{"id":6659,"date":"2015-06-29T08:38:54","date_gmt":"2015-06-29T08:38:54","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/blou-bulle-slaan-slag-teen-die-valke-op-bondedag\/"},"modified":"2015-06-29T08:38:54","modified_gmt":"2015-06-29T08:38:54","slug":"blou-bulle-slaan-slag-teen-die-valke-op-bondedag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6659","title":{"rendered":"Blou Bulle slaan slag teen die Valke op Bondedag"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6658\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_BlouBulle.jpg\" width=\"385\" height=\"257\" alt=\"NuusG BlouBulle\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_BlouBulle.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_BlouBulle-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 385px) 100vw, 385px\" \/>Sasolburg. \u2013 Die Blou Bulle se o.18-rugbyspan het momentum vir die Cravenweek in Stellenbosch gekry deur die Valke met 30-17 in die hoofwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier te verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues was in \u2019n verwoestende bui en het teen lemoentyd \u2019n voorsprong van 20-3 opgebou. Of dit \u2019n sielkundige voorsprong was wat die spelers van die Afrikaanse <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria oor di\u00e9 van EG Jansen van Boksburg het na eersgenoemde se oortuigende sege vroe\u00ebr vanjaar oor die Boksburgers, en of die Valke straks net \u2019n afdag beleef het, sal eers by die Cravenweek beantwoord word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle se lostrio van Eduan Lubbe, Phillip Krause en Regardt du Plessis was uitmuntend. Di\u00e9 drie se samespel as kombinasie behoort in Stellenbosch een van die Ligbloues se sterkpunte te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Krause moes dit \u2019n lekker gevoel gewees het om in die dorp waar sy pa, die voormalige Blou Bul- en Griekwaflank, Piet Krause, sy eerste groot tree as speler gegee het, uitgeblink het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Krause sr. was in HTS Sasolburg toe hy in 1991 die Vaaldriehoek se eerste SA Skole-speler geword het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke het in die eerste helfte futloos vertoon. Slegs die losskakel, Xander Crause, was soos altyd \u2019n steunpillaar vir sy span. Die flank Dylan van der Walt het voorlangs moedig probeer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke het in die tweede helfte sterk teruggeveg en n\u00e1 die losvoorspeler Damian Karelse se drie, het die Blou Bulle met net 20-17 voorgeloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe die wenspan se Embrose Papier, SA Skole-skrumskakel, boonop kort daarna \u2019n geelkaart van AJ Jacobs, die skeidsregter, ontvang het, het dit gelyk of die Valke dalk teen verwagting die wedstryd sou wen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues het egter di\u00e9 idee gou \u2019n nekslag toegedien deurdat die vleuels, Runan Venter en Snowy Zondani, kort n\u00e1 mekaar \u2019n draai agter die doellyn gaan maak het. Die Pretorianers sal gewis een van die spanne by vanjaar se Cravenweek wees om te klop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die stut Cabous Eloff en die slot Ruben van Heerden baie goed gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eloff het tien minute in die koelkas deurgebring n\u00e1 \u2019n onderonsie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het Louritz van der Schyff en Stedman Gans ook meer as stewige vertonings gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke is nie \u2019n span wat gering geskat kan word nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span behoort onder die voorste ses spanne op vanjaar se toernooi te eindig.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle 30 (20) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Schalk Erasmus, Louritz van der Schyff, Runan Venter, Snowy Zondani. Doelskoppe: Andell Loubser (2). Strafdoele: Loubser (2).&nbsp;<\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke 17 (3) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Xander Crause, Damian Karelse. Doelskop: Crause. Strafdoel: Crause.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Sasolburg. \u2013 Die Blou Bulle se o.18-rugbyspan het momentum vir die Cravenweek in Stellenbosch gekry deur die Valke met 30-17 in die hoofwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier te verslaan. Die Ligbloues was in \u2019n verwoestende bui en het teen lemoentyd \u2019n voorsprong van 20-3 opgebou. Of dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6658,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6659","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6659","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6659"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6659\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6658"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6659"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6659"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6659"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}