{"id":6700,"date":"2015-07-16T07:22:13","date_gmt":"2015-07-16T07:22:13","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/einde-aan-skolerugby-se-unies-kom-al-lank\/"},"modified":"2015-07-16T07:22:13","modified_gmt":"2015-07-16T07:22:13","slug":"einde-aan-skolerugby-se-unies-kom-al-lank","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6700","title":{"rendered":"Einde aan skolerugby se unies kom al lank"},"content":{"rendered":"<p><p>Die moontlike einde van skolerugbyunies ter wille van streekspanne is nie werklik buitengewoon nie.<\/p>\n<p>Die indeling van sportfederasies se spanne volgens Suid-Afrika se provinsiale grense is deel van die regering se nasionale sportplan.&nbsp;Die witskrif oor die departement van sport en ontspanning (DOS) en Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) se sportplan is opgestel om sport van voetsoolvlak af te ontwikkel.<\/p>\n<p>\u200bDeur die onderskeie sporte se amateurspanne volgens die land se geopolitieke grense te laat deelneem, sal dit glo die regering se bestuur vergemaklik om geld aan die onderskeie sportsoorte te versprei.<\/p>\n<p>Di\u00e9 sportplan is reeds op die nasionale indaba in 2011 bespreek en in 2012 bekend gestel. Die huidige witskrif is reeds in 2014 uitgereik en sal n\u00e1 2019 weer aangepas word.<\/p>\n<p>Die onderskeie sportsoorte het glo tot volgende jaar tyd om hul sporte in ooreenstemming met die nasionale plan te kry. Dit sal \u2019n invloed op verskeie amateursportspanne in Suid-Afrika h\u00ea. Die plan is opgestel om sport in Suid-Afrika te ontwikkel, te bevorder en ook al die sportsoorte te transformeer.<\/p>\n<p>Esethu Hasane, woordvoerder van die minister van sport en ontspanning, het ges\u00ea hulle is nie betrokke by die benaming van spanne nie en indien die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) dit doen, is dit hul eie prerogatief.<\/p>\n<p>Andy Colquhoun, Saru se korporatiewe bestuurder, het ges\u00ea hulle kan nie nou oor die kwessie kommentaar lewer nie.&nbsp;Saru se 14 unies se uitvoerende hoofde en presidente het Woensdag in Franschhoek vergader.&nbsp;Di\u00e9 saak was een van die besprekingspunte.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se nege provinsies word opgedeel in 52 munisipale distrikte. Daar kan selfs oorweeg word dat spanne in di\u00e9 distrikte aan hul onderskeie sportsoorte deelneem.&nbsp;Dit kan beteken die distrikte sal dan eers jaarliks vir nasionale toernooie moet kwalifiseer.&nbsp;Saru kan ook die pad van netbal oorweeg wat hul indeling volgens die land se provinsies doen.<\/p>\n<p>Dit is van die moontlikhede wat deur Saru deurgetrap kan word voordat hulle volgende jaar \u2019n besluit moet neem hoe hulle aan die witskrif se bepalings gaan voldoen.<\/p>\n<p>Di\u00e9 veranderinge kan glo ook \u2019n uitwerking op die oudste provinsiale kompetisie in w\u00eareldrugby, die Curriebeker-reeks, h\u00ea. Dit sal ook veranderinge aan die Cravenweek se struktuur beteken.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die moontlike einde van skolerugbyunies ter wille van streekspanne is nie werklik buitengewoon nie. Die indeling van sportfederasies se spanne volgens Suid-Afrika se provinsiale grense is deel van die regering se nasionale sportplan.&nbsp;Die witskrif oor die departement van sport en ontspanning (DOS) en Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) se sportplan is opgestel om sport [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6700","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6700","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6700"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6700\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6700"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6700"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6700"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}