{"id":66648,"date":"2025-03-09T11:41:57","date_gmt":"2025-03-09T09:41:57","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=66648"},"modified":"2025-03-09T11:41:57","modified_gmt":"2025-03-09T09:41:57","slug":"die-blou-leeus-asook-die-leeu-van-die-noorde-brul-hard-in-nwu-16-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=66648","title":{"rendered":"Die Blou Leeus asook die Leeu van die Noorde brul hard in NWU 16-reeks"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-66654\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/WhatsApp-Image-2025-03-08-at-12.58.25-400x320.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"320\" \/>Die kompetisie in die <strong>NWU 16-reeks<\/strong> het die afgelope paar jaar al hoe strawwer geword.<\/p>\n<p>Na die eerste twee rondes ligawedstryde is dit reeds bekend dat daar vanjaar &#8216;n nuwe kampioen op eerstespanvlak gekroon sal word.<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioen, <strong>Ho\u00ebrskool Riebeeckrand<\/strong>, is in albei sy kragmeting tot dusver teen <strong>Hans Strijdom<\/strong> (12-35) en die <strong>Ho\u00ebrskool Alberton<\/strong> (14-17) uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>Die groepwedstryd tussen Alberton en Hans Strijdom van Mookgophong eerkomende Saterdag sal bepaal wie van Groep C tot die halfeindronde sal deurdring. Di\u00e9 kragmeting sal dus vir alle akademiese doeleindes as &#8216;n kwarteindstryd dien.<\/p>\n<p>Die Allies het vir Riebies met 17-14 in &#8216;n klipharde tweestryd verslaan. Die verdedigende kampioen het met die omdraaislag &#8216;n skrale voorsprong van 7-5 geniet.<\/p>\n<p>Riebies se twee flanke, <strong>Marko Grobler<\/strong> en <strong>Kobus Malan<\/strong>, het die veld vol gespeel, terwyl die skrumskakel, Aiden Botes, agterlangs &#8216;n doring in Alberton se vlees was.<\/p>\n<p><strong>Hans Strijdom<\/strong> het Saterdag vir <strong>Leeuwenhof Akademie<\/strong> op laasgenoemde se tuisveld met 38-0 gekarnuffel. Die besoekers het teen rustyd &#8216;n voorsprong van 19-0 opgebou met sy regtervleuel, <strong>Louis Joubert<\/strong>, wat twee keer in die helfte &#8216;n draai agter die doellyn gemaak het.<\/p>\n<p>In die tweede helfte was dit die agtsteman, <strong>Kian du Plessis<\/strong>, se beurt om twee keer te gaan druk. Die wenspan se flank en kaptein, <strong>Janneman Benson<\/strong>, was op die dag sy span se beste speler, terwyl Du Plessis en <strong>Tebogo Mopologela<\/strong> (heelagter) ook uitmuntend vertoon het.<\/p>\n<p>Die wenner van die kragmeting tussen Alberton en Hans Strijdom sal teen <strong>Ben Viljoen<\/strong> van Greoblersdal in die reeks se halfeindronde te staan kom. Die span van Groblersdal het nog een ligawedstryd teen Pretoria-Noord oor, maar is die gunsteling om die kragmeting volgende week in die Jakarandastad te wen.<\/p>\n<p>Ben Viljoen was met 19-12 in &#8216;n strawwe tweestryd soos gewoonlik teen die <strong>Ho\u00ebrskool Ellisras<\/strong> baas. Teen rustyd met die telling op 6-elk was daar niks tussen die twee spanne te kies nie.<\/p>\n<p>Die wenspan se binnesenter, <strong>Chris Jordaan<\/strong>, het 14 van sy span se punte met sy skopskoen aangeteken. Hy het vier strafdoele deur die pale geklits asook sy span se enigste drie deur die flank <strong>Jac-Johan Gouws<\/strong> verdoel. In totaal het die skeidsregter 40 strafskoppe tydens die kragmeting toegestaan.