{"id":6722,"date":"2015-08-01T17:37:27","date_gmt":"2015-08-01T17:37:27","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/paarl-gim-sluk-eerste-keer-in-ses-jaar-n-galpil\/"},"modified":"2015-08-01T17:37:27","modified_gmt":"2015-08-01T17:37:27","slug":"paarl-gim-sluk-eerste-keer-in-ses-jaar-n-galpil","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6722","title":{"rendered":"Paarl Gim sluk eerste keer in ses jaar &#8216;n galpil"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium moes gister \u2013 die eerste keer in ses jaar \u2013 \u2019n galpil sluk in die grootste interskole-kragmeting ter w\u00eareld\u2009.\u2009.\u2009.\u2009<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies is in die Faurestraat-stadion met 16-10 deur die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl kafgedraf. Die wenspan staan onder aanhangers ook as Boishaai of die Galpille bekend.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het \u2013 met speeltyd reeds vertreke \u2013 verbete aangeval, maar kon net nie deur Boishaai se verdediging bars nie.&nbsp;\u201cOns is teleurgesteld. Dit is \u2019n moeilike een om te sluk, maar dit is deel van die spel. Alle krediet aan Boishaai,\u201d het Paarl Gimnasium se kaptein en Suid-Afrikaanse skoleslot, Ernst van Rhyn, n\u00e1 die wedstryd ges\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe Boishaai die laaste keer in 2009 met 24-12 koning gekraai het, was die Springbok-stut Frans Malherbe sy kaptein. Die span van 2015 is nog nie vanjaar op die rugbyveld ore aangesit nie en daar word reeds in die Paarl gefluister dat di\u00e9 vyftiental een van die beste in die geskiedenis van die skool kan word. Daar is egter nog \u2019n steil pad om te stap voordat hy die seisoen onoorwonne sal afsluit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gister was die skopskoen van die heelagter Jean-Luc Cilliers deurslaggewend in Boishaai se oorwinning. Die eerste helfte het aan Cilliers-hulle behoort, terwyl Gimmies n\u00e1 die omdraaislag grootliks die oorhand gehad het. Die wenspan se agtsteman, Khanya Ncusane, was ook uitmuntend \u2013 soos sy afstormdrie vroeg in die wedstryd getuig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Elders het Paul Roos Gimnasium se pronkvleuel Nico Leonard sy 18de verjaarsdag met \u2019n spesiale mylpaal gevier in sy skool se sege van 39-29 oor Bishops. Leonard het twee keer agter die doellyn gaan kuier en sy eerste drie was boonop sy 50ste in die maroentrui. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Net buite Cradock het Oakdale Landbou se Wit Bulle die sesde jaar in \u2019n ry Marlow Landbou in \u2019n Classic Clash verslaan. Die Wit Bulle het met 51-15 gewen, nadat hulle teen die rustyd reeds \u2019n stewige voorsprong van 25-3 opgebou het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nog \u2019n span uit die Suidwestelike Distrikte, die Ho\u00ebrskool Outeniqua van George, was in Port Elizabeth met 50-29 te sterk vir Framesby. Di\u00e9 span se Suid-Afrikaanse skolesenter, Manie Libbok, was die groot uitblinker. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Terselfdertyd het Worces\u00adter Gimnasium sy tweede wegholsege van die week behaal, deur Vredenburg met 110-0 te slag.&nbsp;Heelagter Pieter Swart het vyf keer afgerond.&nbsp;Sy losskakel, Adriaan van der Bank, het niks minder nie as 35 punte in di\u00e9 wedstryd aangeteken. Hy het \u2019n drie gaan druk en 15 van sy span se 16 drie\u00eb gedoel.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Worcester het Woensdag ook die Engelse toerspan van Hutchesons Grammar met 62-5 afgestof. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rondebosch Boys\u2019 High se skitterende flank Zain Davids het \u2019n driekuns aan drie\u00eb in sy span se oortuigende oorwinning van 69-7 oor die Ho\u00ebrskool Bellville behaal.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paarl Gimnasium moes gister \u2013 die eerste keer in ses jaar \u2013 \u2019n galpil sluk in die grootste interskole-kragmeting ter w\u00eareld\u2009.\u2009.\u2009.\u2009 Gimmies is in die Faurestraat-stadion met 16-10 deur die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl kafgedraf. Die wenspan staan onder aanhangers ook as Boishaai of die Galpille bekend. Gimmies het \u2013 met speeltyd reeds vertreke \u2013 verbete [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6722","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6722"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6722\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}