{"id":6663,"date":"2015-06-29T08:44:56","date_gmt":"2015-06-29T08:44:56","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/pumas-bobaas-teen-die-leeus-in-sasolburg\/"},"modified":"2015-06-29T08:44:56","modified_gmt":"2015-06-29T08:44:56","slug":"pumas-bobaas-teen-die-leeus-in-sasolburg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6663","title":{"rendered":"Pumas bobaas teen die Leeus in Sasolburg"},"content":{"rendered":"<p><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6662\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_Pumas.jpg\" width=\"402\" height=\"268\" alt=\"NuusG Pumas\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_Pumas.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_Pumas-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 402px) 100vw, 402px\" \/>Sasolburg. \u2013 Die wedstryd tussen die Pumas en die Leeus se Cravenweek-spanne op die jaarlikse Noordvaal Bondedag by die DP de Villiers-stadion hier was die hoogtepunt van die dag se spel.<\/p>\n<p>Die Pumas het die Leeus in \u2019n opwindende stryd met 35-29 die loef afgesteek. Die Noordvaal Bondedag dien jaarliks vir die helfte van die land se spanne as kleedrepetisie vir die Cravenweek.<\/p>\n<p>Die 52ste Cravenweek vir \u00adho\u00ebrskole vind vanjaar van 13 tot 18 Julie in Stellenbosch plaas.<\/p>\n<p>Die Pumas se lostrio was uitmuntend teen die Leeus. Veral die flank J.C. Pretorius het by die afbreekpunte en met sy spel in die vastelos be\u00efndruk. Sy flankmaat, Chrisjan Steynberg, het Pretorius goed bygestaan.<\/p>\n<p>Die agtsteman, Marnus van der Merwe, het met sy kragtige lopies etlike meters veld gewen. Hy sal op die Cravenweek weer na haker verskuif.<\/p>\n<p>Indien Pretorius en Van der Merwe op die vertonings voortbou, behoort hulle naby aan een van die verteenwoordigende spanne te kom.<\/p>\n<p>Daar word vanjaar n\u00e1 afloop van die toernooi buiten die Suid-Afrikaanse Skole-span nog \u2019n verteenwoordigende span gekies.<\/p>\n<p>Die Pumas se agterhoede was uitstekend en sal met hulle aanvallende spel aan baie spanne hoofbrekens besorg. Die groot vraag is hoe hulle op \u2019n nat veld in die Markotter-stadion sal vaar. Wat wel seker is, is dat indien dit soos verwag weer \u2019n nat Cravenweek gaan wees, sal Wessel Muller, die span se losskakel, met sy geleerde skopskoen heel moontlik kan vergoed vir die feit dat die spelers aan sy buitekant nie so vlugvoetig kan wees nie.<\/p>\n<p>Muller het met sy lang lynskoppe en akkurate stelskopwerk \u2019n belangrike rol in die sege oor die Leeus gespeel.<\/p>\n<p>Wandile Simelane, die Leeus se buitesenter, het ondanks die feit dat hy vir die verloorspan gespeel het, waarskynlik die beste vertoning deur enige speler op die dag gelewer.&nbsp;Simelane kan, indien hy di\u00e9 vertoning op die Cravenweek herhaal, slegs die tweede SA Skole-speler van Jeppe Boys\u2019 High word.<\/p>\n<p>Jeppe se enigste SA Skole-speler tot dusver is die vleuel Warren McCann wat in 1985 die span gehaal het.&nbsp;Simelane het amper na willekeur gapings in die Pumas se verdediging gevind.&nbsp;Hy beskik oor baie vaart en het \u2019n akkurate skopskoen.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Rooibontes se slot Ruan Vermaak het soos gewoonlik ook inklimspel gelewer.&nbsp;Hy is goed voorlangs deur Justin Brandon, die kaptein en haker, asook die flank Henro Liebenberg bygestaan.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Pumas 35 (14) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Mlondi Mnisi, Marnus van der Merwe, Fana Ngwenya. Doelskop: Wessel Muller. Strafdoele: Muller (6).&nbsp;<strong>Goue Leeus 29 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Justin Brandon, Lwazi Monakali, Michael Tambwe, Hacjivah Dayimani, Wandile Simelane. Doelskoppe: Simelane (2).<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sasolburg. \u2013 Die wedstryd tussen die Pumas en die Leeus se Cravenweek-spanne op die jaarlikse Noordvaal Bondedag by die DP de Villiers-stadion hier was die hoogtepunt van die dag se spel. Die Pumas het die Leeus in \u2019n opwindende stryd met 35-29 die loef afgesteek. Die Noordvaal Bondedag dien jaarliks vir die helfte van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6662,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6663","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6663","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6663"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6663\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6662"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6663"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6663"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6663"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}