<\/p>\n<p>Dit is dan ook geen verrassing dat al 12 Ellisras se punte deur sy losskakel, <strong>Anzio Swartbooi<\/strong>, met strafdoele aangeteken is nie. Die twee spanne het mekaar verlede jaar laas in die Limpopo-einstryd gepak met Ellisras wat toe met 27-19 baas was.<\/p>\n<p>In Groep B blyk dit dat <strong>Sarel Cilliers<\/strong> van Glenco\u00a0tot die halfeindronde sal deurdring. Die <strong>Blou Leeus<\/strong> van Sarel Cilliers was op hul stukke teen <strong>Volskrust<\/strong> met &#8216;n oortuigende oorwinning van 90-19. Soos wat die telling aandui het die verloorspan egter nooit handdoek ingegooi nie.<\/p>\n<p>Sarel Cilliers se buitesenter en onderkaptein, <strong>Nzuzo Lembethe<\/strong>, was witwarm in die middelveld en het vier van sy span se 14 drie\u00eb afgerond. Sy sentermaat, <strong>Adriaan de Beer<\/strong>, het saam met hom amok gemaak.<\/p>\n<p>Die skrumskakel, <strong>Thando Mnisi<\/strong>, het tien van di\u00e9 drie\u00eb vir &#8216;n persoonlike bydrae van 20 punte verdoel. Mnisi was boonop op die dag sy span se beste agterspeler, terwyl die slot en kaptein, <strong>Simphiwe Zuma<\/strong>, voorlangs die pap dik aangemaak het.<\/p>\n<p><strong>Sothando Sangweni<\/strong>, Sipho Dube en <strong>Browin Martins<\/strong> het moedig vir die verloorspan probeer.<\/p>\n<p><strong>Pionier<\/strong> vanaf Vryheid het<strong> Ferrum<\/strong> van Newcastle se kanse om tot die halfeinronde deur te dring met &#8216;n sege van 23-18 be\u00ebindig. Dit was die wenspan se losskakel, <strong>Gerber Diedericks<\/strong>, was die meeste skade aangerig het. Hy het self een van sy span se twee drie\u00eb gedruk, albei verdoel en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.<\/p>\n<p>Sy skakelmaat, <strong>Jaco Smith<\/strong>, kan ook tevrede met sy diens aan Diedericks voel. Voorlangs het <strong>Stephan Nel<\/strong> (loskopstut), <strong>Franco Jonker<\/strong> (slot) en <strong>Jacques Richter<\/strong> (flank) ook stewige vertonings opgedis. Vir Ferrum was sy flank <strong>Zander Struwig<\/strong> uitstaande. Hy het ook twee van sy span se drie\u00eb gaan druk.<\/p>\n<p>In Groep D blyk dit dat die <strong>Ho\u00ebrskool Vryburg<\/strong> weer bo-aan die puntelys sal eindig. Hy was met 10-8 baas in &#8216;n naelbytstryd Vrydag teen <strong>Wolmaransstad<\/strong>. Die wenspan het teen rustyd &#8216;n skrale voorsprong van 5-0 geniet.<\/p>\n<p>Wollies se flank <strong>Attie Becker<\/strong> het egter met speeltyd reeds verstreke die tuisskare hoop gegee. Indien Becker se drie verdoel was sou die gelykopuitslag beteken het dat Wollies nog tot die halfeindronde kon deurdring.<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Schoonspruit<\/strong> se binnesenter, <strong>Bevan Morkel<\/strong>, het met sy skopskoen vir Fochville &#8216;n paar benoude oomblikke in die eerste helfte van hul kragmeting laat beleef. <strong>Fochville<\/strong> wat die kragmeting met 20-6 as oorwinnaars van die veld gestap het, het teen lemoentyd &#8216;n voorsprong van 19-6 geniet.<\/p>\n<p>Morkel het twee strafdoele waarvan een verder as 50 meter in die eerste oorgeklits om sy span in die wedstryd te hou. Sy kaptein en agtsteman, <strong>Dylan Prinsloo<\/strong>, was ook weer uitstaande.<\/p>\n<p>Vir Fochville het <strong>Ryan O&#8217;Reilly<\/strong> dubbelle driedruk-plesier ervaar.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Fochville 20 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ryan O&#8217;Reily (2), Simphiwe Ntuli, Athi Nqwele. <strong>Schoonspruit 6 (6) &#8211;<\/strong> Strafdoel: Bevan Morkel (2).