{"id":6713,"date":"2015-07-27T08:37:43","date_gmt":"2015-07-27T08:37:43","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/midstream-randburg-verhang-bordjies\/"},"modified":"2015-07-27T08:37:43","modified_gmt":"2015-07-27T08:37:43","slug":"midstream-randburg-verhang-bordjies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6713","title":{"rendered":"Midstream, Randburg verhang bordjies"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Midstream College het die bordjies teen Die Wilgers in die eindstryd van die Blou Bulle se mediumskole-liga op Loftus Vers\u00adfeld in Pretoria verhang.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Midstream het met 31-22 koning gekraai nadat Die Wilgers die ligawedstryd tussen di\u00e9 twee spanne vroe\u00ebr vanjaar naelskraaps met 31-30 gewen het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verloorspan se agtsteman, Andr\u00e9 Oerson, is met twee drie\u00eb vir sy kragtige lopies beloon. Die slot Zandr\u00e9 Muller het ook voorlangs inklimspel gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die losskakel, Stian Joubert, en die senter Chad Sias ook blink vertonings gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Ashton Swart, heelagter van die Pretoria Technical High School, het sy span die titel as kampioen van die Blou Bulle se medium \u00adskole met \u2019n drie in die doodsnikke van hul wedstryd teen Hercules op Loftus Versfeld besorg. Die telling was 20-13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Swart het \u2019n los bal opgeraap nadat sy direkte teenstander, Christo Erasmus, die bal vanuit die hand mis geskop het. Erasmus was ondanks di\u00e9 flater steeds uitstekend in die verloorspan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se flank Mlondi Nxolo verdien ook \u2019n klop op die skouer vir sy vertoning in die eindstryd. Vir Hercules het sy senter Dean Nel, slot Hanco Benad\u00e9 en stut Frederik Erasmus goed vertoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009Die Ho\u00ebrskool Randburg het ook die bordjies teen Linden in die Leeus se eindstryd vir groot skole verhang. Randburg het Linden Saterdag in die UJ-stadion met 27-15 die loef afgesteek. In die twee spanne se kragmeting vroe\u00ebr vanjaar was Linden met 36-20 baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar sal as die Leeus se naaswenner die Beeld Noordvaal Trofee betree.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oos-Moot is as nuwe kam\u00adpioen van die Blou Bulle se groot skole gekroon deur in die eindstryd met 20-12 oor Overkruin koning te kraai.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u25a0\u2009In die Valke se grootskole- eindstryd het die Heidelbergse Volkskool die titel as kampioen verower deur Hugenote van Springs met 21-14 in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark te troef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandwag van Benoni het met 10-6 teen Stoffberg in die eindstryd vir medium skole vasgeval, terwyl Parys vir Belvedere met 26-17 in die middelskole-eindstryd verslaan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Heilbron se vleuel TJ Janse van Rensburg was aan die voorpunt van sy span se sege van31-12 oor Balfour in die eindstryd vir klein skole. Janse van Rensburg het in die tweede helfte na die middelveld geskuif en drie keer die doellyn oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Balfour het by die omdraaislag nog \u2019n skamele voorsprong van 7-5 gehad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Pietersburg het Ben Vorster van Tzaneen in die eindstryd vir groot skole met 48-19 verslaan. Ben Vorster kan egter steeds nie onderskat word in die stryd om die Beeld Noordvaal Trofee nie.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Midstream College het die bordjies teen Die Wilgers in die eindstryd van die Blou Bulle se mediumskole-liga op Loftus Vers\u00adfeld in Pretoria verhang. Midstream het met 31-22 koning gekraai nadat Die Wilgers die ligawedstryd tussen di\u00e9 twee spanne vroe\u00ebr vanjaar naelskraaps met 31-30 gewen het. Die verloorspan se agtsteman, Andr\u00e9 Oerson, is met twee drie\u00eb [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6713","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6713","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6713"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6713\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6713"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6713"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6713"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}