{"id":6680,"date":"2015-07-11T05:36:47","date_gmt":"2015-07-11T05:36:47","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/nog-n-jesse-kriel-op-pad-na-roem\/"},"modified":"2015-07-11T05:36:47","modified_gmt":"2015-07-11T05:36:47","slug":"nog-n-jesse-kriel-op-pad-na-roem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6680","title":{"rendered":"N\u00f3g \u2019n Jesse Kriel op pad na roem?"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Stellenbosch. \u2013 Die nommer 13 word deur bygelowiges as die nommer van ongeluk beskou, maar vir die Kriel-familie van Pietermaritzburg sal di\u00e9 nommer oor die vier dae \u2019n spesiale betekenis h\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Jesse Kriel maak vandag sy buiging vir die Springbokke op buitesenter in die kragmeting teen die W\u00eareld-vyftiental op Nuweland in Kaapstad. Sy jonger broer, Matt Kriel, sal Dinsdag vir KwaZulu-Natal se o.18-span op die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in die Markotter-stadion hier in die nommer 13-trui teen die Goue Leeus uitdraf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die jongste Kriel sou aanvanklik nie in die Eikestad in aksie gewees het nie, maar het Donovan du Randt vervang wat weens \u2019n besering moes onttrek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Nie minder as sewe spelers wat al vir die Suid-Afrikaanse Skole-span in aksie was, sal vanjaar op die toernooi in aksie wees. Die meeste nog sedert die nasionale skole-span in 1974 die eerste keer gekies is. Hulle is Curwin Bosch, Heino Bezuidenhout (albei OP), Embrose Papier, Andell Loubser (albei Blou Bulle), IG Prinsloo (Vrystaat), Cobus Wiese (Griekwa-platteland) en Edmund Rheeder (Luiperds). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Van die ander spelers met bekende familielede is Boland se agtsteman, Evan Booysen, se broer Fabian het in dieselfde posisie vir die Jong Bokkies in die skrum gesak toe hulle in 2012 as w\u00eareldkampioen gekroon is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle se flank, Phillip Krause, se pa Piet Krause het in 1991 die eerste SA Skole-speler van die destydse Vaaldriehoek geword. Krause sr. het in sy loopbaan ook eersterangse rugby vir die Blou Bulle, Griekwas en die Leeus gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Grens se onderkaptein en slot, Daniel Froneman, se pa Philip het as stut vir Grens in 117 wedstryde verteenwoordig. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat se flank Jurie Burger se broer Junior Burger het in 2012 en 2013 vir Griekwa-platteland op die Cravenweek verteenwoordig. Wiese se ouer broer, Jasper, was ook saam destyds met Junior Burger in die plattelanders se span<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Westelike Provinsie se senter Manuel Ras se oom is die gewese Bok-skrumskakel, Ricky Januarie. Januarie het self in 2000 die nasionale skolespan gehaal. Die Streeptruie se stut Leo Kruger se pa is \u2019n bekende vryskut-sportjoernalis, Kattes Kruger. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Griekwas se voorryman, Boan Venter, se pa De Waal het die Poubloues se seniorspan in 106 wedstryde verteenwoordig. Venter sr. was lid van Griekwas se span wat aan die toernooi in 1991 in Oos-Londen deelgeneem het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">In die Goue Leeus se span maak Franco Tiedt die oond skoon. Sy pa, Jannie Tiedt, het vir Transvaal en Wes-Transvaal op die rugbyveld verteenwoordig. Die Tiedt-familie is die bekendste rugbyfamilie van Randfontein. Die Leeus se flank, Henro Liebenberg, se pa Christo het ook op sy dag vir die Rooibontes uitgedraf.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stellenbosch. \u2013 Die nommer 13 word deur bygelowiges as die nommer van ongeluk beskou, maar vir die Kriel-familie van Pietermaritzburg sal di\u00e9 nommer oor die vier dae \u2019n spesiale betekenis h\u00ea. Jesse Kriel maak vandag sy buiging vir die Springbokke op buitesenter in die kragmeting teen die W\u00eareld-vyftiental op Nuweland in Kaapstad. Sy jonger broer, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6680","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6680","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6680"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6680\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6680"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6680"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6680"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}