{"id":6711,"date":"2015-07-27T08:35:24","date_gmt":"2015-07-27T08:35:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/harrismith-en-wilgerivier-deur-na-oos-eindstryd\/"},"modified":"2015-07-27T08:35:24","modified_gmt":"2015-07-27T08:35:24","slug":"harrismith-en-wilgerivier-deur-na-oos-eindstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6711","title":{"rendered":"Harrismith en Wilgerivier deur na Oos-eindstryd"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Harrismith het nog net een hekkie wat hy moet oor om vir die eerste keer sedert 1988 as kampioen van die Oos-Vrystaat gekroon te word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span kom Vrydag op sy tuisveld teen die verdedigende kampioen, die Ho\u00ebrskool Wilgerivier van Frankfort, in die eindstryd te staan. Harrismith het vroe\u00ebr vanjaar vir die eerste keer sedert 2009 daarin geslaag om vir Wilgerivier te klop en ook die span van Frankfort sy eerste nederlaag sedert 2010 in die liga toegedien. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Harrismith wat al Springbokke soos De Wet Ras en Klippies Kritzinger opgelewer het, het sy plek in die eindstryd met &#8216;n naelskraapse sege van 10-7 oor Reitz in die halfeindstryd bespreek. Die halfeindstryde is Vrydag in &#8216;n koue en nat Harrismith beslis. Dit het twee dae voor die kragmetings gere\u00ebn en net voor die afskop van die kragmeting tussen Wilgerivier en Vrede ook weer begin sous. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Wilgerivier het sy plek in die eindstryd verseker deur vir Vrede met 27-21 te klop. Dit was die eerste keer sedert 2008 wat die Oos-Vrystaatse halfeindstryde nie op Frankfort beslis is nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Harrismith se skrumskakel, Roswin Kampher, het sy span se enigste drie teen Reitz na &#8216;n beweging vanaf sy eie doellyn afgerond. Kampher het self van sy eie doellyn gebreek voordat hy aansluiting van die senter Charl Barthers gekry het. Barthers het ver genael voordat hy weer vir Kampher in besit gestel het om af te rond. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Reitz se voorspelers het die oorhand in die kragmeting gehad en meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel geniet. Die span se aanslag is in die tweede helfte &#8216;n slag toegedien toe sy agtsteman, Driaan Scheepers, die veld weens &#8216;n besering moes verlaat. Scheepers en die stut Paul van Deventer het blink vertonings vir die verloorspan gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs verdien die skrumskakel, Geyer Terblanch\u00e9, &#8216;n klop op die skouer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Vir die wenspan was Kampher uitstaande, terwyl die agtsteman, Kurt van Rooyen, ook maar vandag bre\u00ebbors kan rondloop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Wilgerivier se twee flanke, Monr\u00e9 Venter en Tat van der Watt, was aan die spits van hulle span se sege. Venter het nie &#8216;n losbal laat rondl\u00ea nie en ook &#8216;n hele paar keer goeie lyne gehardloop. Van der Watt het die fisieke aanslag voorlangs gelei en ook &#8216;n groot aantal duikslae uitgevoer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die haker, Schalk Wilkinson, het ook soos gewoontlik met die bal onder die arm sy span oor die voordeellyn gekry.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Harrismith 10 (7):<\/strong> Drie: Roswin Kampher. Doelskop: Remo Bruiners. Strafdoel: Bruiners. <strong>Reitz 7 (0):<\/strong> Drie: Paul van Deventer. Doelskop: Neil van der Merwe.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wilgerivier 27 (17):<\/strong> Drie\u00eb: Stean Marais, Andries Burgers, GJ Janse van Rensburg, Daniel Jooste. Doelskoppe: Schalk Wilkinson (2). Strafdoel: Cobus Erasmus. <strong>Vrede 21 (10):<\/strong> Drie\u00eb: Johan Loock (2). Doelskop: Norman Bibbey. Strafdoele: Bibbey (3).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Harrismith het nog net een hekkie wat hy moet oor om vir die eerste keer sedert 1988 as kampioen van die Oos-Vrystaat gekroon te word. Di\u00e9 span kom Vrydag op sy tuisveld teen die verdedigende kampioen, die Ho\u00ebrskool Wilgerivier van Frankfort, in die eindstryd te staan. Harrismith het vroe\u00ebr [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6711","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6711","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6711"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6711\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6711"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6711"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6711"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}