{"id":6655,"date":"2015-06-29T05:46:34","date_gmt":"2015-06-29T05:46:34","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-bo-teen-piesangboere-op-bondedag\/"},"modified":"2015-06-29T05:46:34","modified_gmt":"2015-06-29T05:46:34","slug":"vrystaat-bo-teen-piesangboere-op-bondedag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6655","title":{"rendered":"Vrystaat bo teen Piesangboere op Bondedag"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6644\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_Vrystaat.jpg\" width=\"393\" height=\"262\" alt=\"NuusG Vrystaat\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_Vrystaat.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_Vrystaat-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 393px) 100vw, 393px\" \/>SASOLBURG. &#8211; Die Vrystaatse o.18-rugbyspan se oorwinning van 31-19 oor KwaZulu-Natal op die jaarlikse Noordval Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier het nie van die mooiste rugby opgelewer nie, maar die span het daardeur sy voorbereiding vir die Cravenweek onoorwonne afgesluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Daar is duidelik nog skaafwerk voor die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole van 13 tot 18 Julie in Stellenbosch plaasvind, maar niks wat die span se afrigters, Wessel du Plessis en Corn\u00e9 Erasmus, nie tydens die span se oefenkamp kan uitsorteer nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die agterlyn het nie so seepglad hanteer soos daar van &#8216;n Vrystaatse agterhoede verwag word nie. Dit het hulle egter nie verhinder om steeds agterlangs gapings in die Piesangboere se verdediging te vind nie. Daar moet wel vermeld word dat die Vrystaatse agttal nie op die voorvoet in die kragmeting was nie en dat dit &#8216;n invloed op die agterlyn se spel gehad het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Veral die senter Luciano Jones het op die aanval vir die besoeker van KwaZulu-Natal probleme besorg. Jones het die kragmeting op vleuel begin, maar later na die middelveld geskuif. Die vleuel Godfrey Simelane het veral in die tweede helfte op die aanval meters ver veld met sy lopies gewen. Hy is met twee drie\u00eb vir sy goeie spel beloon. Die heelagter, Niel Durow, verdien ook &#8216;n klop op die skouer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs was niemand beter as die agtsteman, Hardus Nel nie. Hy het goeie ondersteuning van die flank Jabulani Mtshatsheni en Dian Schoonees gekry. Die haker, Dani\u00ebl Rust, verdien ook lof vir sy ingooiwerk in die lynstane.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Piesangboere het in die eerste helfte danksy twee skitterende drie\u00eb deur sy skrumskakel, Matthew Jon Dahl, &#8216;n voorsprong van 19-7 opgebou. Die span se ander drie deur sy vleuel Khuthazani Mchunu het gekom na die heelagter, Victor Foster, &#8216;n teenaanval vanuit sy eie kwartgebied begin het. Die Piesangboere het met &#8216;n voorsprong van 19-14 gaan rus.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Foster het egter sy span duur gekos toe hy met die telling op 19-elk in die tweede helfte die bal agter die doellyn laat val het. Indien hy hier gedruk het, kon hy dalk die gang van die wedstryd in sy span se guns geswaai het. Hy het ook &#8216;n hele paar keer uit posisie betrap.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Vrystaat 31 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Godfrey Simelane (2), Niel Durow, Jurie Burger, Jabulani Mtshasheni. Doelskoppe: Tiaan Schutte (3). <strong>KwaZulu-Natal 19 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Matthew Jon Dahl (2), Khuthazani Mchunu. Doelskoppe: Werner-Bader Pretorius (2).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SASOLBURG. &#8211; Die Vrystaatse o.18-rugbyspan se oorwinning van 31-19 oor KwaZulu-Natal op die jaarlikse Noordval Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier het nie van die mooiste rugby opgelewer nie, maar die span het daardeur sy voorbereiding vir die Cravenweek onoorwonne afgesluit. Daar is duidelik nog skaafwerk voor die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole van 13 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6644,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6655","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6655","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6655"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6655\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6644"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6655"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6655"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6655"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}