{"id":6719,"date":"2015-07-30T06:18:18","date_gmt":"2015-07-30T06:18:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/plafon-bedrag-nodig-vir-skolespelers\/"},"modified":"2015-07-30T06:18:18","modified_gmt":"2015-07-30T06:18:18","slug":"plafon-bedrag-nodig-vir-skolespelers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6719","title":{"rendered":"Plafon-bedrag nodig vir skolespelers"},"content":{"rendered":"<p><div>Die Suid-Afrikaanse rugbymark gaan eersdaags nog verder onder skoot kom.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>En ek praat nie van die druk wat oorsese klubs met hul sterker ponde, euros en jens op die mark plaas nie.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Dit is die unies wat besig is om hulself in die voet te skiet. Verskeie unies het vanjaar behoorlik hul tjekboeke die praatwerk laat doen in \u2019n poging om talentvolle skolespelers te lok.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Geen skolespeler is al ooit so gejaag en met sulke reuse-bedrae genader soos die losskakel van Grey PE en die Oostelike Provinsie, Curwin Bosch, nie. Hy is deur vier unies kontrakte aangebied wat meer as R300\u2009000 per jaar beloop, met minstens twee daarvan selfs meer as R600\u2009000.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Die Sharks, die Blou Bulle, Cheetahs \u00e9n die Kings wou hom graag h\u00ea.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Geen woord is nog gerep oor waar hy sy rugby voortaan gaan speel nie.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Die ysterflank van Griekwas-platteland en die Ho\u00ebrskool Upington, Cobus Wiese, gaan ook glo sy rugbyloopbaan vir R300\u2009000 in die Westelike Provinsie voortsit.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Di\u00e9 probleem hiermee is dat senior professionele spelers nou sal voel hulle is ook meer werd as wat hulle op die oomblik verdien.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Dit kan die rugbymark in die land \u2019n reuse-knou gee.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Dit kan ook veroorsaak dat nog meer gevestigde senior spelers eerder hul heil in die buiteland sal gaan soek.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Dit het dalk tyd geword dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) \u2019n plafonbedrag bepaal vir die werwing van veral skolespelers.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Bosch sal byvoorbeeld in sy eerste maand as beroepspeler meer verdien as waarna die meeste gegradueerde mense in Suid-Afrika kan uitsien.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Die huidige stelsel laat ook nie veel ruimte vir spelers wat dalk later ontwikkel nie.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Saru se beamptes maak jaarliks by die onthale op nasionale skoletoernooie melding van die belangrike rol wat skolerugby en veral die onderwysers wat dit bestuur in die sukses van die Springbokke speel. Dit is hoogtyd dat hulle di\u00e9 produk van die begin af beskerm.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Nog \u2019n probleem met die kontraktering van skolespelers, is die feit dat agente eers kommissie verdien as \u2019n speler R100\u2009000 of meer deur \u2019n unie aangebied word.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Dit gebeur dus dat agente spelers wat dalk R80\u2009000 werd is se markwaarde verhoog om \u2019n kommissie te verdien.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>So betaal unies meer vir skolespelers as wat hulle werd is en word geld gemors. Dit veroorsaak dat unies spelers wat dalk minder werd is nie kan kontrakteer nie.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Die geld wat op hulle spandeer kon word, beland in die sakke van spelers met agente.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Unies sal byvoorbeeld nie n\u00e1 drie jaar \u2019n duur speler eenkant toe skuif as hulle s\u00f3 \u2019n groot hoop geld in hom bel\u00ea het nie \u2013 al is die man wat hom kan vervang beter.<\/div>\n<div><span style=\"font-size: 11px;\">&nbsp;<\/span><\/div>\n<div>Op di\u00e9 manier gaan heelwat van die land se rugbytalent jaarliks verlore.<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse rugbymark gaan eersdaags nog verder onder skoot kom. &nbsp; En ek praat nie van die druk wat oorsese klubs met hul sterker ponde, euros en jens op die mark plaas nie. &nbsp; Dit is die unies wat besig is om hulself in die voet te skiet. Verskeie unies het vanjaar behoorlik hul tjekboeke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6719","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6719","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6719"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6719\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6719"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6719"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6719"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}