{"id":6706,"date":"2015-07-27T08:18:23","date_gmt":"2015-07-27T08:18:23","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/dis-agt-uit-agt-vir-die-steyners\/"},"modified":"2015-07-27T08:18:23","modified_gmt":"2015-07-27T08:18:23","slug":"dis-agt-uit-agt-vir-die-steyners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6706","title":{"rendered":"Dis agt uit agt vir die Steyners"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">JOHANNESBURG. &#8211; Die Ho\u00ebrskool President Steyn se eerste rugbyspan het danksy &#8216;n strafdoel deur sy flank Fanie Griessel in die doodsnikke van die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag vir Zastron met 28-26 geklop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 sege beteken ook dat die Steyners die Vrystaatse B1-liga onoorwonne afsluit. Die Steyners het op Gonval Store-park die balbesit en gebiedsvoordeel oorheers, maar het die balbesit op kritieke tye aan Zastron afgestaan. Die Suid-Vrystaters verdien lof vir hulle skitterende spel by die afbreekpunte. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer het teen rustyd &#8216;n voorsprong van 20-12 opgebou, maar Zastron het nie gaan l\u00ea nie en amper daarin geslaag om vir Steyners sy eerste loesing in di\u00e9 liga toe te dien. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Albei die wenspan se senters, Niel Smith en Kobus van Tonder, kan vandag tevrede oor hulle vertonings voel. Smith het twee van sy span se drie\u00eb gedruk. Albei die flanke, Griessel en Joshua Potgieter, het ook goeie spel gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege moes in die koue weer en op &#8216;n nat veld in Bainvlei so ietwat sweet om vir Louis Botha met 18-10 onder te kry. Dit sal nie goeie nuus vir die ander spanne in die Vrystaatse A1-liga wees dat Louis Botha besig is om sy spelpeil te verbeter nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha het met rustyd &#8216;n voorsprong van 10-5 geniet. Die verloorspan het goed daarin geslaag om Grey se spel te ontwrig en die wenspan kon ook nie die bal soveel lug gee soos hy graag sou wou doen nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die twee afrigters, Wessel du Plessis (Grey) en Corn\u00e9 Erasmus (Louis Botha), ken mekaar se speelstyle goed. Die twee het vanjaar kragte saamgespan om die Vrystaatse Cravenweek-span te brei. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Grey se skrumskakel, Rewan Kruger, het vanaf die plaasvervangersbank in die tweede helfte &#8216;n positiewe verskil kom maak. Die slot Bakkies Rossouw het soos gewoontlik weer die donkiewerk uitstaande verrig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Elke speler van Louis Botha verdien &#8216;n klop op die skouer. Die span se Cravenweek-senter, Luciano Jones, het met die telling op 15-10 in Grey se guns na aan die einde vir &#8216;n drie deurgedraf, maar hy het ongelukkig vir sy span uitgetrap. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandfort het op die sportdag vir Hendrik Potgieter van Reddersburg met 34-10 verslaan. Bothaville het hom behoorlik teen Vryburg met 62-3 vasgeloop. Die Luiperds se Cravenweek-heelagter, Francois Pelser, het &#8216;n driekuns aan drie\u00eb vir die wenspan behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Hennenman het ook sy rieme teen Wesvalia van Klerksdorp met 31-12 styfgeloop. Vir Hennenman het sy flank SF Kok, skrumskakel Stefan Smit en Juhze Piechaczek moedig probeer. St. Andrew het vir Sand du Plessis met 25-19 met die kous oor die kop huis toe gestuur.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>JOHANNESBURG. &#8211; Die Ho\u00ebrskool President Steyn se eerste rugbyspan het danksy &#8216;n strafdoel deur sy flank Fanie Griessel in die doodsnikke van die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag vir Zastron met 28-26 geklop. Di\u00e9 sege beteken ook dat die Steyners die Vrystaatse B1-liga onoorwonne afsluit. Die Steyners het op Gonval Store-park die balbesit en gebiedsvoordeel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6706","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6706","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6706"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6706\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6706"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6706"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6706"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}