{"id":66746,"date":"2025-03-10T13:17:46","date_gmt":"2025-03-10T11:17:46","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=66746"},"modified":"2025-03-10T13:17:46","modified_gmt":"2025-03-10T11:17:46","slug":"le-roux-n-reus-vir-klerksdorp-een-punt-genoeg-vir-montana","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=66746","title":{"rendered":"Le Roux \u2019n reus vir Klerksdorp, een punt genoeg vir Montana"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_66761\" aria-describedby=\"caption-attachment-66761\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66761\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/KHS-vs-Zwartkop-Marius-Nortje-400x272.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"272\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-66761\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrkool Klerksdorp<\/strong> se loskopstut, <strong>De Wet le Roux<\/strong>, het die kroon gespan op &#8216;n reuse vertoning deur oor te storm vir &#8216;n drie wat aan sy span &#8216;n eerste sege in die <strong>NWU Prestige-reeks<\/strong> besorg het.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/p>\n<p>Dit is altyd skouspelagtig wanneer &#8216;n voorryman onderskep. Le Roux het s\u00f3 &#8216;n oomblik beleef, en boonop 50 m ver genael, vir die drie wat vir Klerksdorp &#8216;n sege met 28-19 oor <strong>Ho\u00ebrskool Hugenote<\/strong> (Springs) beklink het.<\/p>\n<p>En, dit na &#8216;n klipharde voorrystryd met die Hugies, wat self skitterend voorlangs vertoon het.<\/p>\n<p>Hugenote se haker, <strong>Luan Smit<\/strong>, het ook &#8216;n voorry-drie vir sy span gedruk, terwyl flank en kaptein, <strong>Arn\u00e9 Marais<\/strong>, oor die hele veld vir Klerksdorp talle hoofbrekens besorg het en beloon is met een van die Hugies se drie drie\u00eb.<\/p>\n<p>Agterlangs het Klerksdorp se losskakel, <strong>Brendin Matthyse<\/strong>, sy agterlyn, en vernaam vir <strong>Winton Abrahams<\/strong>, behendig op die voorvoet geplaas. Benewens sy puik balverspreiding, het Matthyse nie geskroom om die verdediging aan te vat nie en het hy self ook deurgebreek vir sy span se vierde drie.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> het, in Lichtenburg, &#8216;n verbete terugvegpoging geloods om uiteindelik met 29-28 te se\u00ebvier in &#8216;n wipplankstryd met <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong>. Die Liggies het in &#8216;n stadium &#8216;n voorsprong van 13-5 punte geniet, en het, met hul agttal aan die spits, voorlangs die septer geswaai.<\/p>\n<p>Haker, <strong>Juan van Rhyn<\/strong>, en vaskopstut, <strong>Duan Kruger<\/strong>, het elkeen oorgedryf om die Liggies in di\u00e9 goeie posisie geplaas, voordat, heelagter, <strong>Xander Blom<\/strong>, die kollig gesteel het deur met een van sy venynige teenaanvalle die verdediging te fnuik en sy span se voortou na rustyd te rek.<\/p>\n<p>Die span van Pretoria het egter deurentyd &#8216;n bedreiging ingehou en laat in die tweede helfte in die Liggies se gebied begin boer, wat uiteindelik aanleiding gegee het tot twee vinnige drie\u00eb en die kritieke doelskop van <strong>Hendrew Schoeman<\/strong> wat die wa deur die drif getrek het.<\/p>\n<p>Die wedstryd tussen <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> en <strong>Bergsig Akademie<\/strong> in die hoofstad van Limpopo het ook &#8216;n uitslag met slegs &#8216;n verskil van een punt opgelewer. Die skopskoen van die Pieties se heelagter, <strong>Ryno Mienie<\/strong>, was die verskil tussen die twee spanne, met sy doelskop \u00e9n strafdoel wat &#8216;n naelskraapse sege van 15-14 verseker het.<\/p>\n<p>Die Arende se buitesenter, <strong>Bradley Stonehouse<\/strong>, het self met drie strafdoele geslaag, maar misluk met sy laaste poging in die doodsnikke, wat aan Bergsig &#8216;n eerste oorwinning vir 2025 sou besorg het.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong>, en ver\u00e1l linkervleuel, <strong>Juan Fourie<\/strong>, het indrukwekkend vertoon om Heidelberg Volkskool met 31-24 tuis te troef. Fourie het sy vaart aan die buitekant tentoongestel om &#8216;n tweekuns aan drie\u00eb te behaal, terwyl skrumskakel, <strong>Juan Geldenhuys<\/strong>, vier straf- en twee doelskoppe oor die dwarslat laat seil het vir &#8216;n beduidende aandeel in sy span se oorwinning.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 28 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: De Wet le Roux, Tiaan Koen, Brendin Matthyse, Winton Abrahams. Doelskoppe: Matthyse (4). <strong>Hugenote (Springs) 19 (5)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Luan Smit, Arn\u00e9 Marais, Euan Venter. Doelskoppe: George Lucas (2).<\/p>\n<p><strong>Montana 29 (5)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Louan Erasmus, Luan Barnard, Dieter Scheepers, Marq de Villiers, Keagan van der Merwe. Doelskoppe: Hendrew Schoeman (2). <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg 28 (13)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Luan Snyman, Xander Blom, Juan van Rhyn, Duan Kruger. Doelskop: Snyman. Strafdoele: Snyman (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 15 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Andru de Beer, Ludke Pienaar, Doelskop: Ryno Mienie. Strafdoel: Mienie. <strong>Bergsig Akademie 14 (5)<\/strong> &#8211; Drie: Heinrich Krugel. Strafdoele: Bradley Stonehouse (3).<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Volkskool 31<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Juan Fourie (2), Hennie Pretorius, Anro Nel. Doelskoppe: Juan Geldenhuys (2). Strafdoele: Geldenhuys (4). <strong>Heidelberg Volkskool 24<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Jason Brits, JV Badella, Klaas Venter, Dean Last. Doelskoppe: Marco Botha (2).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Klerksdorp 52, Hugenote (Springs) 7; Montana 24, Lichtenburg 8; Pietersburg 53, Bergsig Akademie 0; Heidelberg Volkskool 24, Potchefstroom Volkskool 0.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Klerksdorp 34, Hugenote (Springs) 0; Lichtenburg 19, Montana 5; Pietersburg 19, Bergsig Akademie 0; Heidelberg Volkskool 10, Potchefstroom Volkskool 5.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Klerksdorp 31, Hugenote (Springs) 0; Montana 24, Lichtenburg 0; Pietersburg 24, Bergsig Akademie 0; Heidelberg Volkskool 28, Potchefstroom Volkskool 10.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrkool Klerksdorp se loskopstut, De Wet le Roux, het die kroon gespan op &#8216;n reuse vertoning deur oor te storm vir &#8216;n drie wat aan sy span &#8216;n eerste sege in die NWU Prestige-reeks besorg het. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Dit is altyd skouspelagtig wanneer &#8216;n voorryman onderskep. Le Roux [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":66761,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-66746","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66746","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=66746"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/66746\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/66761"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=66746"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=66746"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=66746"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}