{"id":6667,"date":"2015-06-30T06:30:07","date_gmt":"2015-06-30T06:30:07","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/noord-natal-en-kiewiete-in-hoofwedstryd-vandag\/"},"modified":"2015-06-30T06:30:07","modified_gmt":"2015-06-30T06:30:07","slug":"noord-natal-en-kiewiete-in-hoofwedstryd-vandag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6667","title":{"rendered":"Noord-Natal en Kiewiete in hoofwedstryd vandag"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6666\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NuusG_OosVry.JPG\" width=\"372\" height=\"278\" alt=\"NuusG OosVry\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Reitz. &#8211; Die verdedigende kampioen van die VKB-week, Noord-Natal, het hier op Piet Geyer-park gesweet om vir Suid-Vrystaat die loef 32-29 af te steek. Die span van KwaZulu-Natal sal vandag teen die Vrystaatse Kiewiete in die een halfeindstryd te staan kom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kiewiete het die Lynx van Johannesburg met 29-18 verslaan. Die Vrystaters se losskakel, Henco &#8220;Rambo&#8221; de Wet het 24 punte tot sy span se totaal bygedra. De Wet het een van sy span se twee drie\u00eb gedruk, albei verdoel en ook vyf strafdoele tussen deur die pale gejaag. Die Vrystaters se senter Kobus van Tonder het ook &#8216;n goeie wedstryd beleef. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noord-Natal se Lammergeiers moes aan die einde van sy kragmeting teen Suid-Vrystaat vir &#8216;n vale keer. Suid-Vrystaat se twee gevaarlike vleuels, die Kente-broers Molefe en Tsepo, het al hoe meer besit in spasie gekry. Die heelagter, Khoko Potsane, het ook met sy dartellopies vanuit die laaste vesting vir die Lammergeiers probleme besorg. Molefe Kente en Potsane het albei twee keer agter die doellyn gaan kuier. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die Lammergeiers het het sy losskakel, Devin Aspden, met sy skopskoen die deurslag gegee. Die agtsteman, Marius Groenewald, het ook in die los gewoel, terwyl die senter Nathan Viljoen agterlangs op die aanval goeie spel gelewer het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds het vir die grootste opskudding gesorg toe hy die Valke met 30-24 verslaan het. Die Valke het teen lemoentyd &#8216;n voorsprong van 24-20 geniet. Die Valke het die einste Luiperds vroe\u00ebr vanjaar in &#8216;n opwarmingsstryd met 32-22 verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds se voorry wat bestaan het uit Rudi Saaiman, JW Lazenby en Wilhelm van der Merwe het die verloorspan in die skrums opgekeil. Die twee slotte, Pieter Bezuidenhout en Arrie van den Berg, was ook uitstaande, terwyl die flank Quinten Smit by die afbreekpunte &#8216;n hele paar keer omgekeerde besit verseker het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke se kantman Jaco Munnick het in die verloorspan met sy stormlopies uitgetroon.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds kom teen die Rooikatte (Pretoria Privaatskole) in die ander halfeindstryd te staan. Die Rooikatte se losskakel, Jayson Bayford, was aan die spits van sy span se sege van 26-19 oor Sandveld. Hy het op die aanval vele vrae aan Sandveld se verdediging gevra en sy stelskopwerk was ook van hoogstaande gehalte. Vir Sandveld het sy kaptein en flank, Tefello Ramathello, en die senter Arno Taljaard goeie wedstryde beleef.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer, Oos-Vrystaat, en Suid-Natal het in &#8216;n saai kragmeting met 13-elk gelykop gespeel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Vandag se bepalings is:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>09:00:<\/strong> Valke t. Suid-Vrystaat; <strong>10:20:<\/strong> Sandveld t. Suid-Natal;<strong> 11:40:<\/strong> Lynx t. Oos-Vrystaat; <strong>13:00:<\/strong> Luiperds t. Rooikatte; <strong>14:20:<\/strong> Noord-Natal t. Vrystaat Kiewiete.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Suid-Natal 13 (3):<\/strong> Drie: Vellemseni Mbanjwa. Doelskop: Tim Louw. Strafdoele: Louw (2). <strong>Oos-Vrystaat 13 (10):<\/strong> Drie: Jade Adams. Doelskop: Kobus Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Noord-Natal 32 (20):<\/strong> Drie\u00eb: Nathan Viljoen (2), Marius Groenewald (2). Doelskoppe: Devin Aspden (3). Strafdoele: Aspden (2). <strong>Suid-Vrystaat 29 (5):<\/strong> Drie\u00eb: Molefe Kente (2), Khoko Potsane (2), Frikkie Davis. Doelskoppe: Potsane (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds 30 (20):<\/strong> Drie\u00eb: Michiel van de Venter, Arrie van den Berg, Danie van den Berg. Doelskoppe: CJ van Heerden (3). Strafdoele: Van Heerden (3). <strong>Valke 24 (24):<\/strong> Jaco Munnick, Andrew McNeill, Andr\u00e9de Jager, Armin Wessels. Doelskoppe: Herman Nell (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Vrystaat Kiewiete 29 (16):<\/strong> Henco de Wet, Kobus van Tonder. Doelskoppe: De Wet (2). Strafdoele: De Wet (5). <strong>Lynx 18 (8):<\/strong> Drie\u00eb: Dominic Spannenberg, Tyron Dempsey, JP de Bruyn. Strafdoel: Ethan Anderson.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Rooikatte 26 (16):<\/strong> Drie\u00eb: Heinro Kritzinger, Paul Teitge. Doelskoppe: Jason Bayford (2). Strafdoele: Bayford (4). <strong>Sandveld 19 (12):<\/strong> Drie\u00eb: Armand du Plooy, Paul Teitge, Arno Taljaard. Doelskoppe: Bernard Fourie (2).<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Reitz. &#8211; Die verdedigende kampioen van die VKB-week, Noord-Natal, het hier op Piet Geyer-park gesweet om vir Suid-Vrystaat die loef 32-29 af te steek. Die span van KwaZulu-Natal sal vandag teen die Vrystaatse Kiewiete in die een halfeindstryd te staan kom. Die Kiewiete het die Lynx van Johannesburg met 29-18 verslaan. Die Vrystaters se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6666,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6667","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6667","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6667"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6667\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6666"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6667"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6667"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6667"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}