{"id":6712,"date":"2015-07-27T08:36:26","date_gmt":"2015-07-27T08:36:26","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gimmies-en-klerksdorp-deel-jacob-wilkins-trofee\/"},"modified":"2015-07-27T08:36:26","modified_gmt":"2015-07-27T08:36:26","slug":"gimmies-en-klerksdorp-deel-jacob-wilkins-trofee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6712","title":{"rendered":"Gimmies en Klerksdorp deel Jacob Wilkins-trofee"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">N\u00e1 70 moordende minute het die Luiperds se grootskole-eindstryd tussen die Ho\u00ebrskool Klerksdorp en Potchefstroom Gimnasium met 15-elk gelykop ge\u00ebindig. Di\u00e9 twee spanne deel sodoende die gesogte \u00adJacob Wilkens-trofee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klerksdorp het teen rustyd met 10-7 voorgeloop, maar die belangrike feit was dat Gimmies se Cravenweek-senter, Inus Vermeulen, die eerste drie van die wedstryd gedruk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Danksy\u2009sy drie sal Gimmies die Beeld Noordvaal Trofee as die Luiperds se kampioen betree. Albei spanne het twee keer die witlyn in die eindstryd oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klik hier vir al die rug\u200bby-uitslae<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het die voortou geneem met Vermeulen se tweede drie n\u00e1 24 minute se spel in die tweede helfte, met die telling op 12-10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Casper Dreyer, Gimmies se losskakel, het enkele minute voor die einde met \u2019n skepdoel geslaag om Gimmies gemaklik met 15-10 voor te laat loop, maar dit was nie die einde van die storie nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was so al asof Gimmies die oorwinning begin vier het toe hy in die laaste oomblikke besit afgestaan het en Klerksdorp se buitesenter, Machiel le Roux, deurgebeur het vir \u2019n drie wat sake gelykop gemaak het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die lastige wind het die losskakel, Erich Hough, se doelskop net-net skeef laat trek, waarna die eindfluitjie geblaas het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies sal in die Beeld Noordvaal Trofee teen die Blou Bulle se naaswenner, Overkruin, in \u2019n uitspeelwedstryd speel. Klerksdorp sal na Piet Retief moet reis vir sy uitspeelwedstryd.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Secunda het vir Piet Retief in die Pumas se eindstryd met 27-3 ore aangesit. Secunda sal teen Ben Vorster van Tzaneen in sy uitspeelwedstryd te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Die Ho\u00ebrskool Vryburg was op die jaarlikse sportdag van die Bloemfonteinse Ho\u00ebrskool President Steyn teen die Ho\u00ebrskool Bothaville in aksie. Die span van die Noordwes het Bothaville met 62-3 \u2019n drag slae toegedien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se Cravenweek-heelagter, Francois Pelser, het drie keer \u2019n draai agter die doellyn gaan maak. Sy tweelingbroer, Johan, het twee van sy span se bewegings in di\u00e9 sege afgerond.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg het reeds as die Luiperds se mediumskole-kampioen vir die Beeld Noordvaal Trofee gekwalifiseer. Die Ho\u00ebrskool Brits sal as die Luiperds se naaswenner in di\u00e9 kompetisie speel.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>N\u00e1 70 moordende minute het die Luiperds se grootskole-eindstryd tussen die Ho\u00ebrskool Klerksdorp en Potchefstroom Gimnasium met 15-elk gelykop ge\u00ebindig. Di\u00e9 twee spanne deel sodoende die gesogte \u00adJacob Wilkens-trofee. Klerksdorp het teen rustyd met 10-7 voorgeloop, maar die belangrike feit was dat Gimmies se Cravenweek-senter, Inus Vermeulen, die eerste drie van die wedstryd gedruk het. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6712","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6712","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6712"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6712\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6712"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6712"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6712"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}