<\/p>\n<p><strong>Vryburg 10 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Olerato Bonokwane, Marco Halgryn. <strong>Wolmaransstad 8 (0) &#8211;<\/strong> Drie: Attie Becker. Skepdoel: Lucraine Wyngaardt.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Alberton 17 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Joshua van Rensburg, Luke Joubert, Jayden Mostert. Doelskop: Jayden Mostert. <strong>Riebeeckrand 14 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Aiden Botes, Kobus Malan. Doelskoppe: Onthatile Moruledi (2).<\/p>\n<p><strong>Sarel Cilliers 90 (41) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Nzuzo Lembethe (4), Fisokuhle Ndaba (2), Simphiwe Zuma (2), Manqoba Mkhize, Samkelo Ntombela, Adriaan de Beer, Katlego Makoni, Kgomotso Mtshali, Awonke Dlamini. Doelskoppe: Thando Mnizi (10). <strong>Volksrust 19 (7) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Sipho Dube, Nqobani Mayisela, As\u2019iphile Nkosi. Doelskoppe: Bronwin Martins (2).<\/p>\n<p><strong>Pionier 23 (11) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Gerber Diedericks, Dylan Smit. Doelskoppe: Diedericks (2). Strafdoele: Diedericks (3).\u00a0 <strong>Ferrum 18 (3) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Zander Struwig (2), Phillip van Tonder. Strafdoel: Thando Masondo.<\/p>\n<p><strong>Hans Strijdom 38 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Louis Joubert (2), Kian du Plessis (2), Tebogo Mopologela, Nathan Pool. Doelskoppe: Henriko van der Colff (4). <strong>Leeuwenhof 0<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ben Viljoen 19 (6) &#8211;<\/strong> Drie: Jac-Johan Gouws. Doelskop: Chris Jordaan. Strafdoele: Jordaan (4). <strong>Ellisras 12 (6) &#8211;<\/strong> Strafdoele: Anzio Swartbooi (4).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Fochville 44, Schoonspruit 3; Riebeeckrand 28, Alberton 18; Leeuwenhof 12, Hans Strijdom 5; Ellisras 30, Ben Viljoen 28; Ferrum 14, Pionier 5.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Schoonspruit 12, Fochville 10; Riebeeckrand 55, Alberton 3; Leeuwenhof 75, Hans Strijdom 0; Ben Viljoen 21, Ellisras 8; Pionier 24, Ferrum 23.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Fochville 43, Schoonspruit 0; Riebeeckrand 38, Alberton 3; Leeuwenhof 17, Hans Strijdom 0; Ellisras 19, Ben Viljoen 10; Pionier 12, Ferrum 3.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kompetisie in die NWU 16-reeks het die afgelope paar jaar al hoe strawwer geword. Na die eerste twee rondes ligawedstryde is dit reeds bekend dat daar vanjaar &#8216;n nuwe kampioen op eerstespanvlak gekroon sal word. Die verdedigende kampioen, Ho\u00ebrskool Riebeeckrand, is in albei sy kragmeting tot dusver teen Hans Strijdom (12-35) en die Ho\u00ebrskool [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":66654,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-66648","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66648","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=66648"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66648\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/66654"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=66648"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=66648"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=66648"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}