{"id":66655,"date":"2025-03-09T16:08:14","date_gmt":"2025-03-09T14:08:14","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=66655"},"modified":"2025-03-09T16:08:14","modified_gmt":"2025-03-09T14:08:14","slug":"rooi-bulle-tem-nog-n-grote-parkies-druk-10-keer-teen-piet-retief","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=66655","title":{"rendered":"Rooi Bulle tem n\u00f3g \u2019n grote, Parkies druk 10 keer teen Piet Retief"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_66660\" aria-describedby=\"caption-attachment-66660\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-66660 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/HTS-Middelburg-rugby-vs-EG-Jansen-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-66660\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Sun\u00e9 Rowe Photography.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong> het vir die tweede agtereenvolgende week &#8216;n groot hond in die Noordvaal gebyt.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/p>\n<p>Die Rooi Bulle het in Mbombela vir <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> met 24-18 getroef in &#8216;n skouspel van hardlooprugby.<\/p>\n<p>Buitesenter, <strong>Jacques Greyling<\/strong>, wat oorgeduik het vir een van sy span se vier drie\u00eb, spog met die unieke prestasie dat hy nog in elke wedstryd wat hy vir die eerste span van Middelburg gespeel het agter die doellyn gaan kuier het.<\/p>\n<p>Die besoekers se gewilligheid om die bal lug te gee en die Rhinos se verdediging deurgaans te toets, het vrugte afgewerp en die sege verseker. Losskakel, <strong>Nathan Janse van Vuuren<\/strong>, het weer puik diens gelewer om vir Greyling en kaptein, <strong>Johnny Dos Santos<\/strong>, wat kort voor die afskop in die beginspan ingetrek is en ook &#8216;n drie gedruk het, op die voorvoet te plaas.<\/p>\n<p>Die tuisspan het homself deur ongedwonge foute en gebrekkige dissipline in die voet geskiet, hoewel hy met rukke en stote beslis gevaarlik voorgekom het op die aanval. Agsteman en kaptein, <strong>Vaughn van Zyl<\/strong>, het &#8216;n besielende vertoning gelewer om die Rooi Bulle se agttal met sy fisieke dryfspel besig gehou, en is welverdiend beloon met een van die Rhinos se twee drie\u00eb.<\/p>\n<p>Die uitstaande aspek van die tuisspan se vertoning was die gesag waarmee hulle in die vaste fasette te werk gegaan het. Dit was ver\u00e1l in die skrums waar hulle, te danke aan stutte, <strong>Lindelani Ndlela<\/strong> en <strong>Gert Cloete<\/strong>, hul stempel deeglik afgedruk het en dit kan op die pad vorentoe &#8216;n stewige platform bied vir die agterlyn.<\/p>\n<p><strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> het uithalerspel opgedis op <strong>Ho\u00ebrskool Piet Retief<\/strong> se Jack Botes-stadion om nie minder nie as 10 keer agter die\u00a0 doellyn te gaan kuier en die tuisspan &#8216;n dragslae van 78-7 toe te dien. Interessant genoeg is agt van die drie\u00eb deur vier van die Parkies se voorspelers gedruk.<\/p>\n<p>Die besoekers se verwoede dryfmale was een te veel vir vir die tuisspan, met di\u00e9 momentum wat vir haker, <strong>Declan Pelser<\/strong>, oopkantflank, <strong>Nathen du Plessis<\/strong>, en losskopstut, <strong>Mattheus Prinsloo<\/strong>, in staat gestel het om elkeen twee keer die doellyn oor te steek.<\/p>\n<p>Losskakel,<strong> Andru Keun<\/strong>, het nietemin ook sy bedrewe agterlyn aan die gang gekry, en die Parkie-kaptein se besluitneming en intensie om die bal so vinnig moontlik te versprei was ook &#8216;n deurslaggewende faktor in die Pretorianers se wegholsege.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg 24 (12)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Hanru Terblanche, Ethan de Kock, Johnny Dos Santos, Jacques Greyling. Doelskoppe: WJ Enslin (2). <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 18 (6) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Vaughn van Zyl, Liam Pringle. Doelskop: Pringle. Strafdoele: Pringle (2).<\/p>\n<p><strong>Menlopark 78 (40)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Declan Pelser (2), Nathen du Plessis (2), Mattheus Prinsloo (2), Bladen Pietersen (2), Xander Roets, Jacques Wiltz, Reihardt Herbst, Gustav Sch\u00e4ffner. Doelskoppe: Anru Keun (8), Willie Pieterse. <strong>Ho\u00ebrskool Piet Retief 7 (0)<\/strong> &#8211; Drie: Vuyani Tshabalala. Doelskop: Musa Ncube.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o. 16:<\/strong> HTS Middelburg 20, Ho\u00ebrskool Nelspruit 14; Ho\u00ebrskool Piet Retief 27, Menlopark 20.<\/p>\n<p><strong>o. 15:<\/strong> Ho\u00ebrskool Nelspruit 19, HTS Middelburg 0; Menlopark 10, Ho\u00ebrskool Piet Retief 6.<\/p>\n<p><strong>o. 14:<\/strong> Ho\u00ebrskool Nelspruit 15, HTS Middelburg 14; Menlopark 17, Ho\u00ebrskool Piet Retief 5.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg het vir die tweede agtereenvolgende week &#8216;n groot hond in die Noordvaal gebyt. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Rooi Bulle het in Mbombela vir Ho\u00ebrskool Nelspruit met 24-18 getroef in &#8216;n skouspel van hardlooprugby. Buitesenter, Jacques Greyling, wat oorgeduik het vir een van sy span se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":66660,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-66655","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66655","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=66655"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66655\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/66660"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=66655"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=66655"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=66655"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}