{"id":66586,"date":"2025-03-09T08:39:26","date_gmt":"2025-03-09T06:39:26","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=66586"},"modified":"2025-03-09T08:39:26","modified_gmt":"2025-03-09T06:39:26","slug":"bastiaanse-baas-in-tzaneen-hoewel-buffels-beindruk-middies-tem-kempies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=66586","title":{"rendered":"Bastiaanse baas in Tzaneen hoewel Buffels be\u00efndruk, Middies tem Kempies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_46757\" aria-describedby=\"caption-attachment-46757\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-46757\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/PSX_20240525_160917-400x302.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"302\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-46757\" class=\"wp-caption-text\">RONAN BASTIAANSE (met bal), heelagter van Waterkloof, trek \u2018n toon doellyn toe terwyl hy \u2018n duikslag van die Ho\u00ebrskool Rustenburg se losskakel, Jayden Meyer, probeer afweer. FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ronan Bastiaanse<\/strong> het 2025 afgeskop waar hy 2024 afgesluit het.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/p>\n<p>Die heelagter van <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong>, wat ook die blou masjien vanjaar aanvoer, het die aanslag uitmuntend gelei vir die naaswenners in SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling om met 47-30 oor <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster <\/strong>te se\u00ebvier in Tzaneen.<\/p>\n<p>Bastiaanse het soos gebruiklik puik vertoon vanaf die skopkegel om ses van sy span se sewe drie\u00eb te verdoel, maar dit was nie naastenby die somtotaal van sy briljantheid nie.<\/p>\n<p>Die Buffels het die fout begaan om op die gevaarlike heelagter te skop, waarop hy telkens geantwoord het met giftige teenaanvalle. Op di\u00e9 wyse het Bastiaanse\u00a0nie minder nie as drie keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier, om sy persoonlike bydrae te staan te bring op 27 punte, meer as die helfte van sy span se totaal.<\/p>\n<p>Die Buffels het nietemin hul man moedig gestaan, met hul kleiner pak wat verseg het om knie te buig teen die Klofies se groot baldraers.<\/p>\n<p>Hoewel die eindtelling te kenne gee dat verdediging nie hoogste prioriteit geniet het nie, het die tuisspan die pap dik aangemaak voorlangs. Niemand het beter vertoon as steelkantflank, <strong>Joshua van der Mescht<\/strong>, wat sy lyf regoor die veld op die spel geplaas en &#8216;n rits kritieke duikslae uitgevoer het nie.<\/p>\n<p>Agsteman, <strong>Tumi Ramohale<\/strong>, was weer &#8216;n doring op die aanval. Romohale, wat dikwels in die buitenste kanale as baldraer aangewend is, het daar heelwat hoofbrekens vir die Klofies besorg.<\/p>\n<p>Dit was steeds egter nie genoeg om Waterkloof te stuit nie. Die span van Pretoria was met rukke en stote taamlik klinies wat afronding betref, met losskakel, <strong>Meyer Pretorius<\/strong>, wat &#8216;n sleutelrol in di\u00e9 verband vervul het. Pretorius het netjies versprei om spasie agterlangs te skep.<\/p>\n<p>Albei spanne is steeds deur klein jakkalsies, soos hanteerfoute en oorgretigheid, wat met die aanvang van &#8216;n seisoen gepaardgaan, gepootjie, maar hulle het ongetwyfeld steeds vir aanskoulike rugby gesorg.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> se haker, <strong>Roux Grobler<\/strong>, het vir die tweede keer in soveel weke oorgeduik om &#8216;n tuisoorwinning van 32-22 oor <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong> te help verseker. Grobler, &#8216;n uitblinker in verlede week se stryd teen Ho\u00ebrskool Nelspruit, en die flanke, <strong>CW Hanekom<\/strong> en <strong>Kensani Buthelezi<\/strong>, het saamgespan om die Kempies voorlangs te karnuffel.<\/p>\n<p>Hanekom en Buthelezi, wat elk reeds &#8216;n seisoen van eerstespan-rugby agter die rug het, het in die vastelos, op sowel verdediging as aanval, gewoeker, met ver\u00e1l eersgenoemde wat by die afbreekpunte die lewe moeilik gemaak het vir die Kempies.<\/p>\n<p>Die tweestryd tussen die losskakels, <strong>Buhle Maphalaza<\/strong> en <strong>Stian de Villiers<\/strong>, het ook vir heelwat opwinding gesorg. De Villiers, ook &#8216;n kranige krieketspeler, het met instinktiewe visie op die aanval sy span in die wedloop gehou, en ook vyf strafdoele en &#8216;n doelskop deur die pale gejaag om 17 van sy span se 22 punte aan te teken.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof 47 (26)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ronan Bastiaanse (3), Rico van der Walt, Heinrich Naud\u00e9, Dylan Botha, Stiaan Theron. Doelskoppe: Bastiaanse (6). <strong>Ben Vorster 30 (16)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Stiaan du Randt, Barend Harmse, Lethabo Sejake, Chifu Banda. Doelskoppe: Shelton Primo (2). Strafdoele: Primo (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 32 (17)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Roux Grobler, Lungelo Maseko, Carlo Joubert, Lesego Rakgale, Keabetswe Nkgadima. Doelskoppe: Buhle Maphalaza (2). Strafdoel: Maphalaza. <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park 22 (12)<\/strong> &#8211; Drie: Jeandr\u00e9 Opperman. Doelskop: Stian de Villiers. Stradoele: De Villiers (5).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Ben Vorster 20, Waterkloof 17; Ho\u00ebrskool Middelburg 24, Ho\u00ebrskool Kempton Park 14.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Ben Vorster 15, Waterkloof 15; Ho\u00ebrskool Middelburg 8, Ho\u00ebrskool Kempton Park 5.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Waterkloof 15, Ben Vorster 11; Ho\u00ebrskool Middelburg 36, Ho\u00ebrskool Kempton Park 5.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ronan Bastiaanse het 2025 afgeskop waar hy 2024 afgesluit het. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die heelagter van Ho\u00ebrskool Waterkloof, wat ook die blou masjien vanjaar aanvoer, het die aanslag uitmuntend gelei vir die naaswenners in SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling om met 47-30 oor Ho\u00ebrskool Ben Vorster te se\u00ebvier in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":46757,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-66586","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66586","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=66586"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66586\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46757"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=66586"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=66586"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=66586"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}