{"id":6684,"date":"2015-07-13T06:01:53","date_gmt":"2015-07-13T06:01:53","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-mik-na-100ste-cravenweek-sege\/"},"modified":"2015-07-13T06:01:53","modified_gmt":"2015-07-13T06:01:53","slug":"wp-mik-na-100ste-cravenweek-sege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6684","title":{"rendered":"WP mik na 100ste Cravenweek-sege"},"content":{"rendered":"<p><p>Die wedstrydkomitee van die Cravenweek vir ho\u00ebrskole kan n\u00e1 die eerste dag se spel van die 52ste weergawe van die rugbytoernooi in die Mark\u00f6tter-stadion, Stellenbosch dalk sy moeilikste taak van die week te wagte wees.<\/p>\n<p>Daar bestaan nie veel twyfel dat die wenner van vandag se hoofwedstryd \u2013\u2002tussen die Westelike Provinsie en die Blou Bulle \u2013\u2002tot die \u201chalfeindstryd\u201d van die toernooi sal deurdring nie.<\/p>\n<p>Indien die Griffons in hul wedstryd teen die Vrystaat vir \u2019n verrassing kan sorg en die Pumas be\u00efndruk in \u2019n sege oor die Grens, sal die komitee met so ietwat van \u2019n tameletjie sit.<\/p>\n<p>Die Perses kon laas in 1979 daarin slaag om die Vrystaat op die Cravenweek te klop. Di\u00e9 spanne se enigste ander kragmeting sedertdien was in 1988 toe die Vrystaat die Perses met 35-0 verniel het.<\/p>\n<p>Die Pumas is vanjaar saam met die Suidwestelike Distrikte die buiteperde wat gekies kan word om in die hoofwedstryd in aksie te wees.<\/p>\n<p>Die Pumas het waarskynlik hul beste span sedert die een van 2000 gestuur. Toe was die Pumas met 19-18 oor die Boland in die hoofwedstryd baas \u2013\u2002hoofsaaklik danksy die skopskoen van Nel Fourie.<\/p>\n<p>Die WP, die suksesvolste span in die geskiedenis van die Cravenweek, kan teen die Ligbloues die eerste span wees wat met 100 seges spog. Die Streeptruie behoort ongeag van vandag se uitslag die mylpaal in di\u00e9 toernooi te behaal.<\/p>\n<p>Die Streeptruie is ook die enigste van die 20 spanne in aksie hier wat nog nie 50 of meer kere aan die verloorkant was nie.<\/p>\n<p>Die Eikestad speel \u2019n rekord vyfde keer die gasheer. Die vorige toernooi hier sal onthou word as die Ebersohn-week. Die Ebersohn-tweeling, Robert en Sias, was aan die spits van die grootste sege tot nog toe in \u2019n hoofwedstryd, toe hulle die WP met 52-3 verneder het.<\/p>\n<p>In die Ligbloues en die WP se laaste stryd in die Bolandse dorp het \u2019n toekomstige eersterangse krieketspeler van die Titans, Pierre Joubert, met puik taktiese skoppe die Bulle in die hoofstryd tot \u2019n sege (24-12) gehelp.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die wedstrydkomitee van die Cravenweek vir ho\u00ebrskole kan n\u00e1 die eerste dag se spel van die 52ste weergawe van die rugbytoernooi in die Mark\u00f6tter-stadion, Stellenbosch dalk sy moeilikste taak van die week te wagte wees. Daar bestaan nie veel twyfel dat die wenner van vandag se hoofwedstryd \u2013\u2002tussen die Westelike Provinsie en die Blou Bulle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6684","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6684","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6684"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6684\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6684"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6684"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6684"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}