{"id":6669,"date":"2015-07-01T06:03:09","date_gmt":"2015-07-01T06:03:09","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/lammergeiers-en-luiperds-in-eindstryd-van-vkb-week\/"},"modified":"2015-07-01T06:03:09","modified_gmt":"2015-07-01T06:03:09","slug":"lammergeiers-en-luiperds-in-eindstryd-van-vkb-week","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6669","title":{"rendered":"Lammergeiers en Luiperds in eindstryd van VKB-week"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6638\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/VKB.jpg\" alt=\"VKB\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" width=\"217\" height=\"146\" \/>Reitz. &#8211; Die Lammergeiers van Noord-Natal sal sy titel as kampioen van VKB-week hier Vrydag teen die Luiperds verdedig. Die verdedigende kampioen het gister in die hoofwedstryd van die tweede dag die Vrystaatse Kiewiete in &#8216;n spannende wedstryd met 25-13 verslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Lammergeiers moes vir tien minute met slegs 13 man klaarkom en vir feitlik die hele tweede helfte met net 14 spelers. Die span se voorryman, Emile van Rooyen, het vroeg in die tweede helfte &#8216;n rooikaart van die skeidsregter, Gordon Lodder, gekry. Die span se ander stut, Wimpie Steenkamp, is ook koelkas toe gestuur na vuilspel en die gebruik van grutaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Steenkamp het egter &#8216;n minuut na sy terugkeer tot die spel die laaste spyker in die Kiewiete se doodskis geslaan toe hy oorgeval het. Die Kiewiete sal vandag wonder hoe hulle die wedstryd verloor het. Die span het meeste van die balbesit geniet en gebiedsvoordeel, maar kon dit nie in punte omskep nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Lammergeiers se senter, Ruan Fourie, het sy span se eerste drie gedruk teen die verloop van die spel toe hy die bal onderskep en deurgenael het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds het sy plek in die eindstryd danksy &#8216;n sege van 22-17 oor die Rooikatte bespreek. Die wenspan se agtsteman, Jonan van den Berg, kan trots op &#8216;n blink vertoning voel, terwyl die senter CJ van Heerden agterlangs sy span se beste was. Die span se haker, JW Lazenby, is ook &#8216;n bulletjie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rooikatte wat uit Pretoria se privaatskole saamgestel word het teen lemoentyd met 14-3 voorgeloop. Di\u00e9 span se losskakel, Jasyson Bayford, is die beste speler in sy posisie op die toernooi. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oos-Vrystaat sal tevrede met hulle sege van 20-15 oor Lynx voel. Die gasheer het vir ongeveer 15 minute uitmuntend vertoon en die besoekers van Johannesburg van die veld af gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sandveld het &#8216;n goeie oorwinning van 30-14 oor Suid-Natal behaal. Die wenspan se kaptein en flank, Tefello Ramathello, en senter Arno Taljaard verdien elk &#8216;n klop op die skouer vir hulle vertonings.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Noord-Natal 25 (14):<\/strong> Drie\u00eb: Ruan Fourie, Marius Groenewald, Wimpie Steenkamp. Doelskoppe: Devin Aspden (2). Strafdoele: Aspden (2). <strong>Vrystaat Kiewiete 13 (6):<\/strong> Drie: Dillon du Preez. Doelskop: Henco de Wet. Strafdoele: De Wet (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds 22 (3):<\/strong> Drie\u00eb: CJ Steyn, Danie van den Berg, Jacques du Plooy. Doelskoppe: CJ van Heerden (2). Skepdoel: Hercu Strydom. <strong>Rooikatte 17 (14):<\/strong> Drie\u00eb: Jayson Bayford, Heinz Gronum. Doelskoppe: Bayford (2). Strafdoel: Bayford.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Oos-Vrystaat 20 (17):<\/strong> Drie\u00eb: Morn\u00e9 Venter, Jade Adams, Willem Buys. Doelskop: JD Muller. Strafdoel: Kobus Erasmus. Lynx 15 (10): Drie\u00eb: Ethan Anderson, Siphiwe Mazibuko, JP Nettman.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Sandveld 30 (13):<\/strong> Drie\u00eb: SF Jerling, Mpho Mashiya, Boipelo Mokhobo. Doelskoppe: Bernard Fourie (2), Arno Taljaard. Strafdoele: Fourie (3). <strong>Suid-Natal 14 (7):<\/strong> Drie\u00eb: Andro&#8217;ma Toit, Strafdrie. Doelskoppe: Tim Louw (2)&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Suid-Vrystaat 26 (14):<\/strong> Drie\u00eb: Keletho Monageng, Dylan Erasmus, Thinus van Niekerk, Molefe Kente. Doelskoppe: Kgotso Potsane (3). <strong>Valke 20 (8):<\/strong> Drie\u00eb: Gustav Brits, Frikkie Pothas, Jan Labuschagne. Doelskop: Herman Nell. Strafdoel: Nell.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Reitz. &#8211; Die Lammergeiers van Noord-Natal sal sy titel as kampioen van VKB-week hier Vrydag teen die Luiperds verdedig. Die verdedigende kampioen het gister in die hoofwedstryd van die tweede dag die Vrystaatse Kiewiete in &#8216;n spannende wedstryd met 25-13 verslaan. Die Lammergeiers moes vir tien minute met slegs 13 man klaarkom en vir feitlik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6638,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6669","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6669","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6669"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6669\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6669"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6669"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6669"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}