{"id":66577,"date":"2025-03-09T07:51:29","date_gmt":"2025-03-09T05:51:29","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=66577"},"modified":"2025-03-09T07:51:29","modified_gmt":"2025-03-09T05:51:29","slug":"affies-maak-dit-12-uit-12-teen-ongeslypte-diamonds","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=66577","title":{"rendered":"Affies maak dit 12 uit 12 teen \u2018ongeslypte\u2019 Diamonds"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_66598\" aria-describedby=\"caption-attachment-66598\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-66598 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/PSX_20240504_101647-400x339.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"339\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-66598\" class=\"wp-caption-text\">Zirk Meyer, skrumskakel van Affies word vasgevat deur Oakdale Landbou tydens verlede jaar se Wildeklawer-toernooi. FOTO: Frans Lombard.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> het Saterdag vir die <strong>Ho\u00ebrskool Diamantveld<\/strong>, vir &#8216;n negende agtereenvolgende keer in Kimberley, kafgedraf.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Dit was boonop Affies se 12de sege uit 12 kragmetings met die Diamonds, sedert di\u00e9 twee spanne se eerste wedstryd in 1985. Die Pretorianers het in 2012 en 2013 ook die septer in di\u00e9 bepaling geswaai, voordat dit in 2016 &#8216;n jaarlikse instelling geword het.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle het teen die einde van 70 minute met &#8216;n wentelling van 45-24 oor die tuisspan gespog, maar eers nadat die span van Kimberley self &#8216;n paar uitstaande oomblikke opgedis het.<\/p>\n<p>Soos verwag was Affies van meet af aan gretig om hul kragtige dryfmaal, wat in 2024 ook &#8216;n vername wapen was, in te span en het hulle vroeg reeds die Diamantveld-pak daarmee op die agtervoet geplaas. Namate die kragmeting gevorder het, het die tuisspan egter sy verdediging daarteen opgeskerp, terwyl daar in die vaste skrums bitter min te kies was tussen die twee agttalle.<\/p>\n<p>Die Pretorianers se losskakel en kaptein, <strong>Ruben Groenewald<\/strong>, het vanaf s\u00f3 &#8216;n soliede platform spel uitstekend dikteer vir die Wit Bulle, met vernaam sy taktiese skopwerk waarmee hy be\u00efndruk en dikwels die Diamonds laat omdraai het.<\/p>\n<p>Die hoogtepunt van die dag was die tweestryd tussen die binnesenters. <strong>Divan Fourie<\/strong>, Affies se angel in die middeveld, het sy stem dik gemaak met sterk barslopies waarmee hy telkens sy span oor die voordeellyn kon kry.<\/p>\n<p>Sy eweknie in die ligbloutrui, <strong>Jonathan Harding<\/strong>, het met venynige voetwerk en puik aanvoeling by meer as een geleentheid soos &#8216;n warm mes deur botter die Wit Bulle se verdediging oopgekloof, en een s\u00f3 &#8216;n bedrieglike lopie het in die tweede helfte op die drie van die dag uitgeloop.<\/p>\n<p><strong>Ezlin Swartz<\/strong>, wat as plaasvervanger op die veld gekom het, het, nes Groenewald, die opposisie onverhoeds betrap met &#8216;n paar goedgeplaasde taktiese skoppe. Die tuisspan het dit egter deurentyd moeilik gevind om die Wit Bulle se kliniese afronding te hanteer.<\/p>\n<p>Die besoekers het op die einde van die dag kanse om punte aan te teken beter aangegryp, soos die stukkie opvolgwerk deur steelkantflank <strong>Albert Smit<\/strong>, om vanaf &#8216;n afskop oor te draf vir &#8216;n drie. Sy flankmaat, <strong>Lohan Potgieter<\/strong>, se onkeerbare dryfspel wat vir nog &#8216;n vyfpunter gesorg het, was n\u00f3g &#8216;n aanduiding dat die Affie-pak moeilik naby die doellyn gestuit sou word.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies 45 (24)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Lamont Baiitjies, Roal Kruger, Albert Smit, Divan Fourie, Elwin Janse van Vuuren, Bauke Swart, Lohan Potgieter. Doelskoppe: Ruben Groenewald (5). <strong>Diamantveld 24 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Jaco Beukes, John-Leigh Fortuin, Jayden de Klerk, Jonathan Harding, Doelskoppe: Ezlin Swartz (2).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o .16:<\/strong> Affies 57, Diamantveld 19.<\/p>\n<p><strong>o .15:<\/strong> Affies 48, Diamantveld 9.<\/p>\n<p><strong>o .14:<\/strong> Affies 73, Diamantveld 0.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool het Saterdag vir die Ho\u00ebrskool Diamantveld, vir &#8216;n negende agtereenvolgende keer in Kimberley, kafgedraf. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Dit was boonop Affies se 12de sege uit 12 kragmetings met die Diamonds, sedert di\u00e9 twee spanne se eerste wedstryd in 1985. Die Pretorianers het in 2012 en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":66598,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-66577","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66577","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=66577"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66577\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/66598"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=66577"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=66577"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=66577"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}