{"id":6704,"date":"2015-07-19T07:57:59","date_gmt":"2015-07-19T07:57:59","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/rekord-reen-op-cravenweek-in-stellenbosch\/"},"modified":"2015-07-19T07:57:59","modified_gmt":"2015-07-19T07:57:59","slug":"rekord-reen-op-cravenweek-in-stellenbosch","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6704","title":{"rendered":"Rekord re\u00ebn op Cravenweek in Stellenbosch"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6703\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/NewsG_LeoKruger.jpg\" width=\"350\" height=\"237\" alt=\"NewsG LeoKruger\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/NewsG_LeoKruger.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/NewsG_LeoKruger-300x203.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 350px) 100vw, 350px\" \/>Rekords word opgestel om oortref te word\u2009.\u2009.\u2009.\u2009maar die rekord wat die Westelike Provinsie gister in Stellenbosch in die hoofwedstryd van die 52ste Cravenweek daargestel het, sal nie sommer g\u00f3\u00fa weer spat nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie het die grootste sege in die geskiedenis van hoofwedstryde in die Markotter-stadion behaal deur die Oostelike Provinsie met 95-0 af te ransel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span het ook daarin geslaag om daarmee die spook van sy laaste drie hoofwedstryde op Cravenweke in Stellenbosch te ruste te l\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vorige rekord is op die einste veld in 2007 opgestel, toe die Vrystaat die Streeptruie met 52-3 verniel het. Dit was ook die eerste keer sedert 1973 se Cravenweek dat die Westelike Provinsie in Stellenbosch as nie-amptelike kampioen gekroon is. Destyds was Schalk Burger sr., Rob Louw en Peter Kirsten in die Streeptruie se span. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die WP was in 2013 laas die nie-amptelike kampioen, terwyl die OP verlede jaar met die kroon weggestap het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan was gister indrukwekkend en daar is nie \u2019n span in vanjaar se toernooi wat in di\u00e9 luim met hom sou kon saamgesels nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die binnesenter, Cornel Smit, was uitstekend. Hy het van die afskop af gebreek en die vleuel Nico Leonard het na net 20 sekondes se spel sy span se eerste drie gaan afrond. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Smit se sentermaat, Manual Ras, was ook uitmuntend, terwyl die plaasvervanger-vleuel, Tyreeq February, ook te veel vrae aan die OP se verdediging gerig het. Ras het drie drie\u00eb gaan druk en sy span het altesaam 14 drie\u00eb in die slagting gedruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die kaptein en flank, Ernst van Rhyn, en die twee slotte, Salmaan Moerat en Ruben de Villiers, harde werk verrig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Een van die hoogtepunte van die kragmeting was toe die plaasvervanger-vaskopstut, Leo Kruger, eers deur \u2019n gaping op die halflyn geglip het en daarna ook Curwin Bosch met \u2019n pypkan en fopaangee geklop voordat hy onder die pale oorgeduik het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie se skrumskakel, Jondr\u00e9 Williams, het net een stelskop pale toe verbrou. Hy het met sewe doelskoppe en een strafskop geslaag en ook agter die doellyn gaan kuier vir \u2019n persoonlike bydrae van 22 punte. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Suidwestelike Distrikte het in die vernaamste voorwedstryd KwaZulu-Natal met 24-19 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Die Volstruisboere se buitesenter, Manie Libbok, was in die modder steeds op sy stukke. Hy het die toernooi met 43 punte as die voorste puntemaker afgesluit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Westelike Provinsie 95 (43):<\/strong> Drie\u00eb: Manual Ras (3), Tyreeq February (2), Nico Leonard (2), Ruben de Villiers (2), Damian Willemse, Leo Kruger, Khanya Ncusane, Ryan Muller, Jondr\u00e9 Williams. Doelskoppe: Williams (7), George Lourens (4). Strafdoel: Williams. <strong>Oostelike Provinsie 0<\/strong>. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Suidwestelike Distrikte 24 (7):<\/strong> Drie\u00eb: JP Duvenhage, Manie Libbok, Darylle Kameel, Bertie de Bod. Doelskoppe: Libbok (2). <strong>KwaZulu-Natal 19 (5):<\/strong> Drie\u00eb: Werner-Bader Pretorius (2), James Tedder. Doelskoppe: Pretorius, Tedder.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Rekords word opgestel om oortref te word\u2009.\u2009.\u2009.\u2009maar die rekord wat die Westelike Provinsie gister in Stellenbosch in die hoofwedstryd van die 52ste Cravenweek daargestel het, sal nie sommer g\u00f3\u00fa weer spat nie. Die Streeptruie het die grootste sege in die geskiedenis van hoofwedstryde in die Markotter-stadion behaal deur die Oostelike Provinsie met 95-0 af [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6703,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6704","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6704","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6704"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6704\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6703"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6704"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6704"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6704"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}