryburg, Ben Viljoen in binnebaan"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Vryburg sal soos gewoonlik weer vanjaar een van die vroe\u00eb aanspraakmakers wees op die titel as kampioen van die Beeld Noordvaal Trofee vir mediumskole.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg is reeds as die Luiperds se kampioen gekroon, met die Ho\u00ebrskool Brits wat as die naaswenner die uitspeelwedstryde betree.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg sal die Blou Bulle se naaswenner pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wilgers en Midstream College sal op 25 Julie sake in die eindstryd van die Blou Bulle uitspook.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kampioen van die Blou Bulle sal regstreeks tot die kwarteindronde van die Beeld Noordvaal Trofee deurdring. Hy sal die wenner van Brits en die Pumas se naaswenner in die kwarteindstryd pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Pumas se halfeindstryde is Penryn College gasheer vir Bergvlam en Oosterland s\u00ea op sy tuisveld in Secunda Barbertondie die stryd aan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Ben Viljoen van Tzaneen sal vanjaar ook nie maklik gestuit word nie. Die skool is gasheer van Limpopo se halfeindronde. Sy eerste span kom te staan teen Hans Strijdom, wat self nie sonder handskoene gepak kan word nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die ander halfeindstryd sal Piet Potgieter en Louis Trichardt veg om \u2019n plek in die eindstryd.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Brandwag van Benoni sal op Stoffberg se veld in Brakpan probeer om vir John Vorster van Nigel die derde keer vanjaar met die kous oor die kop huis toe te stuur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die ander halfeindstryd sal die gasheer en Delmas mekaar die stryd aans\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009In die Leeus se liga is Trinityhouse reeds in die eindstryd met Fochville en Bekker van Magaliesburg wat sake teen mekaar sal uitspook om \u2019n plek in die eindstryd.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Vryburg is die verdedigende kampioen van die Beeld Noordvaal Trofee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het Hans Strijdom van Mookgophong (Naboomspruit) verlede jaar met 29-21 in die eindstryd getroef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span was vanjaar nog net een keer teen Pionier van Vryheid aan die verloorkant. Dit was in die eindstryd van die Pukke\u200916-reeks.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg sal, as hy sy titel wil behou, volgens die prioriteitslys al vier sy wedstryde in die uitkloprondes weg van die huis moet wen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bepalings:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">11:15: Fochville t. Bekker; 12:00: Penryn College t. Bergvlam; 12:00: Oosterland t. Barberton;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Limpopo by Ben Viljoen (Groblersdal) \u2013 11:40: Piet Potgieter t. Louis Trichardt; 15:00: Ben Viljoen t. Hans Strijdom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Valke by Stoffberg (Brakpan) \u2013 13:00: Stoffberg t. Delmas; 14:20: John Vorster (Nigel) t. Brandwag (Benoni).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Tuisspanne eerste genoem, tensy anders vermeld.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Vryburg sal soos gewoonlik weer vanjaar een van die vroe\u00eb aanspraakmakers wees op die titel as kampioen van die Beeld Noordvaal Trofee vir mediumskole. Vryburg is reeds as die Luiperds se kampioen gekroon, met die Ho\u00ebrskool Brits wat as die naaswenner die uitspeelwedstryde betree. Vryburg sal die Blou Bulle se naaswenner pak. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6648","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6648","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6648"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6648\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6648"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6648"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6648"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}