{"id":66662,"date":"2025-03-10T15:31:54","date_gmt":"2025-03-10T13:31:54","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=66662"},"modified":"2025-03-10T15:31:54","modified_gmt":"2025-03-10T13:31:54","slug":"dreyer-sool-wessies-tot-sege-gimmies-skop-af-met-ses-van-die-bestes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=66662","title":{"rendered":"Dreyer sool Wessies tot sege, Gimmies skop af met ses van die bestes"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_66772\" aria-describedby=\"caption-attachment-66772\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-66772 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Potch-Gimmies-on-Facebook-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-66772\" class=\"wp-caption-text\">Reba Moalosi, linkervleuel van Potchefstroom Gimnasium, duik sierlik oor vir een van sy span se ses drie\u00eb Saterdag teen Ho\u00ebrskool Wagpos. FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Eduard Dreyer<\/strong> se stewel was Saterdag in Klerksdorp die beslissende faktor in <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> se eerste sege van die jaar, in die <strong>NWU Prestige-reeks<\/strong>.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Dit het soos verwag &#8216;n uiters fisieke stryd afgegee tussen die Wessies en <strong>Die Anker<\/strong>, met die Klerksdorpers wat uiteindelik met 26-24 die pyp kon rook.<\/p>\n<p>Die besoekers van Brakpan het, na slegs &#8216;n paar minute se spel, hul agsteman en kaptein, <strong>Ruben Herbst<\/strong>, met &#8216;n besering verloor. Hulle het hulself egter nie deur di\u00e9 terugslag laat onderkry nie, met vernaam slot, <strong>Brendan van Lutterfield<\/strong>, wat eenvoudig sy fokus verder verskerp het om die Wessie-pak met mening aan te vat. Daarvoor is Van Lutterfield met twee drie\u00eb beloon.<\/p>\n<p>Dit het die res van die Brakpanse agttal aangevuur om die pap n\u00f3g dikker aan te maak voorlangs, terwyl binnesenter, <strong>Edrick Pienaar<\/strong>, die telbord laat aanhou rol het met drie strafdoele en &#8216;n doelskop.<\/p>\n<p>Dit was egter die Wessies se skerpskutter, <strong>Eduard Dreyer<\/strong>, wat die laaste s\u00ea sou h\u00ea.<\/p>\n<p>Dreyer was uitstaande in die nr 10-trui. Die losskakel het onder druk geslaag om sy span op die voorvoet te hou met flink diens en skerp visie, en hy het self &#8216;n slag agter die doellyn gaan draai.<\/p>\n<p>Dit was egter met die stewel dat hy die knoop vir Wesvalia deurgehak het. Vier strafdoele en twee doelskoppe, tesame met sy drie, het aan Dreyer &#8216;n persoonlike bydrae van 21 punte besorg &#8211; waarvan twee punte die verskil tussen wen en verloor beteken het.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> het sy 2025-seisoen en Prestige-reeks geloods met &#8216;n gemaklike sege van 38-12 oor <strong>Ho\u00ebrskool Wagpos<\/strong> in Potchefstroom.<\/p>\n<p>Die Gimmies het ses keer gaan druk, met agsteman, <strong>De Wet Grobler<\/strong>, wat vir twee van di\u00e9 drie\u00eb verantwoordelik was en oor die algemeen be\u00efndruk het met sy aanvalsvernuf. Die ervare binnesenter, <strong>Elrich Bosch<\/strong>, het ook sy goeie spelpeil van verlede seisoen gehandhaaf en behoort weer vanjaar &#8216;n angel in die middeveld te wees.<\/p>\n<p>Die stryd tussen<strong> Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Jeugland<\/strong> in Kempton Park was die derde van die Prestige-reeks bepalings vandeesweek wat met slegs &#8216;n enkele punt beslis is. Dit was &#8216;n wedstryd wat vir hope opwinding gesorg het, met albei spanne wat uiters gevaarlik op die aanval vertoon het.<\/p>\n<p>Die stelskopstryd tussen die tuisspan se losskakel, <strong>King Agbanzo<\/strong>, en Marais Viljoen se heelagter, <strong>Raynardt Kruger<\/strong>, was egter deurslaggewend. Agbanzo was in die kol met drie doelskoppe en &#8216;n strafdoel, maar Kruger het daarop verbeter met twee doelskoppe, asook twee strafdoele, wat uiteindelik &#8216;n sege van 25-24 vir Marais Viljoen beklink het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia 26 (13)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Quewen Fourie, Eduard Dreyer. Doelskoppe: Dreyer (2). Strafdoele: Dreyer (4). <strong>Die Anker 24 (10)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Brendan van Lutterfield (2), Xavier Momberg. Doelskoppe: Edrick Pienaar (3). Strafdoel: Pienaar.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium 38 (19)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: De Wet Grobler (2), Matthew Redelinghuys, Reba Moalosi, Elrich Bosch, MJ Potgieter. Doelskoppe: Zandr\u00e9 da Silva (4). <strong>Wagpos 12 (5)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen 25 (10)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Rio Tshimbalanga, Sifiso Shongwe, Kabelo Thloane. Doelskoppe: Raynardt Kruger (2). Strafdoele: Kruger (2). <strong>Jeugland 24 (10)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Joseph Ngoma-Ngoma, Beya Nyathi, Lesego Moitse. Doelskoppe: King Agbanzo (3). Strafdoel: Agbanzo.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Die Anker 27, Wesvalia 0; Wagpos 54, Potchefstroom Gimnasium 10; Marais Viljoen 29, Jeugland 14.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Wesvalia 15, Die Anker 0; Potchefstroom Gimnasium 24, Wagpos 3; Marais Viljoen 19, Jeugland 14.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Wesvalia 39, Die Anker 0; Wagpos 3, Potchefstroom Gimnasium 0; Jeugland 12, Marais Viljoen 10.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Eduard Dreyer se stewel was Saterdag in Klerksdorp die beslissende faktor in Ho\u00ebrskool Wesvalia se eerste sege van die jaar, in die NWU Prestige-reeks. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Dit het soos verwag &#8216;n uiters fisieke stryd afgegee tussen die Wessies en Die Anker, met die Klerksdorpers wat uiteindelik met 26-24 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":66772,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-66662","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66662","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=66662"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66662\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/66772"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=66662"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=66662"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=66662"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}