{"id":6688,"date":"2015-07-14T08:11:06","date_gmt":"2015-07-14T08:11:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/streeptruie-behaal-honderdtal-in-soete-sege\/"},"modified":"2015-07-14T08:11:06","modified_gmt":"2015-07-14T08:11:06","slug":"streeptruie-behaal-honderdtal-in-soete-sege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6688","title":{"rendered":"Streeptruie behaal honderdtal in soete sege"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6687\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/NewsG_WPhoof.jpg\" width=\"264\" height=\"308\" alt=\"NewsG WPhoof\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/NewsG_WPhoof.jpg 336w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/NewsG_WPhoof-257x300.jpg 257w\" sizes=\"auto, (max-width: 264px) 100vw, 264px\" \/>STELLENBOSCH. &#8211; Die Westelike Provinsie het gister moontlik sy soetse sege oor sy aartsvyand, die Blou Bulle, op die eerste dag van die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in die Markotter-stadion hier behaal. Die Streeptruie het met hierdie oorwinning van 20-13 die eerste span in die geskiedenis van die Cravenweek geword om 100 seges sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 bymekaar te maak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie sou boonop &#8216;n bietjie inspirasie vir di\u00e9 sege gekry het uit die feit dat die Springbok-kaptein, Jean de Villiers, die span tydens die opening van die toernooi op die veld gelei het. De Villiers het self nooit vir die Streeptruie se A-span op die Cravenweek gespeel nie. Hy het wel in 1999 vanuit die WP se Akademie-span die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se twee flanke, Zain Davids en Johan Visser, het voorlangs die grondslag vir die sege saam met die slot, Salmaan Moerat, gel\u00ea. Davids het oral op die veld opgeduik en met kraglopies sy span oor die voordeellyn gehelp. Visser het by die afbreekpunte vir die Ligbloues hoofbrekens besorg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die Streeptruie se twee vleuels, Nico Leonard en Cassiem February, op gereelde grondslag meer as genoeg spasie gevind om ver ente veld te wen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues se senterpaar, Louritz van der Schyff en Stedman Gans, het op die aanval goeie spel gelewer. Gans het egter na &#8216;n goeie eerste helfte &#8216;n stiller tweede helfte beleef. Van der Schyff het sy span se enigste drie na &#8216;n mooi lopie in die tweede helfte afgerond. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die WP is die suksesvolste span in die geskiedenis van die toernooi. Die span spog met slegs 46 nederlae in sy 154 wedstryde sedert 1964. Die enigste van die 20 spanne in aksie in vanjaar se toernooi wat nog nie 50 of meer kere aan die verloorkant was nie.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Vandag se bepalings is:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">09:00: Griekwa-platteland t. Zimbabwe; 10:30: Valke t. OP-platteland; 12:00: Luiperds t. Griekwas; 13:30: KwaZulu-Natal t. Goue Leeus; 15:00: Oostelike Provinsie t. Suidwestelike Distrikte.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>STELLENBOSCH. &#8211; Die Westelike Provinsie het gister moontlik sy soetse sege oor sy aartsvyand, die Blou Bulle, op die eerste dag van die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in die Markotter-stadion hier behaal. Die Streeptruie het met hierdie oorwinning van 20-13 die eerste span in die geskiedenis van die Cravenweek geword om 100 seges sedert die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6687,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6688","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6688","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6688"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6688\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6687"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6688"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6688"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6688"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}